Hart-sake


Dis wat ñ harts-vriendin vir my stuur met die "eerste dag van skool", terwyl ek in ñ coffee-shop sit (ja, dis wat ek toe gedoen het) & nostalgies voel oor my kinders by Speelskool is. Zelé het gehuil, soos ek verwag het & aan gewoond is... en Demar was bietjie verboureerd, met al die maatjies & nuwe speelgoed. Hy wou ook dadelik sy kos eet, wat ek vir hulle by die huis, in hul kosblikke gewys het, toe ons daar aankom.

Dag een het toe heel goed gegaan... maar o hemel... dag twee!!!!!????? Wat ñ D-I-S-A-S-T-E-R!!!!! Sommer gister al het Zelé my begin vertel sy gaan nie weer skool toe nie. En hulle is nie stupid nie & jy kan ook net so lank ñ front voorhou... en as jy direk gevra word waarheen jy gaan wil jy ook nie regtig hulle leer van jok nie..  wit leuen of te not! En dìs wanneer die sports begin. Want ek het gehóór toe my vriendin vertel hoe erg dit is dat haar kind by die Kleuterskool huil as sy hom & haar aflaai, maar ek het nie geluister nie!!! Want natuurlik is dit nie net die aflaai nie, maar ook die inlaai in die kar en die héle rit wat jou hart laat uitrafel & dan moet jy probeer voorgee voor jou kinders... en die juffrou & die ander ma's & hulle kinders & kyk... mens het ook net soveel "aktrise" in jou, voor dit jou inhaal & GOOI!!!

Dit is verseker die moeilikste ding wat ek IN MY HELE LEWE al moes doen, want jy baklei die heeltyd met jouself & probeer jouself oortuig jy doen die regte ding,  terwyl jou hart breek & die 2 babas wat jy koester, hulle hárte uithuil & skree, sodat jy wonder of hulle nie hulself kan seermaak nie. Tot hier het ek hul vasgehou & verseker van my liefde... en nou moet ek hul laat los & hulle moet verseker wees van my liefde?! Dit voel net nie reg nie?! Ek is nie meer die Mamma, wat vir 40dae my babas in Neonatal ICU agtergelos het nie. Agterlos vat nou "guts" & myne, voel dit my, het op die vloer geval. Soos Theuns sing: "...ek't gevoel hoe my hart, losruk uit my lyf & soos ñ roeiboot al in die rivier afdryf..."
(My 2 kangaroo-babas in NICU. Hier is hul so 12dae oud. Zelé is links & Demar regs.)

En more maak ons wéér so... en dan is dit naweek & 24-7 by Mamma & Pappa & dan begin die trauma seker weer van voor af??!! Almal verseker my dis die regte ding... en sò goed vir hulle... en dit sal verby gaan... en diep in my hart weet ek dit, maar ek VOEL dit nie nou nie. Jesaja sê mos: "...the heart is a most deceitful thing..." Wel myne is besig om skote uit te deel!!

Gister dink ek weer aan die raakvat-beeld, wat ñ vriendin met die naam "Wysheid" (Sophia) vir my geleer het: ñ man se emosies is soos sy viskas - elkeen mooi gesorteer & in sy bakkie. Dus... as hy ñ emosie "nodig" het, dan haal hy dáárdie een uit... ons vrouens, aan die ander kant, se emosies is soos ons handsakke: groot & deurmekaar... as òns ñ emosie nodig het moet ons deur ñ hele paar ander "krap" om by daardie emosie uit te kom. Dis seker hoekom kwaad... selfverwyt & selfbejammering ook kop uitsteek so tussendeur al die ander kleuterskool-aflaai-emosies deur?! Ai, dis darem lekker om ñ vrou te wees... mag jou "handsak" vandag nie te groot of deurmekaar wees nie & ook nie te swaar raak nie!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...