Van kinders...
Vandag het ñ vreemde ding gebeur... jy weet daardie dae wat jy terugverlang toe jy nog enkelloper was.. of pas getroud... of besigheidsvrou... of jy onthou sommer net dinge wat jy toe gedoen het of kon doen en nou nie meer kan.
Wel, vandag het ek saam ñ vriendin gekuier & Demar & Zelé was by Speelskool & haar tweeling nie... en toe help ek die een om (heel onverantwoordelik op vele maniere) die laaste konfyt uit die bakkie te eet met ñ (darem stomp) mes... en toe dink ek: iemand wat vir ons sit en kyk sal dalk dink ek is haar enkelloper-vriendin wat met die kinders help??!! Hoe vreemd! En eintlik het ek ook ñ tweeling!!! :)
Ek moet bely, ek was nog nooit goed met kinders nie... of sal ek sê "slim" met kinders. Ek meen, om een of ander rede het hulle van my gehou-ek hoop dis omdat my gesig oop & eerlik was... maar ek was nog altyd lomp om te weet wat moet ek nou praat of saamdoen. Ñ "ongemaklike stilte" tussen my en ñ drie... vier...vyfjarige... hoe snaaks! Miskien onthou ek tannies / ooms wat ook so ongemaklik met my was & nou is ek bang ek klink simpel of irriterend? Hoe onlogies is dit tog. Ek meen, ek dink nie ek was nog enige van my vriendinne, wat voor my kinders gehad het, se kinders se "gunsteling tannie" nie. Nie dat ek sou omgee om te wees, maar ek was nie?
Ook was ek nooit "broeis", voor ons kinders gekry het nie. Ek het geweet ek wil graag kinders hê en toe die gewag ondraaglik lank geword het en ek was gemaklik (en nogal oulik, dink ek) met babas... nie dat vriendinne my sou vra om te "babysit" -genadiglik nie, as ek weet wat ek nou weet: hoe absoluut CLUELESS ek was! Maar, om die waarheid te sê, ek was net jaloers op ma's met babas, voor ek swanger geraak het, nooit broeis nie.
Kinders... klein mensies met die ongelooflikste wonderwerke, wat elke oomblik plaasvind in daai lyfies & breine! Maar ook die langste tyd, as ons dit nou vergelyk met ander "diere", voor hulle selfs net duidelik kan kommunikeer. Ek was baie dom & is steeds... onthou hoe ek vir my skoonsussie vra of haar 2jarige seuntjie dan nog nie eintlik praat nie? En hoe moedeloos was ek voor Demar & Zelé se eerste glimlagte... ek meen, ek staan elke 3ure op om vir hul melk te gee, wat ek tussen-in uitmelk... ruil doeke... bad hulle... doen ALS vir hulle (een vir my, een vir wonderlike Dewald, wat als saamgedoen het) & hulle kan nie net eers wys dat hulle darem van ons hou nie??!! En kyk nou... die slim, snaakse goed wat hul doen & kwytraak!
Lekker man! Lekker... EN... nou is ek darem (hopelik) 2 baie oulike kinders se gunsteling en nie meer so dom... en bid ek is nog baie lank daar om hul gunsteling te bly...

Opmerkings
Plaas 'n opmerking