* Kinder-helde

Rom.4:16-21 (Nuwe Lewende Vertaling)

"Die GELOOF is dus die sleutel! God se belofte word as ’n genadeGESKENK gegee en ons as Sy nageslag sal dit baie beslis ontvang – nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar almal wat deel in Abraham se GELOOF. Want Abraham is die vader van ons almal wat glo. Dit is wat die Skrif bedoel het met die woorde: “Ek het jou die stamvader van baie volke gemaak.” By die God in Wie Abraham geglo het, was dié belofte reeds as’t ware ’n werklikheid – Hy is immers ’n God wat dooies lewendig maak en deur Sy roepstem dinge wat nog nie bestaan nie, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is. Teen alle hoop in het Abraham met vaste HOOP geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word op grond van God se belofte: “Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel.” En Abraham se geloof het nie verswak nie, al het hy baie goed besef dat sy eie liggaamlike vermoëns alreeds gedaan was – hy was al omtrent 100 jaar oud – en dat sy vrou Sara nie meer kinders kon hê nie. Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat GOD ENIGIETS KON DOEN WAT HY BELOOF HET." (hoofletters vir klem deur myself ingesit)

Deur Facebook en die wêreld, wat soveel kleiner geword het te danke aan die Internet & selfone, het ek heelwat mense al ontmoet en ñ geloofspad mee gestap, al het ek hulle nog nooit ontmoet nie. So huil ek saam met ñ mamma-vriendin wanneer die uitdagings te veel word en die slegte nuus net nie stop nie, sonder dat ek haar in die oë al gekyk het, of tog wel, maar net op ñ oppervlakkige manier. En elke keer word haar kind en sy en haar mense my held... die een wat my die krag van geloof, maar veral die totaliteit & volkomenheid van God se rus laat besef en beleef. Maar veral die kinders... hulle is helde in die hemel en op aarde, vir ons...

Dis klein Louis... ek het hom leer ken deur my skoonsussie, Mariska, wat vriende is met sy ouers. Louis is vandag 2 maande oud... Louis is 2 maande gelede op ñ Dinsdag gebore... sy Mamma & Pappa se eerste kind, waaroor hulle so opgewonde was.  Maar Louis se geboorte is eers op Vrydag aangekondig...

"Hi, Louis is Dinsdag gebore, maar ongelukkig met 'n baie ernstige chromosoomafwyking - Trisomie18/Edwards Syndrome. Die lewensverwagting is nie baie lank nie,so ons vat dit maar dag vir dag. Hy is huidiglik in NICU en hy doen okay."

Nie die gewone en verwagte opgewondenheid en detail oor gewig en lengte... nee net dat hy gebore is en okay is. Die wetenskaplike in my wou weet wat fout was en hoe lank is ñ "nie baie lank" lewensverwagting?! Ek was platgeslaan toe ek die lees: "Half of infants with this condition do not survive beyond the first week of life.[10] The median lifespan is five to 15 days.[11][12] About 8% of infants survive longer than 1 year.[13] One percent of children live to age 10..."

Louis se Mamma-hulle is ñ wrede klap deur die lewe toegedien, maar soos Abraham het hulle bly glo en leef hulle in Sy rus en Sy beloftes. So vier hulle sy lewe...

Klein Louis is ook in die hospitaal gedoop... en op 17 Januarie het ek die boodskap van Mariska gekry: "Raai wat!? Louistjie was 17:30 vanmiddag ontslaan. Ons is nou by die huis en vanaand begin ons pajama drill."

Bo alle verwagting in is Louis by die huis! Hy is op suurstof & het ñ maag voedingsbuisie, waardeur mamma-hulle elke 3ure moet kos inspuit. Maar hy lééf en daarom kan hulle vir hom ñ pragtige koek bak vir sy 2de vermaanddag. Wie weet wat die toekoms inhou... maar wat hulle wel weet is Wie die toekoms hou en hulle laat Hom toe om hulle as nuwerwetse Abrahams te gebruik om te wýs hoe lyk geloof!

10/07/2015. Vandag was klein Louis se begrafnis... Mariska stel dit so akkuraat op haar Facebook status...

Dankie liewe klein Louis vir jou LEGACY & liefde...

Hierdie is klein Hanno, saam met sy warrior-Mamma Nadia. Ek het vir Nadia leer ken deur ñ vriendin (Therese), wat ook in Amanzimtoti bly, en wie se strooimeisie Nadia was. Hanno is sy Pappa & Mamma se eerste kind en het, toe hy 3 jaar oud was eendag skielik begin hoes. Hy was nie siek nie, hy het net gehoes. Hanno is later Pediater toe en daar is X-strale van sy longe geneem, waar ñ massiewe gewas in sy long ontdek is... dit was kanker. Eers was die nuus goed: "dis ñ kanker wat in kinders se longweefsel voorkom en is behandelbaar met goeie prognose..." Maar toe kom die skok: nee, dis nie daardie tipe kanker nie en dis aggressief... die Onkoloog het die prentjie duidelik en donker vir Nadia & Tiaan geverf: ons kan hom 3x Chemo-terapie gee... as dit nie werk nie kan ons niks verder vir hom doen nie...

Hanno het sò goed reageer op die Chemo... ons het op Nadia se Facebook updates gebid vir die naar... gebid dat hy sal eet, wat hy goed gedoen het... Hanno het beter geword en die kanker was weg! Ons het saam fees gevier en ñ sug van verligting geslaak. En toe kom die hoofpyne... so erg dat hy weer moes hospitaal toe. Die MRI het gewys die kanker is in sy brein... en dis aggressief en onbehandelbaar. Intussen het Nadia uitgevind sy is swanger en moes sy deur die rowwe hospitaal-dae probeer opgewonde wees oor die boetie oppad. Hanno is "huis toe gestuur" om by Pappa & Mamma te wees en die verswakking en agteruitgang was vinnig en hartverskeurend. Later kon Hanno nie meer sit nie... en ook nie meer praat nie. Hy het so seer gehad dat hy nie kon slaap nie en pappa Tiaan het heelnag met hom rondgery, want die vibrasie van die kar het die pyn verlig en die slaap gebring... en na sò ñ nag moes Tiaan werk toe... Hanno is ñ paar dae voor sy 4de verjaarsdag hemel toe... ek kan nie onthou of hy ooit sy boetie Hugo gesien het nie.

Hierdie is Juneldé en haar mamma Rhonel. Juneldé het op 13 Januarie 2013 amper verdrink... ek weet nie wat is die Afrikaans vir "near drowning incident", maar ek weet dat dit nie die absolute lewensveranderende insident beskryf nie. Rhonel blog daaroor op www.juneldemignon.blogspot.com en daarom gaan ek nie detail van daardie dag of al die ander uitdagings en hartseer, verdoemende uitsprake gee nie... ek gaan wel vir julle die dogtertjie wys wat haar mamma elke dag na verlang en glo om weer te sien...

Rhonel en Juneldé leer my van geloof... om wérklik te glo in dit wat jy (nog nie) kan sien nie. Om aan te hou en weer te probeer. Om dankbaar te wees vir als en nog wat. Om jouself te verloor en volkome op te offer vir jou kind. Ek kry baie maal báie skaam vir myself wanneer ek oor Juneldé dink. Ek vra my kinders om my onnodige raas te vergewe en onthou dat, wat vuil is skoongemaak kan word en dat aards maar net dit is... Juneldé & Rhonel herhinner my daaraan dat ek maar net kan (en móét) sit en my kinders kan dophou en geniet, sonder om te wil perform of hul heeltyd iets te wil leer.  

Ek sluit af met nog iets prakties en lewensbelangrik wat ek by Rhonel geleer het (uit haar blog, getiteld "Water"):
"...En tog het die ondenkbare ook met ons gebeur en het Juneldè amper in ons swembad verdrink.  Ek kan steeds nie glo dat dit werklik gebeur het nie, ek was so seker dat ons voorsorg maatreëls genoegsaam was; vlerkies, swembadseil, volwasse en ouer toesig, asook ‘n klein dogtertjie wat kon swem…

Ek spook al amper 6 maande met soveel vrae, hoe kon ek hierdie ongeluk verhoed het?  En dan besef ek, dit word ‘n ongeluk genoem met ‘n rede…Daardie sameloop van omstandighede wat gelei het tot ‘n gebeurtenis wat geen party betrokke nie in ‘n oogwink sou wou omkeer indien enigsins moontlik nie.

Ek wens hierdie ervaring vir geen ouer toe nie, en nog meer vir geen onskuldige peutertjie.  Dus wil ek tog ‘n paar goed uitlig en aanraai, sodat ouers en kinders nie ‘n wangeplaaste gerustheid rondom water sal hê nie. Ouer toesig is uiteraard nie onderhandelbaar nie, maar daardie volwassene moet langs die swembad sit, met geen gebeure of gesprekke wat kan aandag aftrek van die swemmende kinders nie, beter nog, swem saam…As veiligheidsmaatreël is dit nie ‘n kwessie van die een of die ander nie, maar eerder een of meer, maw. ‘n soliede swembadseil, plus ‘n heining om die swembad met ‘n outomatiese sluit hekkie.  Laastens is daar ook op die mark ‘n alarm toestel wat die watervlak dophou en sal afgaan indien die watervlak styg wanneer daar niemand in die swembad behoort te wees nie.  Kinders moet ook geleer word om te swem, maar veel eerder om hulself te kan help in ‘n skok situasie, juis wanneer hulle nie bedoel het om te swem nie, maar eerder in water inval.

Kyk ook in en om jou huis, wateropvangbakke, diere waterbakke, toilette, poele water, hierdie is alles ‘n groot aanloklikheid vir ‘n kleinding, maar net so groot gevaar.  Maak badtyd ook eerder kuier-tyd en moet nooit ‘n kleintjie alleen in die bad los nie, nie eers vir ‘n kort rukkie nie.

En tog is die jammer moontlikheid steeds daar dat ‘n ongeluk kan gebeur, maak dus seker dat albei ouers en oppassers CPR ken en kan toepas, kry noodnommers vir jou area en sit dit op by telefone, veral ambulans dienste.  Maak seker dat mediese fonds inligting by die huis op ‘n sigbare plek opgeplak word, dus kry ‘n goeie mediese fonds!  Lees die fynskrif en verstaan jou fonds-plan.  Indien jou kind ‘n amper verdrinking ongeluk gehad het, dring aan om by dr. Bartlett in Garden City uit te kom, jy is geregtig daarop.

Meer as enigiets, geniet water, geniet water saam met jou kinders…Water is ‘n geskenk van ons groot God, waarin Hy in Sy volmaakte plan iets van Sy lewe en die bron van lewe met die mensdom wou deel.  Tog wees bewus daarvan dat juis hierdie water in ‘n oogwink jou lewe onherroepbaar kan verander.  Ek wens vir geeneen dit toe om soos ek nou, na 6 lange maande, steeds lang ‘n liefdevolle, perfekte maar beseerde 3 jarige se ICU bedjie te waak nie.  Weet net, dit gebeur in ‘n oogwink…"

(Van die detail kan ek dalk verkeerd onthou en vra ek plegtig om verskoning voor, maar dis wat ek onthou en wat ek wil vertel van sommige van my kinderhelde)

... en dan is daar natuurlik my grootste...

En die een by wie ek die meeste leer...


Hulle leer my... LOVE CAN (soos Shaun Jacobs sing)...

Love Can (words and music copyright 2013 Shaun Jacobs)
-
Love can cross borders and love can break walls
Love can unbind us, love can define us
Love can see through what our eyes can't undo
Love got me thinking love can do anythning
-
Take my hand
It's not that we're lost
We're just plotting a different course than we initially thought
We are free
When we're on our knees
Put your hand in mine
We'll make it in time you'll see
-
Come with me
We'll find what's in store
For the heart that is bursting, the soul that is thirsting for more
We are free
Come and see
We'll make it in time, we'll find everything we need

http://youtu.be/qeNRQgzJqt4

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Dertien jaar...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...