Plasings

Wys tans plasings vanaf 2024

Vakansie maak vet!

Prent
Dit moet dit wees, want ek is nou net ‘n week met vakansie en ek is klaar vetter! Dalk is dit die… Vleis? Dit is eintlik al wat ek meer van eet as dit vakansie is. Braaivleis en Skaapboud en Biltong, maar vleis is mos proteïene en is mos nie eintlik veronderstel om vet te maak nie, maar dit moet dit wees! Afskakel? Dis wat ek doen as ek op vakansie is. Ek weet nie eers watter dag van die week dit is nie, ek laat die kinders begaan met hulle ge-TV kyk en het defnitief ook meer geduld met hulle. Ek worry ook nie as die kombuis nie silwerskoon is nie – dis mos waarom die Opwaskamer ‘n deur het en ek 'n skottelgoedwasser het, maar ongelukkig kan mens mos nou nie alles in die skottelgoedwasser pak nie. Maar ek stres nie daaroor nie en alles is net meer ontspanne. Ek sweer dit maak vet?! Kersfees? Kersfees moet vet maak: dalk die kerskoek, wat nou al 3 maande terug gebak is en lekker gedoop is in die brandewyn - dalk tel die maandelikse kalorieë op? Maar ons het vandag vir di...

Dertien jaar...

Prent
 ... dis hoe oud julle vandag is. Elke verjaarsdag is 'n viering van mylpale, sommiges bewustelik en sommiges onbewustelik. Op jou eerste verjaarsdag was dit nog oraait dat jy nie kon loop nie, want jou tweeling boetie kon ook nog nie loop nie. Met jou tweede verjaarsdag het ons al staan-kroek vir foto's goed onder die knie gehad - "pardon the pun", soos die engelse sê. Onbewustelik het ek, soos elke verjaarsdag nader gekom het asem opgehou en harder gebid en sagter geglo, dat jy met jou derde verjaarsdag sal loop... dat jy met jou vierde verjaarsdag sal loop... Later het ek begin vrede maak dat die "loop" tien-teen-een nooit onafhanklik gaan wees nie, maar wie gee om hoe jy loop, solank jy net loop??!! Of dit nou met behulp van 'n loopraam of krukke is.  jy! moet! net! loop! Nog later het ek besef dat die saam-wees belangriker is as die loop. En ek het daarop probeer fokus, maar met elke verjaarsdag was daar 'n deel van my wat steeds na daardie mylp...

Ten spyte van... In spite of...

Prent
 T.S.V. Hierdie afkorting het ek al soveel keer in die afgelope jaar+ gebruik, in bemoedigende Whatsapps vir myself en vriendinne. Want as jy "40-something"" is, dan het die lewe jou al 'n paar klappe gegee. Sommige klap-merke gaan weg, maar sommiges bly, soos daardie kruis wat ons moet opneem en dra, is daar dinge wat net aanhou om ons uit te daag: sommige dae meer en sommiges minder. Nie dat die kruis weggaan of kleiner word nie, sommige dae voel ons maar net sterker en ander dae weeg die kruis 'n ton en kruip ons aan teen 'n slakkepas... ten spyte van! Ten spyte van jou kanker... Ten spyte van jou breinbeseerde, sosiaal uitgedaagde, disleksiese, gestremde kind... Ten spyte van jou groot verlang... Ten spyte van jou finansiële uitdagings... Ten spyte van jou outo-immuunsiekte... Ten spyte van... Dan laat dink dit my aan Habbakuk se skrywer wat die ander groot word gebruik NOGTANS! Nogtans, sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God my redder! Deur ons, te...

Die identiteit stryd...

Prent
Een oggend gesels ek en 'n hartsvriendin so tussen-deur haar gym sessie oor die dinge wat pla, die dinge wat frustreer en irriteer en bekommer. Sy is 'n Ma van 3 laerskool seuns met 'n man wat sy eie besigheid en boerdery het en uit 'n familie kom wat sport-mal is, so sy is besig! Verder het sy ook 'n "A-tipe" persoonlikheid, soos sy dit noem, en dis eintlik maar net 'n lettertjie vir iemand wat perfeksionisties is en hou van detail. Wat wonderlik is vir haar man en seuns en mense, maar nogal erge druk op haarself sit, want daar is net sòveel ure in 'n dag, mens kan net sò vinnig van Witrivier af Nelspruit toe ry en daar is net sòveel detail, wat jyself kan doen, en daarna het jy òf hulp nodig (dié tipe persoonlikheid vra ook nie maklik vir hulp nie), òf jy moet, tot jou eie frustrasie dit net los... En ek kry hierdie openbaring, terwyl ons gesels, wat ek voel ek moet neerpen voordat dit verdwyn, 'n openbaring oor die vrou se identiteit stryd.....

Dood gaan werk in kleure...

Prent
 ...ek bedoel... mens sien kleure wanneer een van jou geliefdes dood gaan, jy soek dit, asof die swart kleed van die dood, wat alle kleure absorbeer, die een in jou gedagtes meer beklemtoon. Toe my Pa dood gegaan het, was dit blou. Ek hou nie regtig van blou nie, maar dis asof die kern van my bestaan, wat diktee dat seuntjies "blou" is en dogtertjies "pienk", wakker word en die belangrikste "blou" in jou lewe uitlig en laat onthou. Ek onthou hoe ek die agtergrond van my Whatsapp opdaterings spésifiek blou gekies het, asof daardie dwing van die agtergrond kleur ook die lewe kon dwing om te verander en die nuus om goed te wees...  om met die regte blou die kleur van sy oë te kon ego en dit so oop te hou en lewendig te hou. Ek het dieselfde beleef toe my vriendin se Pa hierdie week hemel toe is: selfs die rooi hartjie, wat 'n terug antwoord was op boodskappe, het sy blou gemaak: die groottes en die kleintjies, asof ook sy wou eer bring aan haar eerste lie...

Hoe naby is jy?

Prent
"As ek stil word, om by U te wees Bedaar my hart se donker vrees. As ek U hartklop, teen my wang kan voel Dan weet ek wat U Woord bedoel. U is Wonderbare Raadsman U is Magtige God U is Ewige Vader U is Vredevors" Hierdie lied het my nog altyd diep geraak, en spesifiek die deel van die hartklop wat jy teen jou wang kan voel... hoeveel keer was jy al so naby aan iemand en so stil, dat jy nie hulle hartklop net hoor teen jou oor nie, maar vóél teen jou wang?! Hoe hard en ritmies-reëlmatig moet daardie hart nie klop om dit te kan voel nie. Hoe intens en vol liefde moet die Persoon, aan wie die hart behoort nie voel, vir die een wat met hul wang op Sy bors rus, sodat Sy hartklop gevoel kan word nie... Dis hoe ons ons lewens begin het: bewus van 'n konstante klop...klop...klop-ritme van die oomblik wat die wonderwerk van ons nuwe lewe in die baarmoeder begin het. Later het ons ons eie hartklop gekry, om en by 28 dae na bevrugting, en het twee, of selfs meer-afhangend met hoevee...

My musiekmurmererings...

Prent
Ek was laas jaar bevoorreg om genooi te word na 'n unieke vriendinne-kuier in 'n sirkel met kerse en liggies en wyn en 'n keurig-gepakde luukse boks van die heerlikste versnapperings: groentestokkies, neute, salami opgerol en olywe en hummus en mooie geknoopte pretzels. Maar wat die heel lekkerste van die kersfeeskuier was, was die musiek! Die gasvrou het vooruit gevra vir jou 5 gunsteling liedjies om 'n speellys te kan maak. Wat 'n wrede ding om te vra?! Net 5?! Wel, ek het gesukkel en gedink en gestuur en dan weer bygelas en nog gestuur. Sommiges het net kunstenaars se name gestuur, maar ek werk nie so nie... detail mense! Detail! En daarom het ek besluit om my eie speellys met my 48ste verjaarsdag saam te stel. Kom stap saam my deur my musiekmurmererings... Ek dink mens se vroegste musiek-onthou is as kind: die musiek wat jou ouers geluister het. Daardie jare was dit plate en kasette. My eerste musiekherinnering wat by my opkom is " Born in the USA" van...

Ek rou...

Prent
...elke dag... rou ek... Ons gaan Wildtuin toe en 'n pragtige langbeen dogter met lang, blonde hare kom in die badkamer ingestap... "hallo tannie"... en ek dink: dís hoe my meisiekind moes lyk... lang bene wat loop en hardloop en ballet dans en netbal speel. Maar nou is ons besig om te sukkel om die rolstoel in-en-uit 'n badkamer te kry, wat op die oog af rolstoel vriendelik is, totdat jy 'n rolstoel het en dit wil gebruik en besef dis glad nie prakties of vriendelik nie, veral nie as die rolstoelgebruiker 'n kind is nie. Ons loop in die winkels en 'n kleine, fyne babatjie waggel verby met 'n groot doek aan. Sy loop, sy hardloop selfs! Dís wat 11 jaar gelede moes begin gebeur het met ons dogtertjie-baba, maar dit het nogsteeds nie, en ek kry 'n jaloers-pyn in my binneste wat my verlam en verleë laat wegkyk. Dan sien ek die rolstoel voor my raak en dink hoe onregverdig dit is dat ek nie eers haar hand kan vashou nie, maar agter haar moet aanloop, om...