Die arme Pa's...
So op die vooraand van Moedersdag 2015, met ñ heerlike vakansie agter die rug, sit en peins ek oor die mans en hulle verskriklike verantwoordelikhede en druk wat hulle, en die samelewing op hulle plaas.
Skoonsus het ñ James Dobson praatjie bygewoon en van die oom het ek nog net slim goed gehoor so ek luister graag af... Maar soos mens ook nou al, as kind, met die speletjie "Telefoontjie" uitgevind het, kom die boodskap nooit reg of in detail en met klem op die regte plekke by jou uit nie. Die boodskap wat ek gekry het, is dat oom James sê, dat elke ou sy eie (dissipline) geveg het... m.a.w. daardie ding wat jy ten alle koste wil hê jou kind(ers) moet leer om te doen of nie te doen nie. En ek dink: dit ìs so... dinge uit ons eie kinderdae, wat in ons ingedril (ingeslaan, of soms uitgeslaan) is. Dinge wat ons onsself voorgeneem het ons anders gaan doen... en natuurlik ons eie klein fobies en "fetishes". (Elkeen van ons is mos mar met iets effens paranoid of OCD!) Dinge wat ons, onverklaarbaar intens oor is, tot jou lewensmaat se ontsteltenis (meesal).
En dis toe ek die arme Pa's begin jammer kry, want sien die samelewing maak hulle die Outoriteitsfiguur ("...wag tot jou Pa huis toe kom...") en die kerk sit sommer drié swaar togas op hul skouers: Priester... Profeet & Koning (van jou huis). Dus gaan hulle uit en werk heeldag en dan kom hulle huis toe en moet help "kinders grootmaak", en hulle wìl want die moderne man mag en kan mos alles doen. Maar gewoonlik kom hulle moeg by die huis... en geirriteerd (nooit ñ goeie plek om vanuit te dissiplineer - sien my blog "ñ Kind se grootste vyand...") en die kinders is moeg en geirriteerd ("suicide hour", noem die einste skoonsus dit akkuraat & uit ondervinding) en sy vrou is moeg en geirriteerd...
Maar hy het net sòveel tyd om Pa te wees en ook sý sopie dissipline in te kry, so hy gaan groot... ek het al baie aan die stuk in Kolossense gedink, en dit selfs (heel onvanpas & onregverdig) aangehaal... en ek verstaan hoekom dit spesifiek met die "Vaders" praat...
KOLOSSENSE 3:21 in die Afrikaanse 1983 vertaling stel dit so:
"Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie."
Ek self lees Bybel in Engels en daars niks beter as die Amplified Bybel om ñ ding in detail so te sê nie: Colossians 3:21
"Fathers, do not provoke or irritate or fret your children [do not be hard on them or harass them], lest they become discouraged and sullen and morose and feel inferior and frustrated. [Do not break their spirit.]"
Hierdie ding van "do not break their spirit" is presies hoe ek al in ñ naby-vriendin (met ñ ouer seun) se oor gaan huil het & sy het my verseker sy verstaan présies wat ek bedoel & ek sal myself maar moet inhou want "...Pa's dissiplineer hul seuns anders..."
Kolossense 3:21 in Die Boodskap vertaal dit so:
"Pa’s, moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou verloor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie."
En dan die taalkundig akkuraatste vertaling... Colossians 3:21 New King James Version
"Fathers, do not provoke your children, lest they become discouraged."
Want dis mos ñ báie lelike woord daai: "discouraged"... "moedeloos"? Ek weet nie, dis net nie so sterk woord soos "discourage" nie. Dis die teenoorgestelde van "encourage"... wat ons Ma's die heeldag met ons 'babas' doen. Tot vervelens toe. "Ai-aaaiii!!!" "Mooi Ma se kind!" "Gaan! Gaan! Amper daar! Mooooi!!!!!" En so gaan ons aan van hul begin beweeg tot op die sportveld en van hul kan geluide maak tot met die akademie. Want dìs wie ons gemaak is en dis wat ons wil doen: ons kinders opbou en bemoedig... "encourage", sodat hulle weet wie hulle is en dat ons hulle aan"cheer" en hulle ons stemme in hul harte en ore hoor, selfs wanneer ons nie (meer) daar is nie...
En dìs dan seker hoekom Ma begin wal gooi of verskonings maak, want dis darem nou "heeltemal onnodig die tyd van die dag"... "sò onnodig om so met die kind te raas"... "die kinders is moeg want..." "die kind voel nie lekker nie..." enige verskoning waaraan jy kan dink (wel eintlik hoef jy nie daaraan te dink nie, jou moederlike instink skop net in & gooi die woorde uit), want as jy aan die ánder kant van die dissiplinering staan, lyk dit skielik vreeslik onregverdig... of onnodig... of intens. (En jyself voel nog skuldig oor jou eie onregverdige dissiplinerings metode of die tekort daaraan...) En dis wanneer Pa & Ma begin baklei en dinge word gesê soos: "jy het dubbele standaarde..." of Pa gee sommer net moed op en gee oor met iets soos: "maak jy dan maar die kinders alleen groot..." en afhangend van "watter tyd van die maand" dit is en watter tipe vrou jy het kan dit ñ geskreeu... gehuil... albei of stilstuipe of selfs ñ vrou wat in die kar spring en wegry veroorsaak...
Die arme Pa's...
Ek het nie vir julle raad nie. Ek kan maar net sê: ek het vanaand vir so oomblik besef hoe moeilik julle dit het. Dankie dat julle aanhou... dankie dat julle help en probeer en julleself laat geld. Vergewe ons as ons "sag" is met die kinders, veral die seuns... dis maar seker ñ onbewuste balans wat ons wil gee. Ons belowe ons sal nie "softies" grootmaak nie, maar soek tog sensitiewe seuns wat emosies respekteer, al verstaan hulle dit nie. Ons hou daarvan as julle met hulle stoei en dan hulle leer dat hulle nie mag rof wees met Mamma & Sussie nie. Ons verstaan van báie seuntjies goed glad nie: die praktiese dele van "tollies" en hoe presies dit werk wanneer julle staan en piepie of die onverstaanbare "toughen up", wat ons meen heeltemal onnodig is, maar duidelik vir julle belangrik is.
Maar ek wil jul "encourage" en sê: Ons wardeer julle en is lief vir julle... en bid vir julle! Doen dit asb vir ons ook!
Gelukkige Moedersdag, al die goeie Vaders daar buite!!!

Opmerkings
Plaas 'n opmerking