* ñ Ope brief oor ons mooie Meisiekind...

Liewe Vriend...

Dalk werk jy saam my of dalk is ons saam in die kerk. Dalk ken jy my al lankal en my "hele geskiedenis", maar het nog nie kans gehad (of gesien) om my te vra... oor Zelé nie. Van ons is saam in ñ Selgroep en ons deel elke week ons lief en leed en gebedsversoeke... jou kinders speel om haar maar nie noodwendig met haar nie, want soos jy, verstaan hulle ook nie... waarom sy nie ook opspring en saam hardloop nie... en dan is hul net kind en doen dit en vergeet  van haar, wat steeds op die mat bly sit tussen die boeke... legkaarte en babas, wat nie kan sit en/of kruip of praat nie. Sy is skaam... dalk omdat sy ñ introvert, soos haar Pappa is,  of dalk omdat sy jou onsekerheid, hoe om haar te "hanteer", aanvoel of dalk, en dis die swaarste vir my om te sluk, kry sy skaam omdat haar lyfie nie wil doen wat haar kop en hart sekerlik wil nie...


Want sien... Zelé  het Serebrale Palsie ("Cerebral Palsy"). Dalk het jy al die woord gehoor, of daaroor gelees. Ek het die woord geken en dis al... ek weet al bietjie meer maar glo ook dat kennis jou geloof sleg kan pootjie, so ek "google" nie te veel daaroor nie en laat die lewe my dan maar leer, asook ander mense wat God op my pad stuur en gebruik. Daarom vertel ek vir jou in leeke-taal, nie omdat ek jou intilligensie onderskat nie, maar omdat dit myne is... CP is ñ baie breë term vir ñ klomp simptome of "beelde", soos ons verkies om daaraan te dink. Sy toon die beeld van ñ Spastiese Dipleeg. Dit beteken haar bene en arms (di-pleeg) word geaffekteer deur ñ spastisiteit. Dit word veral vererger deur moegheid (fisies & emosioneel), opgewondenheid  en stress. Haar beentjies maak reguit (ekstensie) & haar armpies trek in (fleksie). En dit is hoekom sy tot na haar 3de verjaarsdag moes oefen, voor sy kon begin kruip. Sy is ook sensories sensitief, dus kan haar sintuie haar nogal oorweldig, sodat sy heeltemal "vries" wat beweging betref. Haar groot bewegings: rol, sit, kruip & loop word die meeste geaffekteer en in ñ kleiner mate haar klein spier beheer.
(*Korreksie van Susanne: diplegie is slegs bene, of onderste helfte van die liggaam. Daar kan oorvloei na hande plaasvind, maar Zelé se handfunksie word belemmer deur "swak" rompkontrole/balans. Dit maak dat sy haar arms naby haar liggaam hou.)

Ons het reeds rondom haar eerste verjaarsdag begin met Arbeidsterapie, by ñ wonderlike "Neurological Developmental Therapist" - Susanne Arends, wat reeds 30jr+ ondervinding het as NDT.

Haar slagspreuk is: "Empowering the Parent" en Susanne leer mens werklik om haar terapeuties te hanteer, sodat élke beweging bydra om haar te leer wat haar lyfie kan doen en om nuwe senuweepaadjies te vorm. Die heel belangrikste is dat Susanne ñ toegewyde vrou van God is, wat in volkome afhanklikheid elke pasiëntjie en terapie-sessie aan Hom oorlaat. Sy glo in wonderwerke, omdat sy dit in haar beroep sien en toelaat en dís wat ons ook voor bly bid en glo.


Een ding wat Zelé wel baie goed kan doen... seker beter as ons, wat nie so ingestel en sensitief is nie, is om mense se houding teenoor haar "op te tel". Sy is nie dom nie, inteendeel is sy baie intilligent en dis nie net I.K. maar ook E.K. Sy is soos ñ Polisie hond, wat kan "ruik" dat jy onseker en bang is om... met haar te gesels... met haar te speel... of haar op te tel... dis ñ algemene, en seker ook on-intensionele menslike fout: om te dink as iemand fisies gerem/gestrem is, is hul ook verstandelik... dit maak SO seer maar ek verstaan... maar gee haar ñ kans: soveel persoonlikheid, aandag aan detail en liefde het jy nog min in so klein lyfie teëgekom. Sy praat dalk sag, maar hóór... dis duidelik en intilligent en sy is báie skerp en snaaks (natuurlik moet sy wees, sy het vir my en Dewald as ouers). Daarom wil ek jou aanmoedig om die tyd en moeite te vat om haar te leer ken... en die kans op ñ  kosbare, praktiese lewensles ook vir jou kinders te leer: herhinner hulle daaraan dat Jesus vir Zelé BAIE spesiaal gemaak het en dat sy bietjie langer vat om te leer loop, soos wat ons vir Kersfees en allerhande ander dinge, wat die moeite werd is, moet wag. Herhinner hulle dat hulle saam haar moet sit en speel en haar moet aanmoedig om saam hul kruip-speletjies te speel - sy is mal daaroor en raak by die dag beter daarmee, sodat sy die voorreg kan hê om jou kind(ers) as maat by te kry en jou kind(ers) dieselfde voordeel kan geniet om haar te leer ken, asook die kosbare begrip nou reeds te leer dat almal nie dieselfde is nie maar dat almal spesiaal is, as jy die keuse en tyd maak.

Wie weet... dalk leer jy dan saam my, elke dag, dat Holland nie so slegte plek is nie...

"I am often asked to describe the experience of raising a child with a disability - to try to help people who have not shared that unique experience to understand it, to imagine how it would feel. It's like this......

When you're going to have a baby, it's like planning a fabulous vacation trip - to Italy. You buy a bunch of guide books and make your wonderful plans. The Coliseum. The Michelangelo David. The gondolas in Venice. You may learn some handy phrases in Italian. It's all very exciting.

After months of eager anticipation, the day finally arrives. You pack your bags and off you go. Several hours later, the plane lands. The stewardess comes in and says, "Welcome to Holland."

"Holland?!?" you say. "What do you mean Holland?? I signed up for Italy! I'm supposed to be in Italy. All my life I've dreamed of going to Italy."

But there's been a change in the flight plan. They've landed in Holland and there you must stay.
The important thing is that they haven't taken you to a horrible, disgusting, filthy place, full of pestilence, famine and disease. It's just a different place.
So you must go out and buy new guide books. And you must learn a whole new language. And you will meet a whole new group of people you would never have met.

It's just a different place. It's slower-paced than Italy, less flashy than Italy. But after you've been there for a while and you catch your breath, you look around.... and you begin to notice that Holland has windmills....and Holland has tulips. Holland even has Rembrandts.

But everyone you know is busy coming and going from Italy... and they're all bragging about what a wonderful time they had there. And for the rest of your life, you will say "Yes, that's where I was supposed to go. That's what I had planned."

And the pain of that will never, ever, ever, ever go away... because the loss of that dream is a very very significant loss.

But... if you spend your life mourning the fact that you didn't get to Italy, you may never be free to enjoy the very special, the very lovely things ... about Holland.

WELCOME TO HOLLAND

by
Emily Perl Kingsley.


Opmerkings

  1. Mag God jul as ouers (en wonderlike ouers daarby) ryklik seen, en ook vir Zeletjie, sy gaan nog groot werk vir Hom doen eendag xxx

    AntwoordVee uit
  2. Dankie hiervoor. Ons verstaan nie altyd nie. Maar sal harder probeer

    AntwoordVee uit
  3. Mag ek hierdie post deel, Marne? Jy skep so ñ goeie perspektief. Dit moet gedeel word... Dis so ñ waardevolle les...

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...