My Donderdag oggend "tips" vir die huwelik...
Ñ vriendin vra ander dag vir my vir ñ briefie, met ñ paar "tips" vir die huwelik, vir ñ spesiale kombuis tee... ek het beplan om ietsie moois te "google" of ñ stuk uit die Bybel aan te haal, maar was ook maar besig en het vergeet... Gister vang ek myself met ñ bietjie tyd op hande en onthou toe van die briefie, wat ek nog moet skryf en toe kom die volgende uit... (ek weet daar is nog baie wat ek nie toé aan kon dink en wat jy sal kan byvoeg... doen dit dan!:)
Die huwelik... wat ñ opwindende voorreg & heerlike uitdaging! Jy gaan jouself beter leer ken, terwyl jy ook jou man op nuwe maniere gaan leer ken... jy gaan dinge van jouself leer wat jou verskriklik trots gaan maak ("on hindsight") & verskriklik skaam gaan maak (dadelik). Onthou dan: Jesus & Sy mense & boodskap gaan als oor VERGIFNIS... jouself EN jou man... weer en weer en weer... los dit by die kruis... gaan tel dit op & praat dáár met mekaar. Blootgestel & eerlik, met die skaduwee van die kruis wat heeltyd oor jul val. Die groot goed EN die klein goed WANT... dit IS die klein jakkalsies wat die wingerde verwoes. Hier is sommer so paar dingetjies wat ek as vrou & vriendin al geleer het...
♥ MOENIE in die aand baklei nie... ALLES voel altyd erger in die aand!
♥ MOENIE baklei wanneer jy PMS het nie! Dis gewoonlik in die middel van die fight wat jy dit besef... stop dan & sê vir hom jy besef jy is oor-emosioneel & jy wil eers rustig raak & bid daaroor. Ñ vrou wat haarself ken EN aan haar man kan oordra is die GROOTSTE geskenk wat jy hom kan gee. So hou aan om jouself te leer ken!
♥ Bid saam! Oor alles & niks. Bid oop oë in die kar as julle iets mooi sien... bid oor jul oggend koffie en as julle klaar gefliek het. Niks formeels, net vasmaak dat God daar is, welkom is en jul Sy teenwoordigheid herken want dan kom dit vanself & natuurlik as daar swaar & moeilike gebedsgoed is.
♥ Gun mekaar... alleen-tyd... verlang tyd... tyd met vriende & vriendinne (ñ man kan NIE emosioneel vir jou gee wat ñ vriendin kan, dis oraait & normaal so koester jou vriendskappe!)... sport tyd... lui wees tyd... mal wees tyd... "af" wees tyd... moenie dink jy gaan altyd verstaan of kan help nie, en so ook nie hy nie. Dis oraait! God weet & sal jul lei & leer.
♥ Sê jy is jammer... omdat jy iets kleins (of groots) vergeet het, omdat jy onsensitief was, omdat jy selfsugtig was, omdat jy "aangeneem" het of omdat jy misverstaan het... daar is niks so bevrydend soos om jammer te sê.. en LAAT DIT DAN GAAN!!!
♥ en laastens... om nie "kwaad te gaan slaap" is ñ KLUG... in ñ regte-egte huwelik gebeur dit wel... die bélangrikste deel is dat jy nie die duiwel moet toelaat om leuens tussen julle te bring... so hou aan kommunikeer & bid. Mens fight soms oor dieselfde ding ñ klomp keer... dis normaal! Hou net aan om daaroor te praat & die Here toe te laat om met jouself te werk daaroor... onthou: jou man is Sy seun... as jy ñ probleem met hom het, vat dit op met sy Pappa!!! En raak dan rustig daaroor!
Geniet mekaar en al die lekker van vir-altyd-saam-wees!
Liefde
Marne

Ag dankie Vriendin - kan jy glo hoe getrou is God... (Ekt skoon vergeet om hierdie blog van jou te lees.... ek wou een aand - einde verlede maand toe is my data op my foon klaar... en net nooit weer daarvan onthou nie!!!) Wel Hy herinner my toe daarvan nou so rukkie terug... Raai hoeveel dit vir my beteken op dié oomblik... ek en Marius het baklei gisteraand,... (vasgesit oor ons oudste se dissipline... )
AntwoordVee uitJys darem maar awesome vriendin... En dankie Here dat U so deur Marne met my praat!!!!!