Die mense in die gym...
Vanoggend het ek weer vroeg opgestaan om te gaan gym... en terwyl ek roei, vir opwarming, bekyk ek die mense so... mense is darem unieke en interessante goed! Een ou kom altyd in sy sweetpakbroek met ñ helderkleurige t-hemp en ñ beanie-mus op. Hy het so dun, funky-geskeerde baard & seker, a.g.v. die beanie, kan ek glad nie skat hoe oud hy is nie... maar hy is nogal fris, ek meen triceps groot & goed gedefinieer en hy loop so half wydsbeen-gedetermineerd van die een masjien na die ander. En 5:30 is hy al besig om sy eerste aanvulling vir die dag te drink!
Dan is daar so korterige, kleinerige outjie... hy gym meestal met ñ pet, wat vir my sin maak, want dan hoef jy nie oor jou hare te worry. Vandag het hy ñ pienk rugbybroek aangehad waarop "Varsitycup" staan, met heelwat borge op geprint, o.a. Castle Lager. Maar ai, die borge het net vir die voorry broeke gemaak en hy is seker skrummie of losskakel, want daai broek lyk amper soos ñ rompie. Dis natuurlik ideaal om in te squat - wat ook is wat hy vandag gedoen het... hy laai daai barbell met gewigte, dit vat hom ñ goeie minuut of twee... toe doen hy so paar squats, maar nie baie nie, en toe laai hy nog ñ grootte aan elke kant... en toe besluit ek: ek gaan tel hoeveel hy doen, vir al die moeite met d gewigte oplaai... een...twee...drie...vier...pause...vat vas...vyf... oeeeeee die bene begin nou kwaai bewe... SES!!!!! Gwha!!! Skrum hy daai barbell vas teen die ding waarop dit moet rus... en daar begin hy weer alles af te pak! Jinne dit vat darem baie tyd, die tradisionele manier van gym...
Dan is daar so lang, blonde ou. (Laat dink my nogal aan die lang, blonde ou wat by die huis lê en slaap/babysit). En hy is ook nogal fris... veral vir so lang ou want kyk, almal weet mos dis baie moeiliker vir ñ lang ou om fris te word as ñ kortetjie. Hy is getroud & dra sy trouring met trots... in dieselfde hand wat hy sy toks-sak van masjien-tot-masjien dra. Hy loop ook so half vorentoe en tough-guy wydsbeen. Hy het wit, klein oorfone waarop hy sy eie musiek luister. Die gym sñ is nie sleg nie maar dan wonder mens altyd wat hy luister... dalk is dit Metallica of dalk Celine Dion... of Theuns Jordaan? Inelkgeval... hy hou van die Roman chair... dis daai masjien wat jy jou bene inhaak & dan gaan jy af & op met jou bolyf-om maagspiere te oefen (wel dis debateerbaar of dit regtig jou maagspiere oefen & dis defnitief nie die beste oefening vir maag nie, maar dis ñ ander blog...). Hy loop in en sit lank op daai masjien... gebruik lekker baie momentum (I.p.v. sy maagspiere) om sy 20+ reps te doen...
Daar is ñ man & vrou wat saam oefen. Hulle het altyd stywe langmou hemde onder hul t-hemde aan, sê dis "sodat hulle baie kan sweet". Hulle dink seker sweet = gewigsverlies... en hulle sweet BAIE. Hy moet nog heelwat meer sweet as sy (volgens die sweet-teorie), maar dit lyk vir my hul volg ñ program wat hy op sy selfoon het en dis nogal rof!! Dalk ñ app. wat hul afgelaai het of sommer van die internet ñ program gekry. (Eers het ek gedink hy is darem vreeslik ongeskik & irriterend met sy selfoon heeltyd, maar toe sien ek hy kyk eintlik net tussen oefeninge!)
Daar is ook so laaaaang ou, wat bietjie later inkom. En ek bedoel lank... 2m of langer, met sulke groen & swart nommer 15 (of dalk groter) tekkies. En hy doen die funksionele oefeninge, soos ek... dis nogal vreemd om so lang ou te sien "slamball" doen of die "battleropes" of tou spring! Als vat net langer & stadiger. Jinne,dit lyk na harde werk!! Ek respekteer hom nogal met die oefeninge wat hy aanpak. Ongelukkig trek hy hemde aan, wat seker adverteer dat dit die sweet wegtrek van jou lyf af, maar dit vat nie die reuk weg nie... nee, ek dink dit vererger die reuk... Phew!!!!
Ander oggend het ek gaan gym nadat ek die kinders by die skool afgelaai het. Toe gym daar ñ grys ou onder (die heavy weights is daar) met baie tattoos. Bo (die circuit is daar) is daar ñ vrou met baie kort hare. Soos in met ñ knipper afgeskeer-G.I. Jane styl. Sy het swart aan (altyd ñ goeie keuse vir gym, veral as dit styf sit) en ek sien ñ tattoo bo haar swart tekkies uitsteek. En een om haar arm... en dalk het sy ñ ring ook getatoeer gehad. Inelkgeval... dit voel soos daardie speletjies wat ek as kind gespeel het: pas-die-maatjies-bymekaar. Maar ek kan nie regtig hul ouderdomme skat, so is nie 100% seker of ek reg is nie. En die volgende dag, toe ek werk, hoor ek daar stop ñ Harley (Davidson... die motorfiets wat se brul gepatenteer is) voor die gym... en wie klim af... daai twee! Volpunte vir my! En ek wonder of hul kinders het en hoe oud hul is... of dalk het hul getoer tot nou die dag en wil nie kinders hê nie... of dalk wou hulle kinders hê, maar dit het net nie gebeur nie, en nou is dit net hulle twee en hul Harley...
O en die laaste een wat ek wil van vertel is ñ vrou... sy kom in, ski-pant met nice hemde, nie oefen materiaal... iets wat jy by Truworths koop en oor ñ tight dra met mooi sandale in die somer of met boots & onderaan ñ polarneck, in die winter. Sy groet almal saggies en dan kry sy handoekrol en spray en vee die elyptical trainer góéd af met die gesprayde handoekrol. Handvatsels... die deel waar die waterbottel kom ens. En dan klim sy op en begin loop. Party mense hou maar net nie van die moontlikheid van ander se sweet op jou nie... terloops sy is ñ swart dame. Hmmmmm... en jy het gedink sy is wit, né?;)
En vir die van jul wat gewonder het wat "battleropes" is, net ñ link as die bewys dat jy regtig nie gym toe hoef te gaan as jy ñ lekker lang tou en paal by jou huis het nie...
http://youtu.be/o6yX0GVDu1Y

Opmerkings
Plaas 'n opmerking