Dit gaan als oor PERSPEKTIEF...
Het jy al die grappie gehoor van die kompetisie wat se pryse as volg is:
1ste prys - 'n Naweek in Warmbad
2de prys - 'n Week in Warmbad
3de prys - 2 Weke in Warmbad
...
Nou ja dis mos mar wat ñ grap een maak... die onverwagsgeid van die "punch line" en almal giggel altyd lekker daaroor, maar ek moet jou sê ek was nog nie so baie by Warmbad (nou mos Bela-Bela) nie, maar daardie derde prys sal verseker vir my werk as eerste of goed dan, dalk is die tweede prys die beste een?;)
Maar so dink ek weer aan die grap die naweek, met ñ Ouetehuis in die dorp se Basaar. Hulle het ñ oulike op-"dress" kompetisie gehou & ek het sommer vir die pret die kinders gevat... ag dis als vir ñ goeie doel jy weet... Gelukkig vir die feëtjie vlerkies, wat ek by my Peetma op my Babatee gekry het (& gebêre het) en die oulike pels-tipe baadjie van Ouma af vir ñ winter-troue en oorgeërfde klere & skoene, kon ons Zelé al te maklik op"dress" soos ñ feëtjie met boots... of wat sal mens dit nou noem?!
Vir Demar, het ek gedink, sal ek die Bulls hemp wat hy, (hopeloos te groot) geskenk gekry het, aantrek. Want wat my betref is dit ál wat die Bulls op die oomblik is: "fancy dress", want rugby speel hulle gñ niks mooi nie, al vir ñ rukkie... maar dis ñ blog vir ñ ander keer... Gelukkig is die hemp toe steeds te groot & toe gaan ons maar vir die Wildbewaarder-"look"...
Daar gekom "oee & aaa" almal oor die twee wat so groot geword het & so oulik lyk en hulle kry hul nommers (6 & 7) met inskrywing. Na die parade & als kry Zelé eerste prys: ñ Geraamde foto van haar, van Kodak. Demar kry (soos almal) ook ñ prys: ñ TV Bar (sjokolade) & R20. Nou kyk, ek is seker, uit Zelé se perspektief, het Demar 1ste prys gekry & sy die "troosprys" in die koevert... En is dit nie hoe die lewe maar is nie... alles gaan maar oor perspektief. Wat vir jóú belangrik is en wat vir jóú waarde het. En, al is die geraamde foto sekerlik meer werd as R26, (of hoeveel kos ñ TV Bar deesdae?) is dit nie in háár verwysingsraamwerk op die oomblik, as iets wat belangrik of lekker is nie. En verder is R2000 en R20 op die oomblik dieselfde ding vir haar. Dis die stadium waarop hulle nou is: "invinsible". Verstaan nie van seerkry of seermaak of doodgaan nie. Of dalk is dít wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het ons moet soos kinders word... dat ons kan "invinsible" wees saam Hom & die lewe & sy uitdagings en die dood en sy onbekende, in kinderlike perspektief kry?!
Kinderlike geloof... en perspektief... hoe sukkel ons "grootmense" nie daarmee... die dinge waaroor ons worry en die dinge wat ons selfs uitdink om oor te worry. Soos die konsep van "loop". Nou kyk, dis een van die mylpale & iets wat meeste van ons doen sonder om te veel oor te dink. Maar wat as dit iets is waaroor ons moet dink... wat as daar ñ paadjie seergekry het en toegemaak is en nou moet die wonderwerk van die lyf nuwe paadjies probeer maak. Hoe lank sal dit vat? Die nuwe pad... hoe ná sal dit wees aan die norm: in voorkoms, spoed en nog honderde ander details, wat nou afgebreek word in oefeninge wat konstant & reg gedoen moet word. Die literatuur sê: "...kinders met spastiese diplegie loop gewoonlik rondom hul 4de verjaarsdag..." en dit beteken net een ding... hiérdie is Zelé se jaar!!!!!" Maar dan begin ek oor my perspektief nadink...
Begin ek dink oor die konsep van loop... en alhoewel dit klink of als gesê is, is daar soveel wat nié gesê is nie... "grys areas", soos Prof. Meij doerietyd van die brein gesê het... wanneer ons dink oor ons kind wat loop... droom oor ons kind wat loop sien ons dit as onafhanklik en mooi gebalanseerd, sonder ñ gevallery & allerhande hulpmiddels. Ek sién hoe laai ek haar uit die kar & vat haar handjie & sy stap saam my oor die pad. Ek sién hoe spring sy op & hardloop voordeur toe, wanneer Pappa van die werk af kom & hoe ons saam in die Mall rondloop... en sy ballet, soos ek het... en Eerste span Netbal speel, selfs béter as wat ek het, want sy gaan so lekker lank wees...
En dan die paradigma skuif oor perspektief... wat nie sê dat ek ophou droom en bid en werk saam haar nie, maar wát presies is "loop"... want loop doen sy al van haar 2de verjaarsdag af... vóór my terwyl ek haar lyfie teen myne vastrek, en nou kan sy dit ook doen in haar "bokkie" gait trainer, of as ek haar handjies voor haar vashou. En wat is die belangrikste: dat sy saam my Mall toe gaan & dalk loop m.b.v. krukke, of dat sy in die Mall saam my moet rondloop, soos 'ander kinders'. Wat as sy nie wíl netbal speel of kán netbal speel (ag, maar mens kry goéie 'staan-doele' man & sy kan alreeds mooi vang & gooi...) maar tog kan sy reeds perd ry en opstaan en allerhande ander dinge doen! Wat as sy ñ ruiter is, in plaas van ñ netbalspeelster of atleet, of selfs ñ ballerina (ag en sy is so mal oor dans)?! Want op die perd is sy gelyk... met haar ouderdom & selfs ouer kinders - dit gaan maar oor die perspektief... Waaroor gaan dit vir jou? Wat is vir jou belangrik nou & is dit régtig so belangrik?! Het jy al die ander perspektiewe in jou kop toegelaat om te vorm & vou... om ùìt die boks te dink of is dìt hoekom jy ongelukig & ontevrede is? Omdat jou perspektief nie gebeur of gaan gebeur soos jy gedink het nie?

Ons dien ñ God van wonderwerke & liefde. Sorg dat Hy en dìt deel wees van jou elke dag se perspektief & sê dan dankie... in detail... alleen en saam, veral saam die mense wat jou perspektief deel & ondersteun!!!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking