Geld wat stom is...
... maak reg wat krom is, lui die spreekwoord mos. En dis nogal 'n slim spreekwoord daardie, wat in heelwat omstandighede gebruik kan word.
(Een van een van die Gymlede se luukse karre... Roux kan nie die prys nuut opspoor nie, maar daar is een tweedehands met 1900km op die klok... vir R4,2miljoen rand)
Maar dat dit stom is, is so... en daarom voel ek verplig om die stomme-geid met 'n paar "gevleulde woorde" te vul.
VISA het dit nie ver mis met hul prys wat hulle op sekere dinge in hul advertensie sit en dan is die situasie "priceless" nie en ons stem heelhartig daarmee saam, dis hoekom ons dit so maklik ons eie gemaak het met na-geaapte Facebook statusse ens. Want dit is so... daar ìs dinge wat geld nie kan koop nie, maar dan is daar ook die dinge wat gekoop word, wat die geldelike waarde nie 'n akkurate indikasie gee van hoeveel dit eintlik werd is nie. Laat ek verduidelik...
Geld, volgens my... het twéé waardes: 'n numeriese waarde (R20 is R20)... maar dan het geld ook 'n emosionele waarde. Hulle praat mos van "retail therapy" en alhoewel sommige vrouens (en ook sommige mans) dit heeltemal oordoen, is daar 'n defnitiewe waarheid daarin.
Dit beteken, eerstens, nie jy koop totdat jy beter voel nie... want, behalwe as jy Harry Oppenheimer se dogter is, gaan dit nie gebeur nie (of ek het nog net nie genoeg of by die regte plekke gekoop nie). Dalk 'n tydelike vrede, maar kom ons wees nou eerlik.l: dis tydelik en daarna kom die skuldgevoel en asof dit nie genoeg is nie die beskuldigings: van jouself, jou bankbalans, jou wederhelfte en selfs jou vriendinne se komplimente oor jou nuwe kopie klink skielik soos subtiele beskuldigings.
Nee, ek praat van daardie ding wat jy koop, wat jy nie nodig het nie of dalk nie bróódnodig het nie, wat soveel waarde aan jou emosionele welstand en mens-wees toevoeg, dat daardie ding jou soos Harry Oppenheimer se dogter laat voel, al hét jy dit by Pep gekoop en veral as dit nog op 'n uitverkoping ook was!!!
Ek onthou die dag toe ek en Dewald oor só kopie baklei het en toe ek die openbaring van geld se emosionele waarde gekry het... wat vir my die spesiaalste was (en steeds is), is dat my Rekenmeester-man my gehoor het en dit verstaan het en dìt wys vir my die Here is hier aan die werk!!!
Dit was toe ek net begin het om op afspraakbasis te werk. Sonder die Gym se inkomste, volkome afhanklik van verwysings - wat maar min en ver uitmekaar is met rukke. Dus het ek sommige maande die inkomste van 1 pasiënt gehad en sommige die van 5 pasiënte... dit kon wissel tussen R800 & R5000, wat darem iets is... maar ek was gewoond aan R10 000+/mnd (dis die minimum bedrag, wat ek voor die Here se voete geplaas het, toe ek Rob se gym/praktyk oorgekoop het en wat Hy getrou in was, élke liewe maand). Dit was geld waaruit ek salaris moes betaal en onderhoud koste en verder was dit myne om mee te maak wat ek wil... Ek kon elke maand gaan vir 'n facial én 'n pedicure. Ek kon geskenke koop wanneer vriendinne verjaar, wat ek graag wil. Ek kon donasies maak en my 10de of meer gee (dit was my belofte aan God) en ek kon koek en koffie en lunch wanneer en waar ek wou... én ek kon Dewald help betaal aan dingetjies van die huis. Hy hoef nooit vir my geld te gegee/geleen het nie en kon met sý salaris maak wat hý wou.
"Those were the days my friend, we thought they'd never end..."
Ewe skielik het ek nie geld... of moet ek vir Dewald vra vir geld!!! Wat 'n aanpassing en hoe vernederend vir 'n vrou wat eers op 30jr getroud is en haar eie suksesvolle besigheid gehad het! En wat 'n aanpassing vir Dewald: om sy geld met my te moet deel en my oordeel te moet vertrou! En dis daar waar die moeilikheid gekom het...
Want ek was áf die dag: dalk was dit hormone, dalk die weer, dalk geestelik of dalk 'n kombinasie... maar die feit was, ek was deeglik bewus van my armgeid... toe stap ek in Jet in... nie Queenspark... nie Truworths... nie eers Miladys nie. Jet!!!! En ek haal al die klere van die rak af en gaan pas aan, wat ek van hou en my mooi laat voel. Ses kledingstukke altesaam en 'n paar oulike silwer-grys plat tekkies (wat lyk soos Levi's, maar nie is nie!) En alles pas! En dit pas nie net nie, dit lyk mooi!!! En kyk vir ánder girls is dit dalk nie vreemd om 6 kledingstukke van die winkelrak af te haal en alles pas mooi nie, maar vir mý is dit... want ek is KORT... mét heupe en boude maar 'n dun middel. So 'n broek wat om die middel pas, kom gewoonlik nie oor die heupe of boude nie en wanneer dit daar pas is dit so groot om die middel dat selfs 'n belt soms nie reg lyk nie. En as dit orals reg lyk moet ek gewoonlik die helfte van die broekspyp afsny, omdat dit te lank is en wie wil nou wag voor jy jou nuwe klere kan dra en nóg geld uitgee om dit eers te maak pas?! (Ek het genadiglik nie 'n naaimasjien nie!)
Maar daardie dag, toe pas als asof dit vir mý gemaak is... en ek kies... ek kies die paar silwer-grys tekkies om te koop vir R89.99. Baie trots op myself dat ek die versoeking weerstaan het en nie geld spandeer het, wat ek nie het nie, op goed wat ek nie nodig het nie! Nou kyk, toe ek daai tekkies koop toe begin daar 'n stryd in my: die stryd van Skuldgevoel vs. Regverdiging. Want Dewald gaan vra en ek sal moet regverdig...
Want vandat ek 'n klein dogtertjie was onthou ek hoe ons in die kar klim en my Ma vir my sê: "trek af die prys, dat jou Pa nie sien wat dit gekos het nie..." en ek verstaan dit en ek veroordeel haar glad nie daarvoor, ek dink tog sy kan haarself nou skop, want dis dalk hoekom Pa net "specials" koop en nie hou van "onnodige" geld uitgee, soos op klere of om te gaan uiteet nie... (en my Ma is soos ek, uiteet laat haar lekker voel -sien vorige blog oor "Hou-van-dinge"). So dis allewig 'n stryd.. maar inelkgeval, daar het ek om een of ander rede besluit ek gaan nooit die prys aftrek nie maar eerder die vuurpelleton "face". So ek los my nuwe laat-my-voel-soos-'n-miljoen-doller silwer-grys tekkies voor die bed, waar Dewald dit nie kan miskyk nie en wag...
En hier kom dit toe ook: "is dit nuwe tekkies?" ..... "met geld gekoop wat jy waar kry?" .... en ek begin te huil en vertel kwaad dat dit net R80 gekos het (dis waarheen ék afrond, Dewald vat dit R90, of selfs R100 toe) & nee, ek het dit nie fisies nodig nie maar emosioneel het dit hom gered daarvan om 'n wewenaar te wees... en hy baklei terug, oor alles wat ons nog moet betaal die maand, wat ek nie eers aan gedink het nie!!!!
Maar iewers het iets ge-click, want daardie aand kry ek R100 onder my kop kussing. .. en die volgende jaar, toe ek nou al 2 jaar sonder enige facials klaarkom en net somtyds nog kan gaan vir 'n "lash & brow-tint"... en hy vra my wat ek vir my verjaarsdag wil hê. Toe kry ek 'n tuisgemaakte kaartjie met die belofte dat daar elke begin van die maand R100 in my rekening inbetaal sal word sodat ek vir 'n "lash & brow tint" kan gaan... en dìt laat my voel soos 'n ryk vrou... wat ek ìs! Finansieël... emosioneel en veral geestelik: geseën met ñ huweliksmaat wat (meer as wat ek hom altyd te kenne gee) oop is vir die leiding van die Heilige Gees. Twee pragtige kinders. En 'n koffie masjien, wat net sulke lekker koffie soos Mugg & Bean kan maak, waarmee ek my vriendinne mee kan bederf.
So... as jy van my die jaar 'n tuisgemaakte Whatsapp kaartjie gekry het i.p.v. 'n regte een, wat ek altyd gemaak het voor Demar en Zelé gebore is... of 'n "tweede-handse babygrow of 3" met jou babatee i.p.v. nuwes. Weet dat dit steeds uit my hart kom, my beste is en iets is wat ek self sou van hou om te ontvang... want die moeite en gedagte is ook mos soms meer werd as geld?!

Lees nou eers hierdie blog.. eks agter met die bloggs - punt!!! Dit was heerlik om dit te lees... goeie man die ou Dewald... en ek lag lekker vir jou - jys dierbaar!
AntwoordVee uit