Wys jou spuit...

Ek sit in die ry... vir my 1ste inenting... daai inenting ja. Dis Julie... ek het al in Maart die eerste keer geregistreer, en toe ek die Termes & Voorwaardes van die "Sisonke trial" lees, het ek die skakel net weer toegemaak...


Toe het ek dit wéér oop gemaak, wéér gelees en wéér toe gemaak. My gedagte was: "...as ek deel is van ń "Medical trial", wil ek ten minste daarvoor betaal word, soos in Londen..." en selfs in Londen was ek te bang om dit te doen, vir goeie geld!

Toe maak ek dit weer oop, merk daardie Termes en Voorwaardes blokkie, nadat ek dubbel seker gemaak het ek hoef geen monstertjies vir hulle te gee, ooit... as ek nie wil nie, en ek is geregistreer... en ek wag...

Intussen bid ek... ek bid vir vrede, want ek doen niks sonder vrede nie en sover het ek nie vrede om die inenting te kry nie. Ek sien die radikale dinge wat gedeel word op sosiale media oor al die "sleg" van die inenting: "Doom & gloom" is die woord wat in my gedagtes opkom en twee persoonlike ervaringe briek my om die inenting te kry...
1. Toe my praktyk nog by die hoërskool was, was meeste van my pensioenaris-lede op ń sekere bloeddruk... of was dit ń "hartpil" - die detail ontgaan my, maar is nie vir my oortuiging belangrik nie. Na 50jaar, wat die spesifieke pil wêreldwyd voorgeskryf is, is dit skielik onttrek: a.g.v. newe-effekte wat nie geïgnoreer kon word. Nou kyk, dit vat BAIE LANK vir ń medikasie om deur die proses van ontwikkeling en proewe te gaan, voordat dit beskikbaar is vir voorskrif, ń goeie 10jaar meesal - dit weet ek, omdat ek ń Mediese Rep. kurses by die Universiteit van Oxford gedoen het, toe ek nog in Londen gebly het. Dus... wanneer ń middel uiteindelik voorgeskryf word is dit reeds baie lank beproef. Maar steeds, na 50jaar op die mark is hierdie middel onttrek a.g.v. newe-effekte?! My gedagte was: al het die hele wêreld se top Medici saam gewerk om die Covid-inenting so vinnig vrygestel te kry kan níks die waarde van tyd vervang om ernstige newe-effekte te identifiseer of namaak nie... behalwe tyd self nie!

2. As "special needs" ouer is ek deel van ń "special needs" gemeenskap, wat gereeld praat oor inentings. Veral is die kontroversie groot onder die wat outisme as uitdaging het. So inentings-self is ń veelbesproke onderwerp in die gemeenskap, en nie baie geliefd daarby nie, en die bewyse en redenasies is wetenskaplik en gegrond.

En toe word die Sisonke trial gestop... en ek moet wéér registreer!

En ek registreer weer...

Ek kry my eerste SMS om aan te meld by Rob Ferreira Hospitaal:
Hi Marne Nel. You have been scheduled for vaccination on 04 Jun between 10 AM and 12 PM at Rob Ferreira Hospital. Please bring your vaccine code ***-*******-**** and your ID / passport to the vaccination site. If you are a member of a medical aid, you must bring your medical aid card. Please call the COVID-19 Hotline on 0800029999 with queries.

En ek het nog nie vrede nie, so ek gaan nie.

Ek kry my tweede sms...
Hi Marne Nel. You have been scheduled for vaccination on 17 Jun between 10 AM and 12 PM at Rob Ferreira Hospital. Please bring your vaccine code ***-*******-*** along with your ID/passport. You registered as a Healthcare Worker, please bring your employee card/Professional Council Registration as proof of HCW employment. If you are a member of a medical aid, you must bring your medical aid card. Please call the COVID-19 Hotline on 0800029999 with queries.

En steeds het ek nie vrede nie. So ek gaan nie...

En toe kry ek my derde sms, ek moet sê ek was beïndruk dat die "sisteem" uitgewerk het dat ń ander tyd dalk ń beter opsie sou wees, en moontlik die rede hoekom ek die ander twee kere nie opgedaag het nie?
Hi Marne Nel. You have been scheduled for vaccination on 24 Jun between 02 PM and 04 PM at Rob Ferreira Hospital. Please bring your vaccine code ***-*******-*** along with your ID/passport. You registered as a Healthcare Worker, please bring your employee card/Professional Council Registration as proof of HCW employment. If you are a member of a medical aid, you must bring your medical aid card. Please call the COVID-19 Hotline on 0800029999 with queries.

Maar ek gaan steeds nie, want ek het nie vrede nie?!

Ek lees artikels en menings en vra raad vir wyses in my geledere. Ek luister gesprekke af en neem so hier-en-daar ook daaraan deel.

Wat ek sien is dat Christene... radikale, "groot" Christene vrees saai met dinge wat gedeel word oor hoe baie sterftes die inenting veroorsaak, wat nie aangemeld word nie. Oor die verskriklike newe-effekte, wat nie oor gepraat word nie en selfs hoe álmal wat die inenting kry binne 2 jaar gaan dood wees... en ek dink híér het my kop begin swaai, want
HOE
GROOT
IS
JOU
GOD?
...my vriend/vriendin wat hierdie vrees saai? Ek verwoord dit so in ń Whatsapp, wat heeltemal verkeerd verstaan is en ń Facebook-blok veroorsaak het:
Liewe Facebook vriendin, ek stem saam dat mense nie die Covid inenting moet kry nie, maar ek dink dis ń persoonlike saak. Ek voel as Christene mense met VREES, soos "scary Facebook shares", oor hoe die inenting mense dood maak, probeer oortuig dan gebruik jy die wapen van die vyand en maak jou eie geloof goedkoop en twyfelagtig. Want ONS is die mense wat Lukas oor skryf in Lukas 10:19: "Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen."

Nou wat sê ons oor ons geloof as ons die heeltyd mense met vrees probeer vul oor ń inenting???

Ek bel toe daardie Covid-19 hotline, wat onder-aan al die sms'e is, om te hoor wanneer kan ek gaan as ek my vorige tye gemis het en daar word vir my gesê as ek drie afsprake gemis het moet ek weer registreer... maar ek kan nie want die enigste opsie is 60+'ers op daardie stadium. En ek los dit toe maar weer. Later registreer ek weer op V4HCW maar nêrens kan ek regkom of kry ek iets terug nie.

Intussen hou ek aan wroeg en bid en luister skuinskop na vriendinne wat aanhou vra ek moet die inenting kry. Ek dink aan my Macadamia mensies, wat broos is en ek glad nie wil blootstel aan die "gogga" nie. Ek dink aan my man en kinders... wat ek nie wil siek maak nie en ook nie nou al wil "alleen laat" nie. En "toevalligheid" op "toevalligheid" gebeur om vir my, mý vrede te gee. (Ons Christene sê mos altyd "toevallig" staan eintlik vir "toe val die Here se lig"... op ń situasie...)
Ek bid saam, soos altyd, vir mense wat ek ken en ook nie ken, wat siek is met Covid... vir die wat geliefdes verloor a.g.v. Covid en sê dankie saam die wat wonderbaarlik herstel en terwyl ek dit nog bepeins en in my gedagtes herkou gebeur die laaste "toevalligheid"... Dewald, asof telepaties, begin vertel van een van die uitmuntende wetenskaplikes wat hy ken, en ek respekteer. Hy was baie teen-inenting maar het toe wel, na sy eie navraag en navorsing, dit gekry.

En net daar stuur ek ń e-mail, wat lankal in die Biokinetika Mpumalanga Whatsapp groep lê met my details en dilemma en kry gou die antwoord: as jy geregistreer is... gaan net!!!!!

En ek kry ń afspraak en ek gaan...
Oppad kom die vers by my op:
"Maar as iemand vir julle sê: “Die vleis is 'n afgodsoffer,” moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit gesê het en ter wille van die gewete. Ek bedoel nou nie jou eie gewete nie, maar dié van die ander man. “Waarom,” sou jy vra, “moet my vryheid beperk word deur 'n ander man se gewete? As ek iets met danksegging geniet, waarom word daar van my kwaadgepraat oor iets waarvoor ek God dank?” Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God." Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word."
1 Kor. 10:28‭-‬31, 33

En daar is dit... daardie groot gebod: jy moet jou naasste liefhê soos jouself, soek nie jou eie belang nie maar die van baie ander... en dís hoekom ek dit doen: vir die ander om my, die wat ek lief het, die wat ek help, die wat broos is fisies maar ook geestelik. Ek glo! Ek glo dat my God niks in my lewe sal toelaat wat Hy nie ten goede kan laat meewerk vir my, wat Hom lief het (nie)... (Rom.8:28)

En ek het vrede...



Opmerkings

  1. Danke Marne. Jy het n weg met woorde en jy slaan d spyker op d kop. Waardeer

    AntwoordVee uit
  2. Liewe Marne, dankie vir die eerlike deel van jou wroegings, ek kan identifiseer en stem heelhartig saam dat vir die wat in Christus is werk alles ten goede mee en dat niks ons van Sy liefde kan skei nie!

    AntwoordVee uit
  3. Dankie Vriendin, wens meer mense kan jou blogs lees... Waardeer jou!!

    AntwoordVee uit
  4. Thanks for sharing your journey with us and I pray that it will find its way into those who need to hear this message.

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...