'n Bietjie melancholie...
Gister was ek by ñ gedenkdiens... ñ "memorial"... van ñ 31jarige Pa van die pragtigste 3jarige meisiekind en Wederhelf van ñ mooie vrou. Hulle het mekaar gevind toe hul nog op skool was en "jonk getrou", toe sy maar 21 was. Hoe dankbaar is mens nie nou vir hulle part dat hulle wel het nie.
Hulle het mekaar help "grootword" en gesien hoe die ander hom- en haarself soek én vind. Wanneer ek luister na die mens wat Eric was, die manier wat hy geleef het: voluit en intens... sonder om te kla, toe dinge moeilik begin raak het en sonder om te twyfel in sy God se goedheid en guns asook sy geloof, selfs waar ñ ander sñ sou faal... dan wonder mens...
Wat sal mense van my sê? Leef ek voluit, intens en as die baken van geloof wat ek graag vir ander wil wees? Raak ek mense se lewens, omdat ek omgee en oplet en moeite maak? Wanneer mense sit en aan my dink en hoe ek met hul praat en hul kosbaar-menswees hanteer, sal hul spesiaal voel en my mis, omdat hulle daardie eienskap van God alleen - Wie goed is, aan hul lywe en in hul gees kon ervaar deur my?
Toe ń dierbare vriendin jare gelede hemel toe is het ek haar gemis... en ek het besef dat elkeen van die eienskappe wat ek die meeste mis eienskappe van God Self is, wat sy uitgeleef het en gereflekteer het, sy was ń suiwer instrument vir die Een wat haar gemaak het om deur te speel. Sal mense my so onthou t.s.v die kere wat ek vals was, omdat ek uit myself geleef het of omdat ek menslik was en selfgesentreerd i.p.v. Godgesentreerd. Sal mense vertel dat ek bereid was om die ekstra myl te loop, in die stofpad langs jou te gaan sit en huil, as dit is wat jy nodig gehad het en steeds daar was om jou teer, óf met ń grap óf ń pluk-wat jy ookal nodig gehad het-op te help. Sal hulle wéét dat dit eintlik min oor myself gegaan het en meesal oor ander... ander naby my hart en naby my mens-wees. Dat ek élke dag probeer het om beter te wees en beter te doen: ń beter Ma... vrou... dogter... vriendin...Biokinetikus en dogter van die Allerhoogste God. Sal hulle weet dat ek vir elkeen wat my lewe raak, gebid het, omdat ek maar so oor alles gepraat het met die Een wat almal en alles gemaak het en in detail ken?
Een van die beste kortfilms wat ek gekyk het was met die titel: "Die Beleefnis": waar die vrou haar eie "beleefnis" reël en dan net daar in die kis lê en luister na wat almal sê... daar was so lekker baie humor in, maar ook diep sake is aangeraak: verhoudings wat afgeskeep is, mense wat hardkoppig is en onvergewensgesind... sulke menslike swakhede en emosies, wat ons almal deel van het. En tog op die ou einde kry jy daar die ewigheidsperspektief: wat is régtig belangrik? Wie is regtig belangrik en waaroor gaan die lewe eintlik... word jou fokus weer ingestel en sien jy situasies weer in perspektief. Dalk moet ons, soos nagmaal gebruik, ń teken en instelling begin maak, vir onsself, om te meet of ons nog die persoon in ons eie "beleefnis" is wie ons wil wees en wil hê ander moet onthou?

Opmerkings
Plaas 'n opmerking