Liefdestale in kinderdialek!
“Every child (like every adult) expresses and receives love best through one of five communication styles.” We want to express unconditional love in each of these ways, of course. But just like each child has a different personality, they also have a unique love language. Figuring it out can make a huge difference..."
Gary Chapman and Ross Campbell - The Five Love Languages
Dis nou al ñ hele rukkie dat ek al meer herhinner word aan die vyf liefdestale... soos dit vertaal is in (onder andere) Afrikaans. En toe ek hierdie artikel lees, het ek besef ek moet nou skryf wat ek wil skryf...
Lank terug... toe ek baie tyd gehad het en dit (gelukkig) goed gebruik het, het ek die boek gelees waaroor almal gepraat het. Ek het ook al ñ paar keer die vraelys gedoen om my Liefdestaal te bepaal en elke keer was dit anders, want kyk... dit gaan mos maar oor "tanks"... daar is vyf (en alhoewel my man nog nie sy Vyf Liefdestale boek oopgemaak het, wat ek vir hom 3 Kersfeeste terug gekoop het nie, het hy obviously teësinnig opgelet wanneer ek daaroor praat). My man meen my tanks is super-size en hy het nie... wat nie waar kan wees want ons almal benodig liefde op verskillende tye op verskillende maniere, dit hang net af watter tank is die leegste?!
* Bemoedigende woorde / Words of affirmation
* Geskenke / Gifts
* Dade van barmhartigheid / Acts of love
* Aanraking / Touch
* Kwaliteit tyd / Quality time
Gary-hulle het ook die Liefdestale vir kinders geskryf, wat ek nog nie die voorreg gehad het om te lees nie, want ek het nie meer die tyd van lank terug nie, maar ek neem aan dit werk dieselfde en ek het nou die laaste ruk begin om my eie teorie daaroor te ontwikkel, ek deel dit graag met jul...
Jy weet wanneer jou (vriende se) kind(ers) groter word en jy hulle oor die kinders uitvra en hul antwoord: ..."ag hy/sy/hulle is nou besig om soveel persoonlikheid te kry..." dís wanneer jy moet begin oplet, want hulle is eintlik besig om hul Liefdestaal te ontwikkel! En onthou... daar is VYF!!!
Daardie tantrums... wat onverklaarbaar is en nie toegeskryf kan word aan moegheid of siekte nie... het jy al gedink dat dit dalk die waarskuwingsliggie is dat die tank leeg is? En ek blameer 100% die samelewing: want ñ kind word so vinnig ge-label as stout, ongehoorsaam, oorafhanklik, oorsensitief, ens... Maar wys ons as volwassenes nie maar dieselfde "simptome" wanneer ons tanks leeg is nie.
So let ek op hoe my seun kort-kort uit die bloute opgetel wil word en ons word so gekondisioneer deur die samelewing (en natuurlik die feit dat hy ñ goeie 20+kg weeg) om te weier met ñ verskoning soos: "ag nee man, jy is mos mooi groot en kan self loop..." tot 'n snottie: "jy het voete, loop self..." (gelukkig/ongelukkig kan kinders sarkasme eers vanaf 16jr verstaan). Nou dink ek: basta daarmee! Dis dieselfde seuntjie wat uit die bloute op my skoot kom klim of my ñ drukkie gee... wat ñ blommetjie pluk vir Mamma want hy weet sy maak altyd 'n groot ophef daarvan en gee hom ñ drukkie. Hoe wreed en onsensitief is dit dan van my om sy duidelike verbalisering van sy behoefte (wat alreeds meer volwasse is as baie volwassenes) te ignoreer of af te skiet? Gee vir hom wat hy vra!!! Tel hom op!!! Hy gaan net vir so lank vra en jy gaan dit net nog vir so lank kan doen!! Deesdae is hy tevrede daarmee (soms) om sy tank vol te maak met my hand vashou... ek weet nie, maar hoop dit maak so goed vol soos optel en drukkies gee of dat hy altyd hardkoppig sal wees om te vra hoeveel "oktaan" hy nodig het, en ek sensitief genoeg om dit te gee.
As jy dan na die lewe kyk deur ñ Liefdestaal-bril, dan verstaan ons hoekom een tipe straf beter met een kind werk as ñ ander, maar veral hoekom dit die een dag soos ñ bom werk en die ander glad nie! Want as die Bemoedigende woorde tank leeg is... gaan jou geraas baie swaarder straf wees as ñ pak. En (ongelukkig) ook ñ baie groter letsel los. Of dalk is die Fisiese aanraking tank vol en maak die pak niks vandag, of sal dit dan juis die slegste straf wees? Ek weet nie ek bedink dit ook nog. Of dalk is dit waarom dit vinnig die boodskap oordra vir ñ leë Geskenke-tank wanneer jy ñ speelding wegneem of selfs net dreig jy gaan? Wat sal dan die straf wees vir ñ kind wat Kwaliteit tyd wil hê en hoe erg gaan die tantrum wees as jy hom in sy/haar kamer laat sit, of hoeveel meer effektief sal die les wees sonder die seerkry as jy saam met hom in die kamer gaan sit en eers die tank volmaak, voordat jy die les leer...
Hoe wonderlik, kompleks het die Here nie ons mense gemaak... en hoe in detail voorsien Hy nie ook aan ons behoeftes nie. Daarom gló ek, dat Hy vir ons die krag en wysheid sal gee om ons kinders se tanks vol te maak wanneer en waarmee dit die nodigste is, sodat hulle nooit so leeg word dat hulle nie meer die God van (elke) Liefde (staal) se fluistering en werking in hul lewens kan beleef nie. En wat ñ voorreg dat Hy ons as ouers gebruik om Sy liefde te demonstreer.
Dan moet ons ook glo dat Hy in detail ons behoeftes en leë tanks ken en wil aanvul met geliefde huweliksmaats en vriende... maar dalk kan ons by ons kinders leer en vinniger verbaliseer, wanneer ons tanks leeg raak en na ons eie teregwysings luister en hóór wanneer ons geliefdes vra, al vra hulle nie met hul monde nie! En wanneer dit gebeur dat jy ñ volwasse vloermoer gegooi het, in watter vorm ookal... en dan eers besef jou tank is leeg... dalk moet jy besef dat jou huweliksmaat nie joune kán volmaak as syne ook dolleeg is nie-want dis wat die lewe doen en hoe dit werk!!! Dan kan jy weet dat die Een wat al jou tank-vlakke ken, liefdevol sit en wag dat jy na Hom toe kom om dit te vul met onvoorwaardelike, ewigheidsliefde!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking