Plasings

Niemandsland...

 "Good goes up, bad goes down"... dis die rympie wat jy leer wanneer jy 'n operasie kry en krukke jou beste maatjies word. Ek het dit wel as Biokinetikus geken, maar nooit gedink dit sal 'n persoonlike refrein raak nie.  'n Groot operasie is soos 'n baba wat gebore word, in terme van dae en weke aftel, soms voor, maar veral ná die operasie. Mens se lewe word op "pause" gesit en dis al hoe mens kan uitsien na wanneer die lewe weer "terugkeer na normaal".  Een week na die heupvervanging...  Twee weke na die heupvervanging...  Drie weke na die heupvervanging...  Die bakens op jou pad is Fisioterapie sessies- en/of oefeninge en die verandering daarvan. En as jy ék is doen jy dit getrou, tot op die rep., set en beweging, want jy weet #movementismedicine en jy kan voel hoeveel dit help en jy "losser", gemakliker en sterker word. Na 4 weke mag mens die een kruk los en begin bestuur as jy nie "onder die invloed van pynmedikasie is ni...

Les 2 van 2023

Prent
Eintlik is hierdie nie soseer 'n les, as 'n (ontstellende-hartseer) bevestiging, wat ek weer vandag in Ilanga Mall gekry het: mense voel 'n veer vir rolstoel gebruikers. Eerstens is albei die rolstoel parkeerareas naby die ingang gebruik, ek sien nie enige rolstoel plakkers op die voertuie nie, maar ons het ook nie een op ons s'n nie, so ek gee hul die voordeel van die twyfel. Gelukkig is ons almal  daar met Dewald se "trok", so die rolstoel hoef nie eers opgevou te word nie, dit word net in-en uitgelaai deur die Pa, vir wie nie die rolstoel of die insittende (tans) te swaar is nie. Nét in die Mall besef mêdem sy wil toilet toe gaan, en as die besef kom is dit altyd nogal dringend, soos seker met meeste rolstoelgebruikers die geval. Hier gaan ons: op met die hysbak en by die toilette gekom is daar geen indikasie waar die rolstoel toilet is nie... ek besluit toe maar op die "Family toilet". Die deur is toe, maar nie gesluit nie, en met die Mall-geraas...

Les 1 van 2023

Prent
Laas jaar (gisteraand) vra skoonma of ons Nuwejaarsvoornemens het... as ek het, noem ek dit nie so nie, dus sê ek "nee"... Skoonsus sê mens moet jou voorneem om nuwe goed te leer in die nuwe jaar. Ek sê ek weet ek gaan nuwe goed leer, maar ek weet nie nou wat nie, sy moet my aan die einde van die jaar weer vra. So, hier is die eerste ding wat ek op die eerste dag van 2023 geleer het - terwyl ek skottelgoed was...  Nou ja, skottelgoed was is níe my gunsteling tydverdryf in die wêreld nie en ek is dankbaar vir my skottelgoedwasser, vakansietye veral, maar sommige goed kan mens nie in 'n skottelgoedwasser pak nie. So pak ek dit maar in mooi hopies in die opwas -dankie tog dit het ń deur, wat kan toe maak. Maar vanoggend, op die heilige Sondag en daarby die eerste dag van die nuwe jaar, moes ek skottelgoed was.  Daar was twee toe bakke, wat iemand met ń swakker "konstitusie" (soos Oubaas sou sê) seker sou laat vomeer het. Die een het so vleissousie in gehad: daardi...

26 November 2016 - &

Prent
Ek sit by jou afskeidsdiens, liewe Jaampies... met 'n pienk ballon, wat ek natuurlik opgeblaas en geknoop het. Ek is so spyt daaroor, want dis nou heeltyd in die pad... Maar ek kan nie anders om die simboliek van jou en my eie dogtertjie daarin te sien nie. As ander mense daarna kyk sien hulle net hierdie mooi, pienk ballon. Hulle dink aan partytjie en pret... hulle sien nie hoe "gestremd" nee "gerem" ek nou is, want ek het net een hand wat werk.  Ek kan nie hierdie fragiele ballon neersit op die gras nie, want dan bars dit... as ek dit op 'n stoel neersit waai dit weg en beland dit op die gras en dan bars dit ook. En dan word almal verontrief en ek wil tog so graag nie ander verontrief nie... Nou skuif ek maar die ballon van die een hand na die ander. Ek glimlag en dink dis so feestelik maar verwens dit saggies in my hart, die onvermoë wat dit in my lewe uitlig en my ongeduld wat duidelik en vinnig sigbaar word vir almal om te sien, teenoor hierdie pragtige...

die brawe vrou

Prent
Ek wil jul vertel van ń brawe vrou: ń vrou wie se geliefde dood is. Daardie vrou staan elke oggend op met ń bewustheid van die grootste verlies denkbaar. Soms het die bewustheid haar in die nag wakker gemaak met ń wrede droom, of soms met ń bittersoet een. Die bewustheid is soos ń swaar jas wat sy om haar dra: sommige dae is dit amper ondraaglik en swik sy onder die swaar en druk, maar ander dae: winter dae... is die jas meer draaglik en amper gemaklik, maar die drukking is steeds swaar en tap haar energie en daag haar elke dag geestelik, emosioneel en fisies uit. Die vrou se dae word aanmekaar geweef met verlang en heimwee op "gewone dae" en intense gemis op verjaarsdae, ń huweliksherdenking (dit was 45 jare, wat hul voor sy dood saam gevier het) en vakansiedae soos Kersfees. Hierdie is reeds die tweede Kersfees sonder hom, maar die eerste was so kort na sy heen gaan dat dit in ń waas van onwerklikheid verby gegaan het. Daardie vrou het Saterdag saam met haar jongste: die la...

Pa...

Prent
Ma, ek skryf vir jou 'n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer 'n kaalvoet gedig - want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie. Antjie Krog Pa, ek skryf vir jou 'n gedig sonder fênsie leestekens, al was jy nogal goed om te weet waar fênsie leestekens kort en astrand om dit ook nie te gebruik as jy rym nie. sonder woorde wat rym, anders as Pa se rymelary... sonder bywoorde net sommer 'n kaalvoet gedig, want my kaalvoete laat my altyd dink aan Pa se kaalvoete en hoe Pa geniet het om kaalvoet te loop totdat die "ouderdom" Pa gedwing het om Crocs te dra. Ek onthou hoe Ma Pa se voetroom ingepak het in die badsak...

Stertswaai lekker

Prent
Wat as mense ń stert gehad het... dis ń vreemde gedagte, né, maar hoor my uit... Ons het twee worshond babas gekry die 31ste Mei.  Ek weet nie of ander honde so opgewonde kan raak nie, maar hierdie twee kan en hulle sterte is waarmee hulle dit wys. Selfs as hulle lankal bedaar het en ophou krap en spring en knibbel (en piepie) het, dan waai daardie stert so, dat hulle steeds sukkel om reguit te loop. Nou wat as ons ń stert gehad het: iets wat so duidelik en eerlik vir ander sê wat in ons gemoed aangaan. Wat soms so op sy eie waai, om ons te herinner dat ons vir die persoon wat by ons is lief is.  Dat ons opgewonde is oor eenvoudige dinge soos ń bord kos of ń bietjie ekstra aandag.  Dit moet vreemd wees om so met jou hart op jou mou te loop, of jou stert op jou boud maar ook so bevrydend! Veral ons reuntjie, Tjommie kan glad nie sy stert beheer nie, dit ruk sy hele agterstewe heen-en-weer, dis vir my so oulik! Kan jy jou indink as jy so kop-onderstebo deur die Mall loop en...