'n Blog oor snot... (en ander lyf-dinge)

Dit klink vreeslik, né... maar soos hulle sê: wat die hart van vol is, loop die mond van oor... of sal ek eerder sê: die neus!! Dis omdat (allergiese) ekke alweer met Laeveld-siekte, oftewel Sinusitus sit... eintlik is die ergste nie die sinus nie, maar die Post-nasal drip! Nou kyk, dìt het ek al goed geleer: daar is nìks wat vir Post-nasal drip werk, behalwe anti-histamien, ñ langwerkende een, as jy nie soos ñ zombie deur jou dag wil gaan nie, kortisoon neussproei en seewater sproei-soveel as moontlik! Bykomende behandeling is natuurlik die mees-verdowendste oor-die-toonbank keelsproei wat jy in die hande kan kry (gebruik jou kontakte of omkoopgeld as jy het, as jy iets sterker kan kry wat vir langer "doodmaak"). Die sagste tissues wat jy kan koop en bedel by jou ma ñ kontinentale kussing of by jou pa twee bakstene om jou bed by die koppenent te lig, want dis die énigste "siekte" waar jy goorder voel na jy geslaap het!!! Want daars maar een ding wat post-nasal drip veroorsaak & dis ñ allergie. As jy, soos ek, reeds op anti-histamien en ñ kortisoon neussproei is, dan moet jy dit natuurlik verdubbel... jig!!!

En die ding van so allergiese sinusitus is dat jou neus mos met jou wegloop! Dis asof al die water in jou lyf by jou neus wil uitkom??!! Báie ongemaklik wanneer jy jou kinders se doeke moet ruil... of ñ verslag moet skryf of so iets... en dan gebeur dit...

Jy het die water gestop gekry & die sinus hoofpyn onder beheer & dan is jy geblok... verstop!!! Jou snot het in gòm verander & wil nie uit nie!!! En nou moet jy die gom weer in water verander!!! Dit moet sekerlik die newe-effek van medikasie & lyflike afskeidings wees.  Dìs wat jy kry as jy ñ chemiese middel as quick-fix gebruik. Jy kry die teenoorgestelde probleem??!! Hiervoor werk nét daai seewater-sproei en baie geduld en baie blaas! 'n Wyse Oor-neus-en-keel Spesialis het een keer die raad vir ñ vriendin gegee: as jy iets in die neus wil verander, dan sit/spuit jy iets in die neus. Geen medikasie wat jy in jou mond sit & na die maag toe gaan, gaan enigiets aan jou snot verander nie. En dit maak sin, né?! So basta met die Mucospect of ACC200, wat standaard voorskrif is. Seewater en snuit... dis ál wat help!!!

Soos ek genoem het van chemiese middels en newe-effekte en liggaamlike uitskeidings... dìs dan ook jou loon wanneer jy iets vir diarree gebruik. Nou kyk, ek is ñ voorstaander vir: dit wat die lyf siek maak moet uit... maar wanneer jy alleen by die huis met jou tweeling is, wat nog jou volle aandag nodig het, dan het jy nie die voorreg om te kyk hoe lank is dit voor al die gif uit jou sisteem is nie.  So jy drink daai chemiese middel... ek beveel Pectrolyte aan. Dit proe nes 'Milk of Magnesia' & as dit sò sleg is, móét dit werk!!! Maar wees versigtig... onthou die "teenoorgestelde-teorie". Dìs dan ook hoekom Dewald dit "sement" noem... maar ek dink die eintlike probleem vir Dewald was (soos meeste mans) dat hy nie die gebruiksaanwysings gelees het nie & het nie water saam dit gedrink nie...

Dis natuurlik ook baie belangrik wanneer jy medisyne gebruik... vòlg die voorskrif!!!! As dit antibiotika is - voltooi die kursus!!!! (En sorg dat jy die béste probiflora wat jy kan bekostig daarmee saam gebruik, want antibiotika is gif & maak ALLES vrek!!!!!) En ás jy op antibiotika is vir enigiets van jou maag af boontoe (longe... neus...) MAG JY GLAD NIE ENIGE OEFENING DOEN NIE!!!!! En vir so lank as wat jy op die antibiotika was (bv. 5-dag kursus) MAG JY VIR SOVEEL DAE DAARNA NIE KARDIO-OEFENINGE DOEN NIE!!!!! Dis BAIE BELANGRIK!!!!! Ek ken ñ Biokinetikus wat op 21jarige ouderdom ñ pasaangeër moes kry omdat hy met griep & antibiotika gaan "touchies" speel het!! Jy het net EEN lyf! As jy dit nie oppas... soos my vriendin, René dit so goed stel: "it wìll bite you in the ass"!!!

Dieselfde met gesond eet... genoeg water drink en gereeld oefen. Dis hoe jy gemaak is om optimaal te funksioneer... dis hoe jou ouma se oupa gewerk het en wat jy nou moet intensioneel doen, want ons loop nie meer en bessies soek en dan is dìt die maaltyd nie. Nee, ons ry met ons karre, gebruik die roltrappe & gaan sit by Mugg & Bean en vreet ñ giant-size bloubessie muffin met genoeg gluten & suiker in om ñ rugbyspan se Candida te voed en hul bloedsuiker deur die dak te jaag... en dan wonder ons hoekom sukkel ek met my gewig?

Maar... toe ons gebore is, het ons beweeg & teen die spoed van wit lig gegroei en ons het geweet wanneer ons lyfies vir ons sê ons het genoeg gedrink of geëet. Maar toe begin ons mos leer ons kan daardie boodskap ignoreer en "agter die lekker" aan eet en dìs waar die probleem inkom, want nìks smaak lekkerder (navorsers het bewys dis letterlik glad op die tong) as VET nie! Nou kyk... daar is baie te sê oor vet, maar "vet maak vet" bly steeds ñ feit. En onthou daar is verskillende soorte vette en gesonder of minder-gesonde opsies maar as daar nie ñ balans is nie, dan val dit ook nie in by die homeostase-balans wat die Here ons liggame so wonderlik mee gemaak het nie. Want wanneer ons ingestel is en vir ons lywe luister... dis dán wanneer dit ditself kan herstel!

Nog ñ laaste openbaring "why diets don't work"... jou honger-sentrum (ja, daar is so ding) in jou brein, sit langsaan jou asemhaling-sentrum. Interessant, né? En die twee werk dus nogal ook baie dieselfde: jy is afhanklik van albei se funksionering vir oorlewing. So... wanneer jou kop onder die water gedruk word is AL wat jy aan kan dink, dat jy asem nodig het en wanneer jy dan opkom... wat doen jy? Jy snak na asem! Jy neem méér asem in as gewoonlik vir ingeval jy weer nie gaan asem kry. Dieselfde met die honger-sentrum.  Wanneer jy besluit om te dieët, en skielik minder eet is AL wat jy aan kan dink... kos!!!! En wat doen jy (of maak jou lyf jou doen)... jy neem méér kos in as gewoonlik, vir ingeval jy nie weer gou gaan eet nie... praat van ñ bose kringloop!!! Jou metabolisme word super-stadig & jou lyf gee net energie vir die lewensnoodsaaklike organe. So jy voel lam & tam. En raai wat... dis makliker vir jou lyf om proteiene te metaboliseer (jou spiere bestaan uit proteiene) as vet... so jou lyf begin jou spiere op te eet, voor hy die energie gebruik om vet te verbrand en dus... selfs al verloor jy gewig, is dit spiermassa ipv vetmassa??!! En dìs nie goed nie?!! Ek mag verkeerd wees, maar dis wat ek geleer het en wat ek gesien het en wat vir my sin maak... as jy dink dis sommer ñ bol snot is dit ook okei...

Opmerkings

  1. Lekker gelees, but I beg to differ! Onlangs gelees, geleer en ge-eksperimenteer en ... vet maak nie vet nie! Van jou 8kg ligter maatjie en nou ook Tim Noakes fan! Ps-Onthou vd bee pollen!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Nee Karin, jy het lekker maar nie mooi gelees. Gesien die deel oor verskillende soorte vette & balans? Ek praat v al die vet in geprosesseerde kosse, dìs waar die navorsers vet probeer namaak, anders verkoop dit nie. En dis juis waarvan die "banters" vêr wegbly! Ook stem ek nie saam met die belaglike obsessie en "fatbombs" wat sommige vd "banters" oor aangaan nie, want dis ook nie balans nie. En dis presies hoekom Prof. Noakes soveel uitgehaal word, want mense is radikaal & kan nie self dink nie maar doen blindelings, veral as dit oor gewigsverlies gaan. Prof. Noakes het herhaaldelik gesê jy moet uittoets wat vir jou werk & sekerlik gaan dit vir hom ook oor balans, maar mense ruk die hoender & nou swem alles in vet??!!

      Vee uit
  2. Ai, sterkte met die skete en kwale. Ons sit ook tans met hooikoors. Hoe gaan dit met oefening vir stemme vir Braampie storie?

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. My internet het my in die steek gelaat & ek het nog nie weer stilsit kansie gekry om dit eers uit te print nie-kan jy glo? Maar ek gaan & sien baie uit...

      Vee uit
  3. Leersaam en weereens oulik gese soos net jy kan vriendin xxx

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...