Mý huldeblyk...
Ek het ñ vriendin gehad... haar naam was Linda Doyer. Sy was een van daardie kosbare, ouer vriendinne... wat mens enigiets kon vertel en vra en wie se lewenswysheid en haar manier van dit oordra, kosbaar en spesiaal was. Sy was snaaks, met ñ lag wat uitgebars het in vreugde. Sy was pret... en natuurlik ook so bietjie stout... maar goed-stout. Sy was gewardeer en gerespekteer, soos dit ñ dominee se vrou betaam maar glad nie "boring" of aansitterig nie. Daardie einste dominee het so maand gelede vir my gevra of ek kan help briewe tik, vir ñ spesiale gedenkboek... persoonlike briewe... hartsbriewe van haar aan haar hartsmense, wat sy in haar laaste dae hier op aarde geskryf het, vir hul om te lees wanneer sy hemel toe is. Sommige dadelik en sommiges later. En so het my onthou begin... Ek het haar ontmoet as een van die geréélde gymlede, met haar kopdoekie en polly shorts oor haar ski-pants het sy heupswaaiend die gym ingestap. Nie soos Roger Rabbit se Jessica, heupswaaiend nie...