Afsonderlik-ineengestrengel

Laurika Rauch sing die allermooiste lied:
DIE MENSE WAT EK LIEF HET
KOM GROEI OP MY SOOS MOS
DAAR LAAT EK HUL NA HARTELUS GEDY
EN LOOP EK DEUR DIE WÊRELD
- BESKUT TEEN DIE KOUE -
DIE SNOESIGHEID SELF:
EK MET MY MOSKOMBERSIE
EN AS DAAR 'N OORLOG KOM
WORD DIE MENSE WAT EK LIEF HET
'N EKSTRA LIEFDESLAAG OM MY
SO MARSJEER EK DEUR DIE WÊRELD
GEPANTSER TEEN DIE VUUR
DIE ONAANTASBAARHEID SELF:
EK MET MY MENSKOMBERSIE
MAAR AS IEMAND WAT OP MY GEGROEI HET
WEG MOET GAAN
DAN SIT DAAR 'N SEERPLEK
DAN SLUIP EK DEUR DIE WÊRELD
DIE KWESBAARHEID SELF:
EK MET MY SEERPLEK
WAT NET NIE WIL GENEES NIE...

Hierdie lied praat so met my hart, omdat ek ook ñ moskombers-mens is. Vanaand sit en dink ek aan die stukkies mense wat al lank deel is van my moskombersie, maar veral aan die wat die laaste ruk deel daarvan geword het...

Dis so heerlik om kategorie-vriende te hê, wat niks met mekaar te doen het en elkeen ñ eie tipe intensiteit nodig het en bydra tot my lewe. Nog lekkerder is dat dit nie net intensiteit is wat verskil maar ook taal... moedertaal... lyftaal en passie-taal. En wat ñ voorreg om dit genoeg te kan verstaan dat hul deel wil word van my menswees maar dat daar soveel grond is wat nog bewerk en geleer moet word. En terwyl hul nie van mekaar weet nie, oorvleuel elkeen tog in my hart & gedagtes...
'n Amerikaanse vriendin, wat nuut in die land, en in ñ huwelik is met ñ boer wat haar hart gesteel het. Maar die onbekendheid dwing 'n diep en innige vriendskap oor kultuur & taalgrense, wat my na haar maak verlang- op hul troue, waar ek nie kon wees veral - en trane in my oë bring met ñ dankie-sê briefie daarna, wat verklaar hoe spesiaal ek en my hartsmense vir hulle is. Wat ñ voorreg om waardeer te word en bevestiging te kry.
Sommiges praat "oefening"... dit wat aan my bekend moet wees vanweë my beroep & passie maar dis totaal onbekend en daarom so heerlike uitdaging. Want wie raak nou nie lighoofdig-opgewonde wanneer hulle besef hulle passie het ñ "added room" gekry?! So kan ons redeneer oor die belangrikheid en toepaslikheid van strekke maar ook kan ek eerlik-kwesbaar herken dat ek onseker is oor nuwe terme en bewegings. En met die nuwe oefening leer ek nuwe mense ken... wonderwesens wat Ma is, maar ook op hulle hande kan staan en push-ups doen! En dan is daar nog ñ seerkry-siel, met soveel diepte en liefde en passie dat ek komplimente spontaan uitdeel omdat sy dit verdien maar ook omdat sy soveel van haarself met my deel. Dat sy my komplimenteer en eer met vertroue... oor gunsteling fliek tot kanker wat teruggekom het by ñ dierbare.

Ander weer, deel in dieselfde uitdagings as ek...spesiale ouers te danke aan spesiale kinders... ouers met meer geloof, hoop, moed en planne as wat vele in hul lewens het, maak hierdie ouers elke dag.



En dan besef ek dít is die grootste eer... om vertrou te word, want vertroue vat tyd... dis iets wat verdien moet word... maar soms vat jy die kans en maak jou hart oop vir iemand wat te veel, toevallige raakpunte met jou het en dalk kry jy seer... word jy teleurgestel of ontnugter. Maar net soms... vind jy ñ skat wat deel kan word van jou moskombersie!

Laat my ook dink aan een van die beste fantasie-flieks ooit gemaak: Avatar... en die boom daarin...

Avatar (2009)

Dr. Grace Augustine: What we think we know - is that there's some kind of electrochemical communication between the roots of the trees. Like the synapses between neurons. Each tree has ten to the fourth connections to the trees around it, and there are ten to the twelfth trees on Pandora... 

Selfridge: That's a lot, I'm guessing. 

Dr. Grace Augustine: That's more connections than the human brain. You get it? It's a network - a global network. And the Na'vi can access it - they can upload and download data - memories - ... 

Dr. Grace Augustine: You need to wake up, Parker. The wealth of this world isn't in the ground - it's all around us. The Na'vi know that, and they're fighting to defend it. If you wanna share this world with them, *you* need to understand *them*. 


Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...