Hoe werk onthou?

Hoe werk onthou?? Ek wonder... ek weet dat hulle sê dat jou reuk-sintuig die kragtigste onthou-beelde kan hou (dis hoekom jy mooi moet kies watter parfuum jy op jou troudag dra).

Vandag het ek my 39ste verjaarsdagpartytjie gehou "and I finally got it right"... soos hulle sê: "less is more". Vir die eerste keer in my lewe was dit nie 'n malle gejaag en spanningshoofpyn, wat dit voorafgegaan het òf my kom pla het hier aan die einde, wanneer mens uiteindelik ook bietjie ontspan nie... dìs die ding: ek was ontspanne... wonderbaarlik was als sonder 'n gejaag klaar gewees-kolwyntjies gebak én versier... dankie-sê, tuisgebakte beskuit verpak met 'n gelamineerde "besigheidskaartjie" met die resep op (sodat jy darem weet wat jy eet). Ons was later as beplan by Marita-hulle, wie se heerlike gras- en speelplek ons kon gebruik vir piekniek-hou. Die manne het brunch gemaak en ons het rondgeloop en die kinders geswaai. Herman het heel diplomaties onder tafelgebed die Here vir die "x-aantal jare" gedank, wat Hy my gespaar het - hy was nie seker of dit 'n geheim is. .. ek hoop dit hoef nóóit 'n geheim te wees nie;) en dit was net "bacon", eiers en gebraaide uie met souse in wraps... elkeen sorg vir homself. .. eie eetgerei & eie wrap. Die pons het ek in so pragtige blikbeker, sommer aan die begin gou gemaak en die koffie in die perkoleerder en plunger gegooi, so dit was net van aanskakel en wag: vir poeding saam met die kolwyntjies na die tyd!



Maar toe onthou ek vanaand dat ek st.6 was met my Pa se 39ste... en ek verbeel my hy het ook partytjie gehou? En sy 40ste kan ek góéd onthou... was 'n kaas-en-wyn... ek meen... hoe het die onthou nou gewerk dat ek skielik daaraan dink én dit so in detail in my geestesoog sien. En toe onthou ek st.7 en Garsfontein, wat Lydenburg toe ry met die bus, op Valentynsdag, vir 'n vriendskaplike atletiek byeenkoms. Ek onthou die sokkie en die slaap in die koshuis en die hormoongevulde antisipasie... o jinne!!! Ek onthou ook my beste 3000m (11min, 51sek) en die Lydenburg atleet, wat ek 3x ge-"lap" het. Ek was 0/15, maar moes 0/17 deelneem en was nogal trots op myself! (En het die lyf gehad om dit te wys). Plaas het ek dit meer gevier!!! Dis wat ek vir Zelé wil leer: om elke stadium van haar lyf te vier en te geniet! Want dit bly verander en as jy terug kyk mis jy die mooi en maklik en as jy dit nie opgelet en geniet het nie, is mens sommer baie spyt!

'n Ander onthou wat my soms tussen die oë en in die maag slaan van skielik en detail is London-dinge.  Dis asof ek in my & Arina se kamer in 118 Thirlmere Gardens instap. Ek ruik die "central heating" en die skoonmaakmiddel van die toilet (wie het dit skoongemaak??!!) Ek onthou die fiets paadjie hospitaal toe en die tube-rit BT hoofkantore toe (1 Shaftsburry Ave.). Ek onthou Boots, op Victoria Station se £1,29 broodjie met Walkers chips en ñ koeldrank en veral Oxford Circus se Starbucks.  Die sitkamerbanke onder en die H&M oppad soontoe. Ek onthou ASDA vla-gevulde doughnuts (6 vir 99p) en ek onthou Primark se wonderlike,bekostigbare klere. Ek onthou my Barclays kaart en my eerste tjekboek, wat ek uitskryf vir £4.99 & saam my filmrol in die Tripple Print koevert gooi & oor ñ paar dae het ek my ontwikkelde fotos terug & kan ek ñ klomp kleintjies saamstuur, in die volgende brief na ma'le in SA toe. Ek onthou die telefoon "scratchcards" en die wonder van ñ SMS (later) van my Motorola selfoon, terwyl ek wag dat die tube wegtrek by Baker street stasie met die wete dat, as ek weer underground uitkom, het my Pa in SA dit gekry. Ek onthou SA Gemeente Londen en mimiek op Leicester Square-Wow!!



En ek onthou die wonderlike Colour Vrouekonferensie van Hillsongs London, waar ek weer kon vasmaak met die Here... Ek onthou toer... Griekeland... Turkye...



Bulgarye se ski...



en Holland. Skotland langnaweek, saam Jackie, wat toe nog nie bestuurslisensie gehad het en ons outomatiese Nissan Micra...



Ek onthou, met die terugkom, Empangeni se Preparatory school koshuis & die personeel kamer, waarin ek gebly het (en hoe ver die toilet in die aande was). Ek onthou my senuwees vir my 1ste werk by Rob se gym en my 2wk verblyf in Petra Kollege, terwyl ek verblyf soek in ñ dorp waar ek niemand ken! Ek onthou die lang, blonde ou & sy donkerkop pêl ,wat elke middag kom gym & ek onthou "sterre kyk" in Balule & die vlinders in my maag. Ek onthou my hoop dat hy "die een is" en die detail van die beplan van ons spesiale dag. Ek onthou ons wonderlike Maldives honeymoon en ons een-slaapkamer eerste 3jaar... op Vrouedag intrek in die grootte huis en met my groot maag, geswelde voete in die lug lê en wag op ons wonderwerkies. ..

Wat is dit met onthou en hoe werk dit? "Dankie Here, vir die voorreg van onthou en die belangrikheid van vergeet!" Ek onthou nou dis Maandag more en reeds baie laat... so ek onthou dan verder, in regte droomland...



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...