*Uit die mond van die suigeling...

Zelé suig haar dummy baie hard, dat dit so fluit-geluid maak (ja, hulle slaap nogsteeds met dummies...)
Demar sê: "Mamma, hoor hoe maak Zelé se dummy... haar dummy maak MUSIEK!!"

Ek vra vir Demar om Zelé se vuil doek (ja, hulle dra nogsteeds doeke ook...) vir Sannie te gee, want die vuilgoed lorrie gaan dit netnou kom haal. Hy kom terug: "Mamma, Sannie is lelik met my!" Ek vra hoekom. Hy: "sy wil nie die poefdoek vat nie" ek vra wat sy dan sê..."Mamma, sy is lelik... sy sê NIKS!" sê hy.

Zelé is besig om te teken, maar doen dit al ñ rukkie & ek vra haar of sy met die krale wil speel. Sy sê: "ja, maar ek pak eers die kryte weg, dan gaan ek met die krale speel..." Regte ou "pliggie", soos tannie Helouise sê.

Ons smeer citronella room vir d muskiete aan na daar gebad is. Zelé vryf oor haar arms, wat seker vreemd glad voel, soos regte mêdem. Ek gaan in die badkamer om my hande te was & hoor sy vra ewe vd bed: "mag ek maar afklim?"...

Ek trek Zelé aan na ons geswem het. Ek gee haar ñ drukkie & sê vir haar ek is lief vir haar... en vra of sy lief is vir my ook... "ja!" antwoord sy. Ek vra: "bietjie of baie?" "Bietjie", sê sy. Ek vra hoekom dan net bietjie, want ek is baie lief vir haar... sy sê: "nee, jy is baie lief vir Pappa!" Die afleiding verstaan ek nou nie maar nou-ja... darem kry ek ñ "bietjie" ;-)

Eerste dag v Speelskool & ek probeer dit so aantreklik moontlik klink... ek vertel v al die maatjies daar & vra vir Zelé hoeveel maatjies wil sy hê... BUUAAAAAAAIE maatjies, sê sy. Ek vra dieselfde vir Demar, hy sê: "2 maatjies"...

Dewald & Demar "werk" in die tuin... Dewald trek bossies uit & Demar pla hom;) Ons is nou hard aan die "potty train" & dit gaan baie goed, maar vir my om te onthou, stel ek ñ "piepie-alarm" elke 30min. Dewald sê vir Demar, so in die tuinwerk deur, hy moet gaan piepie... Demar sê: "kyk vir my... kyk vir my in my oë... ek gaan piepie wanneer die alarm afgaan"...

Ek het iets by Rob se Houtwerk-onnie geleen wat ek terugvat saam ñ Clicks blik wafer-sticks om dankie te sê. Demar vra toe ek dit klaar afgelewer het: Mamma, waar is die oom se dankie-sê persent?" Ek sê: "el het dit vir hom gegee!" Demar: "Mamma, jy moet vir my ook dankie sê..."

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...