Jy het mos 'n Ma..
Elke Dinsdag en Vrydag het ek die voorreg om vir 'n halfuur die oumensies by 'n plaaslike Ouetehuis te help met oefeninge... dis sittend, in hul stoele of rolstoele en baie eenvoudig: eintlik meer mobilisasie as oefen, maar ek het al soveel lewenslesse hier kon leer en dit help defnitief vir my om my seëninge te tel (en te weet waarvoor ek moet bid!)
Baie van die mense is verswak: dit was altyd die "frail care" genoem, maar ek sien die naam is nou verander en die "frail" is weggeneem. Ek weet nie of dit polities verkeerd was, of wat die rede vir die naamsverandering was nie, maar ja... verswak is meeste van hul wel. Daar is heelwat met Alzheimers en die lelike ander ding: Dementia.
Die voordeel, om met hierdie mensies te oefen, is natuurlik dat jy nie enige moeite hoef te doen om die program en oefeninge interessant te hou of af te wissel nie, want hulle kan nie die vorige keer se oefeninge onthou nie... soms nie eers die vorige oefening in dieselfde oefensessie nie. Dit klink dalk wreed, maar ek het ook die voordeel daarvan besef, toe twee tannies aan die begin van 'n sessie woorde met mekaar gehad het en aan die einde groet hul mekaar vriendelik en wis geen een van die lelikgeid 'n halfuur gelede nie?!
So maand terug, kom daar 'n "nuwe" tannie na die oefening toe. Sy word in haar rolstoel gebring en eers moet ek uitvind of sy afrikaans of engels is. Sy beduie geirriteerd vir my dat sy nie kan hoor nie. So, toe oefen ons maar tweetalig. So kom sy elke nou en dan. Die een keer is sy effens blymoediger en oefen saam en die volgende is sy weer so beneuk: sit net en brom en skud haar kop en doen saam net wanneer sy wil - die minimum! Oor die algemeen is sy maar ñ grompot... een of ander tyd het haar gehoor wonderbaarlik verbeter of het sy ñ gehoorstukkie gekry, want soms gesels sy onverwags saam, maar nie oorvriendelik nie.
Maar hierdie Dinsdag oefen ek weer, en ek vertel vir die tannies dat ek nie Vrydag kom oefen nie, want ons hou langnaweek en ek moet nog inpak en ons gaan kamp en...en...en... en hier haak die tannie af en sê:
"Maar jy het mos ñ Ma?!"
Dit was so onverwags, ek het eers nie geweet wat om te antwoord nie... en toe moes ek hard werk om nie uit te bars van die lag nie. Maar hoe langer ek daaroor gedink het, hoe meer veelseggend en dieper het die (eenvoudige) stelling vir my geword.
Want álmal het mos ñ Ma. Sommiges ken haar, ander het haar nooit geken nie... sommiges stap ñ lang pad saam hul Ma en ander se paadjie is kort. Sommiges het die voorreg dat hul Ma ñ vriendin word, maar vir ander word hul Ma ñ vyand, of dalk was sy nog altyd. Sommige Ma's is kwaai, sommiges is cool... twee van my vriendinne het in die afgelope maand onverwags hul Ma's aan die dood afgestaan en dit het my geruk.
René was ñ enigste kind, wie se ouers geskei is toe sy maar 10 jaar oud was. Sy het by haar Ma groot geword en hulle het ñ besonderse verhouding gehad, met vele dimensies en uitdagings. Maar dit was kosbaar en sy mis haar in elke detail van elke dag.
Jeanne is 'n nuwe vriendin en alhoewel ons ñ diep, geestelike vriendskap het, ken ek nie haar en haar Ma se verhouding nie, maar die Whatsapp profile pic, wat sy vir lank op gehad het: van haar Ma wat haar kinders rondom haar koester, het vir my boekdele gespreek.
'n Ma is seker die wonderlikste, uitdagendste en bevredigendste titel wat daar op hierdie aarde is. Daar word baie gesê dat God nie 'n "geslag" het nie, maar tog is die beelde wat ons van Hom kry, deur Jesus, defnitief "manlik". Maar dan vergelyk Hy Homself in die Woord met 'n hen, en juis die manier wat sy haar kuikens onder haar vlerke toevou en beskerm. (“Jerusalem, Jerusalem! ...hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke," LUKAS 13:34). En in die veelbesproke boek: "The Shack" van William P. Young kies God om Homself aan Mackenzie - die hoofkarakter, en ñ man, wat as jong seun deur sy Pa mishandel is - te openbaar as ñ Vrou. Vir sommige was die kopskuif te groot, maar vir my was dit pragtig en perfek. Want Ma-wees gaan oor verhoudings: om die gom te wees van die verhoudings in die huis tussen kinders, tussen ouers en kinders en tussen huweliksmaats en Wie dan anders is die beste Voorbeeld vir die beste Moeder wees as juis die Vader...

Want jy het mos ñ Ma...
en ñ Pa!
Dis Pragtig! en so Waar!! en eintlik so eenvoudig
AntwoordVee uit