Van kinders...
Vandag het ñ vreemde ding gebeur... jy weet daardie dae wat jy terugverlang toe jy nog enkelloper was.. of pas getroud... of besigheidsvrou... of jy onthou sommer net dinge wat jy toe gedoen het of kon doen en nou nie meer kan. Wel, vandag het ek saam ñ vriendin gekuier & Demar & Zelé was by Speelskool & haar tweeling nie... en toe help ek die een om (heel onverantwoordelik op vele maniere) die laaste konfyt uit die bakkie te eet met ñ (darem stomp) mes... en toe dink ek: iemand wat vir ons sit en kyk sal dalk dink ek is haar enkelloper-vriendin wat met die kinders help??!! Hoe vreemd! En eintlik het ek ook ñ tweeling!!! :) Ek moet bely, ek was nog nooit goed met kinders nie... of sal ek sê "slim" met kinders. Ek meen, om een of ander rede het hulle van my gehou-ek hoop dis omdat my gesig oop & eerlik was... maar ek was nog altyd lomp om te weet wat moet ek nou praat of saamdoen. Ñ "ongemaklike stilte" tussen my en ñ drie... vier...vyfjarige... ...