Plasings

Wys tans plasings vanaf 2021

die brawe vrou

Prent
Ek wil jul vertel van ń brawe vrou: ń vrou wie se geliefde dood is. Daardie vrou staan elke oggend op met ń bewustheid van die grootste verlies denkbaar. Soms het die bewustheid haar in die nag wakker gemaak met ń wrede droom, of soms met ń bittersoet een. Die bewustheid is soos ń swaar jas wat sy om haar dra: sommige dae is dit amper ondraaglik en swik sy onder die swaar en druk, maar ander dae: winter dae... is die jas meer draaglik en amper gemaklik, maar die drukking is steeds swaar en tap haar energie en daag haar elke dag geestelik, emosioneel en fisies uit. Die vrou se dae word aanmekaar geweef met verlang en heimwee op "gewone dae" en intense gemis op verjaarsdae, ń huweliksherdenking (dit was 45 jare, wat hul voor sy dood saam gevier het) en vakansiedae soos Kersfees. Hierdie is reeds die tweede Kersfees sonder hom, maar die eerste was so kort na sy heen gaan dat dit in ń waas van onwerklikheid verby gegaan het. Daardie vrou het Saterdag saam met haar jongste: die la...

Pa...

Prent
Ma, ek skryf vir jou 'n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer 'n kaalvoet gedig - want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie. Antjie Krog Pa, ek skryf vir jou 'n gedig sonder fênsie leestekens, al was jy nogal goed om te weet waar fênsie leestekens kort en astrand om dit ook nie te gebruik as jy rym nie. sonder woorde wat rym, anders as Pa se rymelary... sonder bywoorde net sommer 'n kaalvoet gedig, want my kaalvoete laat my altyd dink aan Pa se kaalvoete en hoe Pa geniet het om kaalvoet te loop totdat die "ouderdom" Pa gedwing het om Crocs te dra. Ek onthou hoe Ma Pa se voetroom ingepak het in die badsak...

Stertswaai lekker

Prent
Wat as mense ń stert gehad het... dis ń vreemde gedagte, né, maar hoor my uit... Ons het twee worshond babas gekry die 31ste Mei.  Ek weet nie of ander honde so opgewonde kan raak nie, maar hierdie twee kan en hulle sterte is waarmee hulle dit wys. Selfs as hulle lankal bedaar het en ophou krap en spring en knibbel (en piepie) het, dan waai daardie stert so, dat hulle steeds sukkel om reguit te loop. Nou wat as ons ń stert gehad het: iets wat so duidelik en eerlik vir ander sê wat in ons gemoed aangaan. Wat soms so op sy eie waai, om ons te herinner dat ons vir die persoon wat by ons is lief is.  Dat ons opgewonde is oor eenvoudige dinge soos ń bord kos of ń bietjie ekstra aandag.  Dit moet vreemd wees om so met jou hart op jou mou te loop, of jou stert op jou boud maar ook so bevrydend! Veral ons reuntjie, Tjommie kan glad nie sy stert beheer nie, dit ruk sy hele agterstewe heen-en-weer, dis vir my so oulik! Kan jy jou indink as jy so kop-onderstebo deur die Mall loop en...

Negatief of Positief...

Prent
“Jy moet potitief wees...” dis wat ek onthou my “bababoetie” altyd gesê het, omdat my Ma dit altyd gesê het: dat jy moet positief wees. Hoe ironies dat almal deesdae ‘n "positiewe toets" vrees. Dat dit jou gesondheidsstatus beskryf en dat almal wil negatief wees en nie meer positief nie. Ekself is defnitief ‘n positiewe mens, ‘n optimis... die teenoorgestelde daarvan sal dus seker negatief of 'n pessimis wees, alhoewel die pessimiste mos eerste is om te argumenteer dat hulle net realisties is, en nie pessimisties nie... Hierdie blog gaan oor my teorie van Positiwiteit vs. Negatiwiteit. Kyk, soveel mense wat daar op die aarde is soveel profiele en persoonlikheidstipes en evangelisasiestyle en dinge is daar. Die een het boompies – 4 van hulle en die ander het liefdestale – 5 van hulle en die ander het kwadrante en spirale... nie rêrig, maar miskien wel, want jy is mos nie net een nie, jy is gewoonlik 'n kombinasie van 2 of so en jy is meer dominant of gemaklik me...

Wys jou spuit...

Prent
Ek sit in die ry... vir my 1ste inenting... daai inenting ja. Dis Julie... ek het al in Maart die eerste keer geregistreer, en toe ek die Termes & Voorwaardes van die "Sisonke trial" lees, het ek die skakel net weer toegemaak... Toe het ek dit wéér oop gemaak, wéér gelees en wéér toe gemaak. My gedagte was: "...as ek deel is van ń "Medical trial", wil ek ten minste daarvoor betaal word, soos in Londen..." en selfs in Londen was ek te bang om dit te doen, vir goeie geld! Toe maak ek dit weer oop, merk daardie Termes en Voorwaardes blokkie, nadat ek dubbel seker gemaak het ek hoef geen monstertjies vir hulle te gee, ooit... as ek nie wil nie, en ek is geregistreer... en ek wag... Intussen bid ek... ek bid vir vrede, want ek doen niks sonder vrede nie en sover het ek nie vrede om die inenting te kry nie. Ek sien die radikale dinge wat gedeel word op sosiale media oor al die "sleg" van die inenting: "Doom & gloom" is die woord wat...

Die skewe skildery...

Prent
Dis die beeld wat ń wyse Universiteits-vriendin die week vir my gegee het, as vergelyking van hoe sy voel haar Pa se dood haar lewe beïnvloed het... "Dis soos ń skildery in een van jou kamers, wat skeef hang... en jy mag dit nie reguit skuif nie... dís hoe dit voel..." Nou kyk ek is nie die O.C.D.-tipe nie, maar ń skewe skildery pla steeds en as jy my Pa se kind is dan maak jy hom self reguit. En dís die probleem: jy kan dit nie reguit maak nie... jy kan nie eers iemand bel of laat kom om die skildery reguit te maak nie, want daardie skildery hang agter ń onbereikbare muur. Die muur van ewigheid... "Maar Abraham sê: ...buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.’ Lukas 16:25‭-‬26 (Afrikaans 1983 vertaling) Hierdie teks verwys nie na die skeiding van lewe en dood nie, maar dit is hoe dit vir my voel dit is... daardie groot kloof. Soms is m...

Lewe-kleure...

Prent
 "Toe Mack opstaan en omdraai om Jesus te volg na die agterdeur, voel hy 'n hand op sy skouer en draai weer terug. Sarayu het naby hom gestaan, en ingedagte na hom gekyk. "Mackenzie, as jy my sal toelaat, sal ek graag vir jou 'n geskenk wil gee vir vanaand. Mag ek jou oë aanraak en dit genees, net vir vanaand?" Mack was verras. "Ek sien goed, of sien ek nie?" "Eintlik", antwoord Sarayu verskonend, "sien jy baie min, selfs al sien jy as mens nogal goed. Maar net vir vanaand, sal ek graag wil hê jy moet 'n bietjie sien van wat ons sien." "Raak dan asb. my oë aan", stem Mack saam, "en selfs meer, as dit nodig is." Soos sy haar hande uitstrek na hom, maak Mack sy oë toe en leun vorentoe. Haar aanraking was soos ys, onverwags en verfrissend. 'n Heerlike bewing het deur hom gegaan en hy het sy hand uitgereik om haar hand teen sy gesig vas te druk. Daar was niks daar nie, toe maak hy maar stadig sy oë weer oop. ...

ń Permanente indruk...

Prent
Een oggend, dieselfde oggend wat Ma vir ons vir die eerste keer "alleen" kom kuier het, het ek wakker geword met ń simbool in my kop. Dit was my Pa se handtekening. My Pa het altyd vir my ń baie netjiese handskrif gehad, en sy handtekening was vir my nét so netjies én mooi: Die "J" het ń skerp punt stert gehad en die kop het hy so halfmaan, los van die rug gemaak. Te danke aan sy kort naam "Jan", kon hy dit heeltemal binne-in die "O" van Oberholzer (die lang deel) laat inpas. Die res van sy van is in vinnige, maar netjiese "lopende skrif" voltooi.  In daardie selfde lopende skrif het hy vir ons gediggies geskryf wanneer ons verjaar, of wanneer ons ń boek kry en so nou-en-dan ń briefie by jou kamerdeur. Ek onthou nog goed die een in Meyerspark, by my deur, wat met my raas oor my deurmekaar kamer: "Marne, hierdie is nou nie hoe ń dogter, ń toekomstige Ma se kamer moet lyk nie. Ruim asb. op. Ek en jou Ma wil nie weer hieroor praat nie...

...rou

Prent
  “...die ervaring van verdriet is hoogs geïndividualiseer en het nie ‘n vaste volgorde nie. Sommige van die vyf fases kan afwesig wees, sekere ervarings kan meer as een keer en/of meer prominent wees en die stadiumsverloop kan stadiger en/of vinniger wees. Die ouderdom van die person wat rou en die oorsaak van dood kan ook die rouproses vorm en verander... ” Vandag is dit presies 1 maand vandat Pa hemel toe is. Ek weet hy is hemel toe, want hy het geweet dis waarheen hy gaan as hy dood gaan, so nou weet ek dit... En in hierdie maand het ek heelwat geleer van rou en hoe vreemd mense kan wees, teenoor die een wat die meeste rou – sy lewensmaat vir 45 jaar. Ek besef dat mense goed wil doen en bedoel en wil ondersteun, maar ek wil tog die volgende wat ek geleer het, en dalk nog oor vrae het stel: ·           Mens is nie lus vir “uitgaan” nie, jy is soms maar dan is dit vlietend en selfs as jy kans gekry het om ‘n kuier iewers of met iemand ...

In die derde persoon...

Prent
Jou Pa is dood... Dit is wat ek myself hoor dink, wanneer ek toelaat dat die stilte van die oggend my begroet. Wanneer ek die blindings van my kombuis oopmaak en daarmee saam die blindings van 'n nag se slaap toelaat om my wakker te skud. Wanneer ek die prieël sien en die slim plan wat my man uitvoer, wat my Pa uitgedink het - om die voëls weg te hou van die glippertjies, wat hy élke keer bekyk het en hulle élke keer bespreek het wanneer hy kom kuier.  Saam het hulle die eerste jaar, nadat dit gedra het, die prieël gesnoei tot dit gelyk het of daar net 'n paar leë stokke oor is. En dis presies hoe ek voel wanneer ek myself so in die derde persoon aanspreek en die herhinnering my omvergooi: soos 'n wreed-gesnoeide wingerd, wat lyk of dit nooit weer gaan blare kry of vrugte dra nie. Wanneer dit buite begin reën en Dewald spreek sy vroeëre intensie uit, om kunsmis te gooi, wat hy toe nie gedoen het nie, dan besef ek dit is presies die gedagtes wat my Pa elke keer gehad het wan...