Lesse uit my "Core"-klas

Ek bied van die einde Januarie af ñ "Core"-klas aan... iets wat selfbewusde (& lui - en wie is nou nie lui vir oefen) rug pasiënte al járe vir my voor vra, maar ek het nooit die tyd & plek gehad nie. Maar hierdie jaar, met die dat die kinders Speelskool toe gaan, moes ek plan maak om te help betaal & dit was die ideale oplossing... en ek geniet dit sò baie! Ek moes dit lánkal begin het!!!! Dinsdag was daar 6 vrouens in die klas - ñ nuwe rekord & dit was so lekker. (Ek het gedink 10 is die maksimum vir die klas, maar ek moet sê, met almal se matte & balle & dumbbells rondom jou weet ek nie meer of daar so baie sal inpas nie?!)


Ek leer steeds elke dag nuwe dinge oor oefeninge en die wonder van die lyf... En kyk daar is MIN goed wat mens so verband mee kan trek met die Bybel en jou geloof as oefen. Want élke aspek van oefen, ìs Bybels...

Jy moet geduld hê... dit maak nie ñ verskil hóé gereeld jy oefen en hóéveel oefeninge van dieselfde spiergroep jy doen nie... tyd, gaan dit neem, voor jy resultate voel en nòg langer sal dit neem voor jy resultate sien! En dis mos presies hoe gebed werk... en geloof... dit word sterker en wys "resultate" met tyd! As jy nou sò ge"tone" is kan jou spiere groter lyk, soos wanneer die 'bodybuilders', voor hulle op die verhoog gaan, bietjie die spiere oefen dat die bloed soontoe gaan & dit groter laat lyk... maar daardie spier is maar net vol bloed... die spier is nie groter nie!

Wanneer ons mos fokus op iets en spesifiek daarvoor bid, word ons mos geoefen om te groei in vertroue & geloof.  Maar dit gaan nie dadelik reg wees of gebeur nie. Soms, as mens so baie aandag aan een liggaamsdeel gee, lyk dit selfs of dit kleiner word, of kry jy ñ besering as gevolg van ñ wanbalans & dis mos presies wat met ons almal in ons geloofs lewe gebeur: sommige dele groei mooi, maar ander word afgeskeep & raak al swakker en lyk soms skoon snaaks?! So is daar die Christen wat in sekere plekke so gedissiplineerd is en ñ ware getuie, maar op ander gebiede... o wee!!!

En terwyl ek so op die bal sit, besef ek die nou verband (& goeie vergelyking) wat die bal-oefeninge met my geloof het...  want wanneer ek 1 been van die bal af oplig, moet ek regtig hard konsentreer om nie my balans te verloor nie... wanneer ek dan my hande se posisie verander, of selfs net effe my kop draai om na ander in die klas te kyk, verloor ek my balans & is die kans vir afval groot (& vreeslik 'embarrassing')! Maar die teendeel is ook waar. As ek die bewegings stadig & gekontroleerd doen, dan kry ek dit maklik reg... soos geloof... wanneer ek op enige iets/iemand, behalwe die Een wat in my hart leef & altyd by my is fokus, verloor ek maklik balans. Dan kan mens sommer lelik deurmekaar raak waarop (op Wie) om te fokus & dìt is dan wanneer  jy begin val & seerkry.

Jy moet fokus op jou "core", vir balans. (Interessant hoe Christus & Core met dieselfde letter begin...) En is dit nie presies hoe my geloof werk: hoe meer dinge onder jou begin skud... hoe meer moet jý stabiel bly... stabiliseer! Hoe graag jy ookal wil afklim of ophou, hoe meer moet jy áánhou, maar dit net stádiger doen. (Hou aan bid... bid meer... vat langer tyd om te aanbid en God te loof & prys: "slow & gentle season" praat ñ wyse vriendin altyd van. En soms moet mens iemand vra om jou te help... en dis ook OK of wéér kyk wat présies jy moet doen om meer stabiel te wees. Maar soos die wyse Jakobus sê: dit help nie jy sit net en kyk nie... jy moet sáám dóén: "wys my jou geloof sonder dade, dan wys ek jou my geloof uit my dade"... dis ook Jakobus wat praat van "heen-en-weer gewaai word deur doktrines..." en dis nét so wanneer ek rondkyk, al is dit om ñ goeie klasaanbieder te wees (goeie intensies), beteken dit my aandag is nie op my core nie. Dit laat my dink aan die sêding dat jy "besig is met die dinge vd Here in plaas van die Here vd dinge..." goeie intensies, maar die fokus is verkeerd & dit wys vinnig, dalk kan jy nog jou pose hou maar netnou sal almal wel sien dat jy fokus verloor het...

Doktrines is daardie buitekring-dinge, wat verwar word met middelpunt-dinge... soos die doop... die doop is ñ pragtige, Bybelse SIMBOOL... sò belangrik dat Jesus-Self ook gedoop is. Dis ñ opdrag wat Hy aan Sy dissipels gegee het: "...gaan dan en maak die mense My dissipels, doop hulle in die naam vd Vader & die Seun & die Heilige Gees..." Nou kom ons mense & maak die simbool so belangrik en só ingewikkeld, dat dit jou fokus steel vd Jesus, Wie met jou ñ lewende verhouding wil hê: of jy nou gedoop is of nie... en of jy nou ingeseën of onderdompel is, of wat dit ookal genoem was? "When the music fades, all is stripped away, and I simply come... longing just to bring, something that's of worth... it's ALL about You, Jesus!!!"

Ñ teks wat ek lank terug my eie gemaak het is waarmee ek wil afsluit: "For the Kingdom of God is not about eating or drinking, but righteousness...
and peace...
and joy...
         in the Holy Spirit."

En Jesus sê self: "Soek ALLEREERS d Koninkryk v God & al hierdie dinge sal vir julle gegee word"... Nou kyk ek haat woordsomme maar die een kan mens nie verkeerd kry nie... vir God gaan dit oor ñ lewende verhouding met jóù!!! Die KROON v Sy skepping! Moenie op ander dinge fokus... fokus op Christus, jou "core"! En geniet dit, want dis wat Hy wil hê!




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...