Ma-wees-teetyd
Ek het nounet vir die 3de maal vandag my koppie koffie warm gemaak in die mikrogolf. Die eerste keer het ek dit daar vergeet, omdat ek haastig oppad was werk toe... die tweede keer het ek besef die melk is óp, selfs die "nood-voorraad" langlewe melk is op!!! (En dis nou eers die 20ste vd mnd!!!)
Ek dink dis ñ Ma wat yskoffie "ontdek" het... en ystee ook... Dalk het sy nie ñ mikrogolf gehad nie of hare was stukkend of sy het dit ook vir die sóveelste keer die dag warm gemaak & toe besluit sy: ag ek gooi nou sommer ys in, dat dit ordentlik koud is & toe is dit glad nie sleg nie! Dit was seker maar die Amerikaners wat die "hoender kom ruk" het en besluit het om roomys by te gooi... en room bo-op... en sjokolade poeier ook...
Dit moes verseker ñ Ma gewees het wat ystee "ontdek" het, want ystee is die heel beste met net ñ bietjie suurlemoen & heuning in... maar as jy haastig is, soos ñ Ma altyd is, kan jy dit net so met ys drink... en ñ Ma kry mos ook altyd warm van al die rondhol & besig wees, so die koue tee is eintlik nogal verfrissend!;)
Maar terwyl ek so filosofeer oor warm & koue koffie, Whatsapp ñ bekommerde, moedelose Mamma-vriendin, wie se seuntjie by die soveelste Terapeut vir evaluasie was, nadat sy Kleuterskool meen hy vorder nie soos hy moet nie... volgende, word aanbeveel nòg terapie... lank en aanhoudend en duur en sy voel, soos enige ouer kan identifiseer, om eerder weg te hardloop as om daarmee te begin. En ek kry haar sò jammer, want ek verstaan só goed! En dan is haar volgende vraag: het die Here hom so gemaak, of is dit iets wat ek gedoen of gekies of nie gedoen of nie gekies het nie, wat hom so gemaak het??!!
Hoekom doen ons dit?? Hoekom wil ons altyd iemand die skuld gee? En ons almal doen dit! Ek het op ñ stadium gedink dat Ma-wees eintlik ñ konstante skuld-gevoel met haar saam dra. As jy by jou kinders is voel jy skuldig omdat jy nie jou man help "geld inbring". As jy weg van jou kinders is, voel jy skuldig omdat jy hulle by iemand anders los... as jy by jou kinders is, wens jy vir bietjie alleen-tyd & voel skuldig daaroor & as jy weg van jou kinders is, mis jy hulle die heeltyd??!! Gelukkig het ñ wyse (& heelwat ouer) Ma & vrou van God vir my gesê: nee, dis nie hoe dit moet wees òf die Here dit wil hê nie. Kruisig dit... gee dit vir God.. hang dit aan die kruis, want dis nié van Hom nie! Ek het dit gedoen... ñ hele paar keer & nou is my las ligter...
En my antwoord is iets wat ek ook myself kort-kort aan moet herhinner: JY... IS VIR GOD BAIE KOSBAARDER AS VIR ENIGE IEMAND ANDERS!!!!! GOD HET JOU KIND.. EN VIR JOU... BAIE LIEWER AS WAT JY OOIT SELF KAN WEES OF SELFS KAN DROOM! Sò lief dat Hy vir jòù aan die kruis gesterf het, sodat jý nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê (Joh.3:16). En ook vir jou kind!! En ek dink dìs waar die duiwel sy leuen ingooi. Hy laat ons fokus op die hier & nou... "wat sal die mense sê? hoe sal ek cope? hoe gaan ek dit betaal / bekostig?" Of op die toekoms, wat ons nie kan sien nie, maar in ongeloof & a.g.v ñ donker wêreld, as "donker" sien. Wánt as ons ons ewigheidsperspektief-brille kon opsit sou ons werklik kon kyk... sou ons onthou dat ons kind se gees vir God die belangrikste is! Sou ons onthou dat ons hier is om hom/haar te leer om God lief te hê, te dien en te vertrou... en soos ALLES volg hulle ons voorbeeld. Die ding dat jou kinders jou dwing om ñ beter mens te wees is swaar, maar ook hiér word ons geoefen, geskaaf & geskuur.
Dan kan mens seker maar Ma-wees met koffie of tee vergelyk. Óf jy kan moedeloos raak dat jou koffie alwéér koud geword het... of die melk op is... of suur? Óf jy kan ys daarby gooi en van dit ñ "nuwe ding" maak. Nie wat jy eers voor lus was of begin het om te maak, maar ook iets lekker & goed & verfrissend! En is dit nie wat die koninkryk van God, wat reeds hier op aarde kom, moet wees: nuut & goed & vars! Mag God ons die krag & genade gee & elke dag help, om onsself, ons kinders & ons sitasies deur Sy oë, in ewigheidsperspektief te sien.
"Smelt my weg tot net U oorbly in my. Meer van U en minder van my, in my. Laat my hart & my gedagtes skoon bly. Soos ñ kind, onskuldig... in U oë bly." (Reana Nel)

Hoekom het jou blog nie 'n " like "knoppie nie?
AntwoordVee uit