Goeie Vrydag... Goeie leerskool!
Goeie Vrydag se oggend het ons almal na die Laerskool se pawiljoen toe gegaan vir ñ gekombineerde kerkdiens.
Dit is iets wat ek al baie lank baie trots op is & ek glo God glimlag ook daaroor. Want hoeveel dorpe... of gemeenskape, of wat ookal mense in bly, kan sê dat AL die Christelike kerke ñ diens saam kan hou? Nie net Afrikaans en/of Engels nie maar die jaar was daar ook ñ Zoeloe (?) gemeente(s) betrokke. En dis van die APK's tot die Charismate. Wat ñ voorreg en iets om te aanskou (soms met ñ glimlag wat jy moeilik aan sluk!)
So het daar ñ swart gesin skuins-voor ons op die pawiljoen kom sit. (Ek noem die kleur omdat dit die storie beter vertel, nie omdat dit ñ issue is nie...) Pragtig aangetrek: nie té deftig mar respekvol, as jy weet wat ek bedoel? En daar was ñ koor van om-en-by 6 swart mans & vrouens, wat pragtig voor gesing het, soos die mense hulle plekke ingeneem het en dìs waar my openbaring begin het...
Die wit mense het gaan sit & dalk hier-en-daar gegroet (seker die charismate), maar die res het maar die program en boekie wat jy gekry het deurgeblaai... en weer... en weer... en weer. Of die koor bekyk, met so peinsende uitdrukking. Maar nie dié gesin nie. Nee, hulle het gaan sit, hulle handsakke & programne neergesit & begin saam klap en saam sing, terwyl die pawiljoen hulle ritme net-net kon beteuel. Met die volgende lied was hul op hul voete en het met volle oorgawe God aanbid. (Terwyl sommige wittes hul aangluur & ander probeer om te maak of hulle nie kyk nie) en dáár is die eerste rede hoekom hulle ons land verander (ons fokus meesal op die "ten slegste"), want HULLE GEE NIE OM WAT ANDER VAN HULLE DINK NIE. En wanneer jy besig is om God te loof & prys is dit présies wat Hy wil hê. Ons almal ken die laaste Psalms: laat alles wat asem het die Here loof... loof Hom met die trom & simbale... loof Hom met hande klap en jou stem (goed dalk staan dit nie presies so maar dis waarop dit neerkom!).
En in die Oorwinningslied sing ons: Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo. Blaas basuine, slaan op tromme & kom dans voor God se oë... dis nie Iron Maiden wat dit geskryf het??!! Dis Gees-geïnspireerd en hoe God se volk nog al die tyd Hom loof! Sy uitverkore volk, die Israeliete! Dis hul kultuur & manier en dis wat God van hou. Maar ons... nee ons SIT... selfs al wil jy saamdans en klap sal 80% bly sit, en die 10% wat staan sal staan omdat hul bang is of sò akkomoderend dat hul tog enigiets sal doen dat ander nie uit, of onwelkom voel nie. Is dit nou nodig? Want... hulle gee inelkgeval nie om nie!!! "Spitefull people spite themselves..."
Toe die koor begin met ñ nuwe lied, waar ons hul kan ego, doen die gesin dit dadelik... selfs al is dit Afrikaans en hulle aksente obvious. Want, hulle is natuurlike volgelinge... (en sê die spreekwoord nie: ñ goeie leier is ñ goeie volgeling?) Wanneer outoriteit vasgestel is, volg hulle sonder om te wil dwars trek of af stig of kla, soos ander so gereeld doen. Hulle VOLG in detail en slaafs. En dìt, wanneer jy in verhouding met God staan, is présies wat Hy wil hê. Hy is die Alfa & die Omega! Hy is die Begin & die Einde. Die Een wat was... en is... en weer sal kom.
En dìs wat ek Paastyd kom leer het by die wat ons land nou heers en voor vra van Hom wat my, en ook baie van hulle se Vader is en oor die heelal heers...
"Here, leer my om U te dien en volg en te loof en prys sonder inhibisie... sonder om mense te wil tevrede stel of nie tevrede stel. Mag my liefdesverhouding met U intiem wees en ek U slaafs navolg, want U is my Here en ek wil U dien en U dissipel wees! Amen"

Wow... leersaam... mag ek ook so boek vir ander wees... sonder dat ek 'n woord hoef te sê...
AntwoordVee uit