Onvoorwaardelike liefde
Onvoorwaardelike liefde... Is dit nie net die twee mooiste woorde bymekaar gesê nie! God se liefde vir my, Sy sondaar-swakkeling kind... want sien ek glo so: wanneer ons ons hart en lewens vir God gegee het, word ons sondes volkome vergewe. Vir ewig en altyd: wit gewas soos sneeu... maar ons het steeds swakhede, wat ons in sonde kan laat val en dompel, wat ons moet belei en in God se hand moet plaas. Waarvoor ons moet pasop want dìt ìs soos ñ brullende leeu, wat duidelik is op ñ afstand, as die vyand... maar hoe nader jy daaraan kom, hoe meer word jy soos die arme prooi ge-hipnotiseer en staan jy soms doodstil, totdat dit te laat is...
Ek is ñ kwaai ma, ek weet dit en is op ñ manier trots daarop & op ñ manier skaam daaroor. Want kwaai beteken nie noodwendig gedissiplineerd nie en ook nie noodwendig geliefd nie... Ek wil graag hê my kinders moet luister wanneer ek praat... my opdragte uitvoer... dadelik!!! Want as hulle dit nie leer nie sal hulle dalk seerkry, of nog erger... hulle kan doodgaan!!! En is dit nie ñ ouer se grootste vrees nie?! So... ja, ek is streng... streng tot die punt van uitputting... 8uur in die oggend reeds??!! Dis mos nie hoe dit moet wees nie??!! So waar lê die fout? By my?? My dissiplineringsmetode?? Of my kind?? ñ Stadium?? Of ñ ongehoorsaamheid... ongedissiplineerdheid?? O net nie dìt nie??!! Want wie soek nou ñ stoute kind, met geen maniere??!!
Maar dan besef ek dat ek moeg raak, omdat ek oor alles "in die rooi" wil dissiplineer... en die lewe werk mos nie so nie??!! Sommige dinge is rooi-intens en ononderhandelbaar... maar ander dinge is mos oranje...of geel...of groen??!! En om die onderskeid te kan tref & wys te dissiplineer... dìs waar wysheid en insig nodig is, die wat Spreuke van praat. Want hoe leer ek my kind van ñ Hemelse Vader wat onvoorwaardelik liefhet... as ék so baie voorwaardes het. As jy eers dit doen, dán kan jy dit doen of kry. Tot op die punt van "ophou huil" as voorwaarde vir ñ drukkie-dis afterall hoe mens "skeidingsangs" genees??!! En dan dink ek: "watse twak is dit??!!" As hierdie hartseer dogtertjie, soos haar boetie kon rondbeweeg, het sy tien-teen-een aan my been kom hang & die drukkie demand en self gevat, wat sy so mooi voor sit & vra met trane in die oë. Wanneer is dit geldig om jou hart hard te maak en haar in die t.v. kamer te los en te doen wat jy moet, in die kort tydjie wat jy het, omdat jy al heel oggend aandag aan haar gee, met die opdrag: "as jy opgehou huil het oor niks kan jy my roep!!" En mens doen dit...of is dit net ek??!!
Van wanneer kan ek, volgroeide, volwasse, 39jarige vrou altyd my trane verduidelik??!! My angs verwoord of ñ oorsensitiwiteit verstaanbaar maak. Ek probeer ja...soms maar meeste van die tyd is dit met ernstige "hindsight" & heelwat onverklaarbare trane, wat ek dit doen. Nou hòé en hóékom verwag ek dit van my 3jarige dogtertjie??!! Of my 3jarige seun?! Ek beskuldig my man dat hy verwag dat hulle goed begryp, wat ñ 18jarige nog mee sukkel, maar dan doen ek dieselfde en sóveel meer!!
Ja natuurlik moet hul leer opruim... dit help hulle die belangrikheid van struktuur en ge-ordenheid leer, want dis hoe die lewe en wêreld is... maar gaan die wêreld régtig vergaan as hulle nie elke ding eers opruim voor hulle met die volgende begin speel nie? Steel jy nie van hul kinderlike entoesiasme en lewensvreugde oor die kleinste dingetjie, as jy hul elke keer eers stuit en terugroep nie. Ja, jy wil nie vir ewig agter hom opruim nie, maar jy gaan nie!!! En is dit nie juis ñ voorreg wat jy nou het nie?! Wat die ma's wie se kinders uit die huis is enige tyd sal inruil...
Onvoorwaardelike liefde... sien en beleef hulle dit in jul huwelik? In die manier wat julle mekaar groet... met mekaar praat en teenoor mekaar optree? Of is daar die heeltyd selfsugtige self-gelding... as jy so wil wees dan maak ek maar so... hoe sê hulle: "I too can play that game"... hoe vreeslik hartseer en voorwaardelik is dit nie. Is dìt die prentjie wat jy wil hê jou kind moet van die huwelik hê?! En onthou: vroeg-vroeg gaan hul hoor & leer hoe God Homself die Hemelse Bruidegom noem en ons Sy bruid. .. of dat hy die huwelik as simbool van so baie wat mooi moet wees, gebruik!!
Oeeee ek preek nou hard vir myself, maar as Dawid dit in die veld by sy skape kon doen kan ek dit seker hier in die donker in my slaapkamer doen... "Here, U is die God van onvoorwaardelike liefde & wat my eerste liefgehad het & so ook my man & kinders. Ek begeer om ñ liefdesbeeld vir hulle te wys & wees, deur U Gees wat deur my leef & werk. Help my, Here want sonder U is ek niks!! Leer my wat het ewigheidswaarde en wat nie... leer my hoe om in elke situasie regverdig en toepaslik te dissiplineer en bo alles: dat ek die situasie en my lewensmaat en kinders deur U oë mag sien... want ek kom maar net een keer by hierdie paadjie verby... gister is verby & more weet ek nie wat vir my voorlê... vandag is al wat ek het... laat dit tel, Here... vir U en nie vir myself of die wêreld nie..."

"that's why they call it the PRESENT"...
Opmerkings
Plaas 'n opmerking