Eerste-oefensessie-in-jare MOMENT

Vandag het ek begin gym... nogals vreemd vir ñ Biokinetikus,né...as jy nou die skoenmaker-se-kinders-het-geen-skoene reël aan dink. Maar ék hou nogal van die "practice what you preach" benadering. Ek het myself binne 30min in ñ naarheid & duiseligheid, soos op skool se netbalkliniek-dae ge-oefen... hoe skaam kry ek nie! Natuurlik het ek ñ paar verskonings...
1. Ek het régtig lanklaas geoefen
2.  Ek het hopeloos te laat gaan slaap EN toe maak Demar & Zelé my ñ paar maal wakker
3. Dit was goeie oefeninge wat ek voluit gedoen het...

Inelkgeval, so moet ek toe maar by repetisie 10 vd laaste stel van 3 halt roep (ek het 20 reps beplan) & gaan maak of ek strekke op die mat doen... en toe dit nie help gaan kruip ek maar weg op my evaluasie bed, in my kantoor & wonder of iemand vir my hulle selfoon sal leen om huis toe te bel vir ñ lift??!! En wat sal Dewald sê!!!!!

Na ñ paar slukke Energade (dankie Carien,vir jou ontferming) kon ek darem huiswaarts keer.

Die dag was glad nie sleg & dis waar wat hul sê dat oef jou energie gee... maar nou is ek besig om so styf te word...ek oorweeg staan-en-slaap...

En dis my eerste-oefensessie-in-jare MOMENT :)

O ja.. dis wat ek (maar) gedoen het - en hopelik gaan ek baie meer & makliker een vd dae kan doen...
8 min. Roei
Strek
3 x 30 jackknives
2 x 20 & 1 x 15 slamball squats
2 x 20 & 1 x 10 TRX pull-ups

Opmerkings

  1. Ek sien uit na al die "marvelous" momente wat gaan volg! Want fiks of lui....vervelig was jy nog NOOIT nie! Love jou skryfstyl en uitkyk oor die lewe-blog asb voort!

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...