Hou-dinge

Waarvan hou jy? My gunsteling fliek is Sound of Music (geen kommentaar) & daar sing sy mos: "Raindrops on roses & whiskers on kittens.. blue, satin sashes & warm woolen mittens.. brown paper packages, tied up with strings... these are a few of my favourite things... When the dog bites, when the bee stings.. when I'm feeling sad.. I simply remember my favourite things, and then I don't feel.. so bad!"

En dis wat so interessant is van mense: die goed wat ons régtig gelukkig maak is eintlik so eenvoudig & gewoonlik verniet of spotgoedkoop. Soms is dit eintlik ñ geheim omdat dit so goedkoop is. Een van my gereelde gymlede, wat later ñ vriendin word, het een keer vir my gesê: elkeen het mos maar ñ kômin streep... en myne is... Tom Jones! Nou sy is my ouderdom & Tom kon haar Oupa (tegnies gesproke) gewees het... maar sy sê as hy so sing met die goue ketting sigbaar bo die vér oopgeknoopte hemp dan dóen dit iets aan haar...

Ñ ander vriendin skuif weer goed rond. Sy geniet dit om soms haar hele huis rond te skuif... veral as sy PMS het. Dis natuurlik simbolies vir die wanorde in haar gemoed, agv die deurmekaar hormone, dat sy nou wil regskuif & verander. (Of dis wat ek dink...) My ander goeie vriendin, wat eers my werkgewer was, het die skuifguur gekry toe sy swanger was... en dan moes die Gym rondgeskuif word!!! Nou kyk ñ bank of tafel kan net sòveel weeg, maar as jy ñ multi-gym met 4x 200kg+ gewigte wil begin skuif... dan is jou "iets" nie meer so "oulik" of geheim vir ander nie...

En dis die ánder ding vd goed wat jou gelukkig maak... dis baie maal iets vreemds, wat baie ander nie lekker verstaan nie. My Pa kyk voëls... en hy neem hulle af & maak vir homself sy eie databasis op die rekenaar, waarby hy van elke voël ñ foto het & soos hy die voëls mooier afneem word dié foto opgesit & die leliker foto uitgegooi. Hy gaan oral met sy kamera & ek sal moet uitvind hoeveel voëls hy al op het... dis ñ wonderlike stokperdjie & maak hom gelukkig... maar dis ñ ander storie wanneer daar ander saam hom is, wat nie sy passie deel & dus ook nie sy geduld het vir die voël, wat nie wil stil sit, om afgeneem te word...

Demar hou daarvan om by die wasmasjien te staan & te kyk hoe dit die klere was... lees maar daarin so veel of min as wat jy wil... maar die punt is: hy hòù daarvan!!! Dus, sodra daar ñ wasgoedmandjie vol klere is, dan moet ek die "drommetjie", soos hy dit noem, aansit & dan staan & kyk hy hoe dit "draai"... om dieselfde rede hou hy ook van windpompe & waar ander kinders opgewonde is om die diere te sien, sien hy uit na die windpompe in die Wildtuin... hy is selfs tevrede met ñ "stukkende windpomp", wat se vlerke halfpad af by die voetstuk hang & wat ongelukkig die enigste windpomp op ons naaste roete (by die Vervoer/Transport Dam) is.

Ekke... ek hou van koffie drink... dis lekker by my huis, maar die heel meeste by coffee-shops. As ek iets saam kan eet is dit lekker, maar om net ñ lekker koppie koffie te sit & drink, maak my onverklaarbaar & vreeslik gelukkig. En natuurlik is dit lekker om dit saam goeie geselskap te geniet, maar om die waarheid te sê ek voel nét so gelukkig as ek dit op my eie kon doen. Dan ry ek terug huis toe & voel sommer rég vir die res vd dag... dalk ly ek aan ñ ligte kaffeïen verslawing, wie weet, want as daar nou een ding is waaroor ek nogal puntenerig is, is dit koffie... noem my maar ñ koffie-snob. Ek drink nie meer kitskoffie nie, want dis nie vir my lekker nie... nie Nescafé nie, nie Douw Egberts nie & ook nie Jacobs nie BEHALWE... ek drink Ricoffy... op kerkkampe... as Dewald dit vir my maak, want hy weet hòé & koffie smaak altyd lekker op ñ kerkkamp in daai wit koppies & pierings vd kerk. Dis ook al waar ek omgee vir ñ piering. Ek sal nou nie lelik wees & my snobisme afdwing by ander mense, wat vir my koffie maak nie, maar ek skryf nou mos maar spesifiek oor wat my gelukkig maak. Ek hou verder van ñ cappuccino met skuim... ek hou nie van room oor die algemeen nie, so ek gee nie om vir dit nie. Vroeër jare het ek Latté's bestel, maar seker maar soos ek gekultiveerd raak (of my tong se smaakknoppies dood gaan) en ook régte rooiwyn (nie meer Grünberger of Four Cousins se Natural Sweet) en Marzipan (afsonderlik, nie in kombinasie nie) begin geniet, drink ek eerder cappuccino.

Inelkgeval... so het ons elkeen maar ons dingetjies wat ons gelukkig maak. Sommige kinders sukkel met "sensoriese integrasie" & dis waarmee die OT's hulle kan help. Vir Zelé het "borsel" gehelp ("brushing" -gaan google maar, dit werk & ek kan dit aanbeveel vir enige sensoriese sensitiewe baba!) Ek dink ons grootmense sukkel maar steeds, maar is net beter daarmee om dit weg te steek of te cope... maar iewers raak dinge mos te veel & dan moet ons iets doen: ñ lekker lang bad vat, by kerslig ... harde musiek aansit & saamsing of dans... gaan draf of fietsry... in die tuin werk... Wildtuin toe gaan of Mall-crawl... in jou "grot" wegkruip... huil... lag... of koffie drink...

Geniet daai dingetjie(s) wat jou gelukkig maak, want dalk is dit baie belangriker as wat jy besef het! (Maak net natuurlik seker dit maak nie ander arm... seer of kwaad nie...)

Demar... opgewonde oor die Vervoerdam se "stukkende windpomp"

Opmerkings

  1. Dierbaar Marne - ek geniet jou posts geweldig. Jyt wrintie-waar skryf talent - eks soo trots om jou vriendin te wees, jou pragtige mensie xxx

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...