Plasings

Wys tans plasings vanaf 2017

Merke... gereed... vreet!!!

Prent
Terwyl ons terugry van ń heerlike paar dae van 6de verjaarsdag vieringe (ja ons is van die bevoorregtes wat verjaarsdag vier in Desember - 5 dae voor Kersfees, om presies te wees) sáám met Kersvieringe, voel ek dis tyd om die blog wat al in my kop is van Kersdag, neer te pen (tik). Hierdie paar dae het ek weer die belangrikheid, simboliek en vreugde van kos beleef. ń Begrafnis... ń Dierbare (skoon)familie lid is skielik oorlede en na die hartseer van die oop graf en die sielsdodenheid van ń (té lang) begrafnis preek, was daar die (hartseer) vooruitsig na die "begrafnis broodjies", nou kyk vele mense het al die perfekte begrafnis broodjie besing, al was dit nie hardop nie: daardie smelt-in-die-mond várs wit broodjie... met fyn gesnyde blaarslaai bo-oor en die vulsels: eier mayonnaise, tuna mayonnaise, ham en kaas en dalk ń Marmite enetjie so tussen-in. Die VLU het begrafnis broodjies tot ń kuns vervolmaak en regdeur Suid-Afrika, word die kuns uitgevoer. By hierd...

'n Bietjie melancholie...

Prent
Gister was ek by ñ gedenkdiens... ñ "memorial"... van ñ 31jarige Pa van die pragtigste 3jarige meisiekind en Wederhelf van ñ mooie vrou. Hulle het mekaar gevind toe hul nog op skool was en "jonk getrou", toe sy maar 21 was. Hoe dankbaar is mens nie nou vir hulle part dat hulle wel het nie. Hulle het mekaar help "grootword" en gesien hoe die ander hom- en haarself soek én vind. Wanneer ek luister na die mens wat Eric was, die manier wat hy geleef het: voluit en intens... sonder om te kla, toe dinge moeilik begin raak het en sonder om te twyfel in sy God se goedheid en guns asook sy geloof, selfs waar ñ ander sñ sou faal... dan wonder mens... Wat sal mense van my sê? Leef ek voluit, intens en as die baken van geloof wat ek graag vir ander wil wees? Raak ek mense se lewens, omdat ek omgee en oplet en moeite maak? Wanneer mense sit en aan my dink en hoe ek met hul praat en hul kosbaar-menswees hanteer, sal hul spesiaal voel en my mis, omdat hulle daardie ...

Jy het mos 'n Ma..

Prent
Elke Dinsdag en Vrydag het ek die voorreg om vir 'n halfuur die oumensies by 'n plaaslike Ouetehuis te help met oefeninge... dis sittend, in hul stoele of rolstoele en baie eenvoudig: eintlik meer mobilisasie as oefen, maar ek het al soveel lewenslesse hier kon leer en dit help defnitief vir my om my seëninge te tel (en te weet waarvoor ek moet bid!) Baie van die mense is verswak: dit was altyd die "frail care" genoem, maar ek sien die naam is nou verander en die "frail" is weggeneem. Ek weet nie of dit polities verkeerd was, of wat die rede vir die naamsverandering was nie, maar ja... verswak is meeste van hul wel. Daar is heelwat met Alzheimers en die lelike ander ding: Dementia. Die voordeel, om met hierdie mensies te oefen, is natuurlik dat jy nie enige moeite hoef te doen om die program en oefeninge interessant te hou of af te wissel nie, want hulle kan nie die vorige keer se oefeninge onthou nie... soms nie eers die vorige oefening in dieselfde oef...

Ek het vergeet...

Prent
Ek het hierdie op Whatsapp by iemand gekry en dit was vir my oulik... nie omdat ek onsimpatiek is teenoor die aaklige siekte nie, maar juis omdat 'n wyse, dapper vrou wat ek ken dieselfde grap kon maak toe haar Ma eers by haar moes bly en toe later Ouetehuis toe is a.g.v. die "duitser"... Maar eintlik is dit sommer net om die blog op 'n "ligte noot" te begin want eintlik voel my gemoed tans maar swaar. Ek het vandag 'n nerf-af besering gekry... toe maak ek dit skoon met 'n watte en water en besef: ek het vergeet... Ek het vergeet hoeveel dit brand! En verstaan nou beter hoekom Demar kerm wanneer ek dit vir hom doen, ek sal volgende keer beter verstaan en meer simpatiek wees. Ander dinge wat ek kort-kort vergeet is hoe moeilik dit is om 'n balans te kry en dan daardie balans te hou. Dis soos om water te probeer vang? Dit glip so vinnig deur mens se vingers! Vandag het ek met die manne by Shell "balans" gedoen. Ons het op ons ...

My vlaggie-metafoor

Prent
(vir Johan & Mari)... Ek glo vas, uit ondervinding, dat die Here vir ons defnitiewe beloftes gee waarop ons geduldig moet wag. Die oortuiging dat Hy belowe het is ñ vaste wete (versekering), soos Hebreërs se samevatting oor geloof: "Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad SAL GEBEUR. Dit is die BEWYS dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak. Omdat ons glo, verstaan ons dat God, deur NET ’n woord te spreek, die ganse heelal geskep het. Dit wat ons nou kan sien, het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie." HEBREËRS 11:1‭, ‬3 NLV 'n Geestelike mentor het altyd gesê: "jy wéét dat jy wéét dat jy wéét"... dis mos hoe ons voel oor ñ belofte van God, maar al is ons oortuig daarvan beteken dit nie dat dit maklik is om geduldig te wees en Sy tyd te eer nie... en Hy wéét dit, beter as enige iemand anders en daarom gee Hy vir ons vlaggies... Nou weet ek nie wat sal jy as vl...

Is jy...?

Prent
"Marne, is jy gelukkig?" Iemand belangrik vra my in 'n onbelangrike oomblik hierdie gelaaide vraag. En omdat dit soveel fasette het en dit op so ongewone tyd gevra word, ruk my hart tot stilstand (en ook my kop) en maak ek 'n grap daarvan... of hét ek, want soos ons deur ons lewens hoor (& te danke aan vele "monkeypuzzles" op TUKS): jou eerste antwoord is gewoonlik reg! Maar deur die dag ego daardie vraag by my en ek besef dis 'n vraag wat ek myself al meer gereeld begin vra het in die laaste ruk. En natuurlik moet mens dan vir jouself 'n definisie van "geluk"/"gelukkig" kry. Wat is die prentjie in jou kop, waarby jou dag... gesin... bankbalans... vriende... jyself moet kom om as "gelukkig" geag te word? Lente (van oom Karoolus) sing: "... is jy dalk bly oor die strikkies op jou kop? Of is jy bly oor jou splinternuwe pop? Wees liewer bly dat jou naam in die hemel geskrywe staan & dat jy aan Jesus beho...

Afsonderlik-ineengestrengel

Prent
Laurika Rauch sing die allermooiste lied: DIE MENSE WAT EK LIEF HET KOM GROEI OP MY SOOS MOS DAAR LAAT EK HUL NA HARTELUS GEDY EN LOOP EK DEUR DIE WÊRELD - BESKUT TEEN DIE KOUE - DIE SNOESIGHEID SELF: EK MET MY MOSKOMBERSIE EN AS DAAR 'N OORLOG KOM WORD DIE MENSE WAT EK LIEF HET 'N EKSTRA LIEFDESLAAG OM MY SO MARSJEER EK DEUR DIE WÊRELD GEPANTSER TEEN DIE VUUR DIE ONAANTASBAARHEID SELF: EK MET MY MENSKOMBERSIE MAAR AS IEMAND WAT OP MY GEGROEI HET WEG MOET GAAN DAN SIT DAAR 'N SEERPLEK DAN SLUIP EK DEUR DIE WÊRELD DIE KWESBAARHEID SELF: EK MET MY SEERPLEK WAT NET NIE WIL GENEES NIE... Hierdie lied praat so met my hart, omdat ek ook ñ moskombers-mens is. Vanaand sit en dink ek aan die stukkies mense wat al lank deel is van my moskombersie, maar veral aan die wat die laaste ruk deel daarvan geword het... Dis so heerlik om kategorie-vriende te hê, wat niks met mekaar te doen het en elkeen ñ eie tipe intensiteit nodig het en bydra tot my lewe. Nog...

My pad vir 2017...

Prent
Hierdie is die pad waarop ek my die oggend van 2 Januarie 2017, te voet, bevind het... Tamboti tentkamp in die Kruger Nasionale Park (of sommer net "Wildtuin"), is waar ek bevoorreg genoeg was om die eerste twee aande van 2017 te slaap. En soos mens maar terugdink en onthou en bietjie nostalgies raak so met die begin van ñ nuwe jaar, het ek op my terugtog van die badkamer die pad as simbool van my 2017 pad gesien. Want daardie stukkie is ook ál wat ons van 2017 sover kan sien. Daar is paaie en mense en situasies wat deel is van jou pad soos daardie paadjie van links... daar is modderpoele, wat heerlik is wanneer jy uit ñ ewigheidsperspektief daarna kyk: beloftes van groenigheid en versadiging, maar net soms loop ons mos en ander dinge dink of kyk en dan trap jy in daardie einste modderpoel en dan het jy geen ewigheidsvisie, net viesgeid en geirriteerdgeid. Want soms kyk ons na modderpoele as beloftes van nuwe lewe en soms is dit net... wel... ñ modderspul en gemors in o...