My vlaggie-metafoor

(vir Johan & Mari)...

Ek glo vas, uit ondervinding, dat die Here vir ons defnitiewe beloftes gee waarop ons geduldig moet wag. Die oortuiging dat Hy belowe het is ñ vaste wete (versekering), soos Hebreërs se samevatting oor geloof:

"Wat is geloof dan?
Dit is ’n vaste versekering


dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad

SAL

GEBEUR.

Dit is die BEWYS dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie,

waar sal maak.

Omdat ons glo, verstaan ons dat God, deur NET ’n woord te spreek,
die ganse
heelal
geskep
het.
Dit wat ons nou kan sien, het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie."
HEBREËRS 11:1‭, ‬3 NLV

'n Geestelike mentor het altyd gesê: "jy wéét dat jy wéét dat jy wéét"... dis mos hoe ons voel oor ñ belofte van God, maar al is ons oortuig daarvan beteken dit nie dat dit maklik is om geduldig te wees en Sy tyd te eer nie... en Hy wéét dit, beter as enige iemand anders en daarom gee Hy vir ons vlaggies... Nou weet ek nie wat sal jy as vlaggies sien maar ek deel graag uit my lewe...

Ek het nie ñ dag en datum wat die Here vir my(ons) kinders belowe het nie, maar ek het geweet dat dit een van Sy beloftes is wat deurtrek van die Bybel se tyd. En dat daar ñ defnitiewe stadium gekom het wat ek met Hanna se trane en smekings kon identifiseer.

Een van die toesprake, wat my nog die meeste beïndruk het, was die van Lewis Pugh-die "human ice bear", wat 1km in die Noordpool geswem het. Dit was iets waarvoor hy fisies hard geoefen het en voorberei was. Hy het die béste span in die wêreld, van oral oor die wêreld gehad om hom te help en by te staan, ook o.a. ons eie prof. Tim Noakes. Deel van die span was ñ Sportsielkundige, wat geweet het dat die fisiese uitdaging ñ vulletjie was teen die psigiese. So het hulle, die dag voor sy grootste uitdaging, ñ vlag geneem - wat elke land verteenwoordig het, van sy span. En dit in die ys gaan plant... 100m uitmekaar... 10 vlae, om die 1km op te maak. Elke keer wanneer hy by ñ vlag gekom het kon hy weet daar sal ñ volgende wees, en kon hy net daarop fokus... tot by die eindpunt. Hy kon inzoom op daardie vlag en die mens wat dit verteenwoordig het onthou en eer.


So het die Here vir my teksverse uitgelig: wat ek self gelees het of wat ander gedeel het... obvious baba-belofte-verse en glad nie obvious. Liedjies: geestelik en sekulêr, flieks... noem dit op. Met een moedelose alleen-Wildtuin-toe-ry dag en terwyl ek met Hom baklei oor my belofte, het Hy vir my ñ nommerplaat gewys: TWINZ... ek het ñ ding oor nommerplate en let dit graag op en maak gediggies daaroor en die bakkie was groot & blou... ook het Hy vir my ñ vriendin se naam gegee, na wie dit my (ons) "beurt" sou wees. Ek het dit defnitief geweet, maar steeds probeer maak of ek dalk verkeerd gehoor het. Dit was Julandi... maar my skoonsus is Yolanda & toe sy swanger raak was ek seker dis dan volgende ons beurt... maar steeds het dit nie gebeur nie... Uiteindelik het Julandi swanger geraak, wat die laaste vlaggie moes wees, maar ongelukkig, het ek ook besef dat my vlaggies nie ñ defnitiewe afstand of tyd uitmekaar is nie... maar die Here is nie so "wreed" soos die vyand ons soms laat glo nie en Julandi was maar 3mnd swanger toe ons die "eindpunt" bereik.

Nou is daar nuwe uitdagings... nuwe beloftes... nuwe vlaggies... die Here ís getrou, Hy gee meer as wat ons kan droom. En SAL alles ten goede laat meewerk. Solank ons net onthou...

Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...