'n Squat is nié ñ lunge nie...
'n Squat is nie ñ Lunge nie... Ek gym nou al vir 5weke, 3x per week en met elke sessie doen ek funksionele squats. Menende: ek doen "slamball" (met klem ondertoe)... of "wallball" teen die muur (met klem boontoe) of die "battleropes" in squat posisie. So teen dié tyd moet ek nie meer styf word van ñ squat nie, en ek doen ook nie. Maar ander dag besluit ek om bietjie te lunge. Dis mos maar ñ squat op een been... dieselfde beweging, dieselfde spiere wat werk... maar die volgende oggend toe wéét ek: ñ squat is nie ñ lunge nie!
So is baie dinge in die lewe ook. Jy dink jy kan dit vergelyk of dat dit "dieselfde" is maar dan kom jy agter: ñ squat is nie ñ lunge nie! Die eerste ding wat ek aan dink is om ñ tweeling te hê. Om ñ tweeling te hê is nié soos om twee babas gelyk te hê nie. Dis ñ modaliteit op sy eie. Dis ook nie soos om twee babas kort na mekaar te hê nie... en selfs al is jy ñ veteraan met 4+ kinders moet jy asb nie ñ tweeling vergelyk met dit wat jy ken nie... net soos ek nie my tweeling-ouer-wees met jou een of twee of drie kinders-ma-wees kan vergelyk nie,want... ñ squat is nié ñ lunge nie!!
Geestelik is ons ook mos lief om te bemoedig deur te sê: ek weet presies hoe jy voel want... of om clichés te gebruik soos: "die Here gee vir elkeen wat hulle kan hanteer, kyk nou maar..." Haai jong!! Elkeen stap mos sy éie pad met die Here en elkeen het báie gegroei in sommige aspekte en kort nog baie groei in ander aspekte, van hul geloofslewe. Wie is ons om te vergelyk of te oordeel? Eintlik sê die Here mos Hy alleen mag & sal oordeel en ons moet net dankbaar wees... so het ek die wyse raad van my peetma gekry: as iemand jou seermaak of teleurstel, onthou dan dat jou teleurstelling spruit uit die feit dat die Here al méér met jou kon werk op daardie gebied van jul/Jul pad. Vergewe die een wat jou seergemaak het, dank Hom dat Hy met jou besig is en bid vir die persoon, en onthou... ñ squat is nié ñ lunge nie!!!

Opmerkings
Plaas 'n opmerking