Plasings

Liefdestale in kinderdialek!

Prent
“Every child (like every adult) expresses and receives love best through one of five communication styles.”  We want to express unconditional love in each of these ways, of course.  But just like each child has a different personality, they also have a unique love language.   Figuring it out can make a huge difference..." Gary Chapman and Ross Campbell - The Five Love Languages Dis nou al ñ hele rukkie dat ek al meer herhinner word aan die vyf liefdestale... soos dit vertaal is in (onder andere) Afrikaans. En toe ek hierdie artikel lees, het ek besef ek moet nou skryf wat ek wil skryf... Lank terug... toe ek baie tyd gehad het en dit (gelukkig) goed gebruik het, het ek die boek gelees waaroor almal gepraat het. Ek het ook al ñ paar keer die vraelys gedoen om my Liefdestaal te bepaal en elke keer was dit anders, want kyk... dit gaan mos maar oor "tanks"... daar is vyf (en alhoewel my man nog nie sy Vyf Liefdestale boek oopgemaak het, wat ek vir hom 3 Kers...

'n (Effens stoute) analogie oor visvang...

Prent
Girls! Met die Rugby Wêreldbeker het die manne mos BAIE gesels... Radio Raps met sy "chat ñ bietjie ball" (of is dit bol-lie) kom in my gedagtes op. En so met die manne-dinge aan die gang, het ek iets geleer wat ek nou maar met jul kan deel... oor visvang... Nou kyk, girls, ek wil vir julle sê: as jou man visvang... dan is die stryd reeds half gewen. Nou moet hy net die analogie leer tussen visvang en... wel... die slaapkamer  en sy dingetjies... Want die naweek, toe ek saam gaan visvang, toe let ek ñ paar dingetjies op. Want sien: jy kan nie sommer net begin visvang nie, jy moet beplan... verkieslik reeds die aand vooruit. En jy moet voorberei... jy moet die stokke uithaal en regkry... seker maak alles is in die viskas: vislyn, sinkers, dobbertjies, hoeke ens., dat die visnet reg is en... en... en... En dan is daar natuurlik die aas... nou kyk party visse geniet dié een tipe (so glo die manne) en ander visse ander, maar dis altyd goed as jy darem so paar opsies het:...

* ñ Ope brief oor ons mooie Meisiekind...

Prent
Liewe Vriend... Dalk werk jy saam my of dalk is ons saam in die kerk. Dalk ken jy my al lankal en my "hele geskiedenis", maar het nog nie kans gehad (of gesien) om my te vra... oor Zelé nie. Van ons is saam in ñ Selgroep en ons deel elke week ons lief en leed en gebedsversoeke... jou kinders speel om haar maar nie noodwendig met haar nie, want soos jy, verstaan hulle ook nie... waarom sy nie ook opspring en saam hardloop nie... en dan is hul net kind en doen dit en vergeet  van haar, wat steeds op die mat bly sit tussen die boeke... legkaarte en babas, wat nie kan sit en/of kruip of praat nie. Sy is skaam... dalk omdat sy ñ introvert, soos haar Pappa is,  of dalk omdat sy jou onsekerheid, hoe om haar te "hanteer", aanvoel of dalk, en dis die swaarste vir my om te sluk, kry sy skaam omdat haar lyfie nie wil doen wat haar kop en hart sekerlik wil nie... Want sien... Zelé  het Serebrale Palsie ("Cerebral Palsy"). Dalk het jy al die woord gehoor, of d...

My Donderdag oggend "tips" vir die huwelik...

Prent
Ñ vriendin vra ander dag vir my vir ñ briefie, met ñ paar "tips" vir die huwelik, vir ñ spesiale kombuis tee... ek het beplan om ietsie moois te "google" of ñ stuk uit die Bybel aan te haal, maar was ook maar besig en het vergeet... Gister vang ek myself met ñ bietjie tyd op hande en onthou toe van die briefie, wat ek nog moet skryf en toe kom die volgende uit... (ek weet daar is nog baie wat ek nie toé aan kon dink en wat jy sal kan byvoeg... doen dit dan!:) Die huwelik... wat ñ opwindende voorreg & heerlike uitdaging! Jy gaan jouself beter leer ken, terwyl jy ook jou man op nuwe maniere gaan leer ken... jy gaan dinge van jouself leer wat jou verskriklik trots gaan maak ("on hindsight") & verskriklik skaam gaan maak (dadelik). Onthou dan: Jesus & Sy mense & boodskap gaan als oor VERGIFNIS... jouself EN jou man... weer en weer en weer... los dit by die kruis... gaan tel dit op & praat dáár met mekaar. Blootgestel & eerlik, met die...

Die arme Pa's...

Prent
So op die vooraand van Moedersdag 2015, met 'n heerlike vakansie agter die rug, sit en peins ek oor die mans en hulle verskriklike verantwoordelikhede en druk wat hulle, en die samelewing op hulle plaas. Skoonsus het 'n James Dobson praatjie bygewoon en van dié oom het ek nog net slim goed gehoor, so ek luister graag af... Maar soos mens ook nou al, as kind, met die speletjie "Telefoontjie" uitgevind het, kom die boodskap nooit reg of in detail en met klem op die regte plekke by jou uit nie. Die boodskap wat ek gekry het, is dat oom James sê, dat elke ou sy eie (dissipline) geveg het... m.a.w. daardie ding wat jy ten alle koste wil hê jou kind(ers) moet leer om te doen of nie te doen nie. En ek dink: dit ìs so... dinge uit ons eie kinderdae, wat in ons ingedril (ingeslaan, of soms uitgeslaan) is. Dinge wat ons onsself voorgeneem het ons anders gaan doen... en natuurlik ons eie klein fobies en "fetishes". (Elkeen van ons is mos maar met iets effens paranoid...

Moedersdag...

Prent
Moedersdag 2009... 'n Bittersoet dag vir my, wat ek altyd sal onthou, al probeer ek ook hoe vergeet... Want sien, toe was ek, na 'n jaar se "probeer", reeds 3 dae in die wolke, omdat ek met so 'n "home pregnancy test" uitgevind het dat ek 'n Ma gaan word! En natuurlik het ons, in geloof, almal laat weet. Gebel... geSMS... Ek onthou die arrogante-cute gediggie, wat ek gemaak het oor sekere dinge wat dalk in 2010 kan gebeur: die Bulls kan Super 14 wen... Bafana-Bafana kan dalk die Sokkerbeker wen, maar verseker gaan daar 'n nuwe babatjie in ons huis wees... Dewald het vir my (ons) blomme gekoop, asook van ons ander vriende en ons het selfs besluit om dit reeds te gaan "vier": met 'n Moedersdag-ete by Jatinga. En daardie aand het ek begin bloei... Ek het die grootste paniekerigheid óóit oor my voel kom, en sou énigiets doen dat dit inplantasie bloeding moet wees... maar diep in my hart het ek geweet dit is nie... Ek het my dierb...

Die vrou se straf...

Prent
Hierdie is drie van die Ooms by Macadamia Frail Care, wat 2x/wk saam met my (sittende, mobilisasie) oefeninge doen. Die Oom links is die jongste - hy is nou 82 jaar oud en is ñ Doktor in Sosiologie. Hy kom op sy eie daar aangeloop en dink elke dag is Sondag... Agter sit oom Willie. Hy was ñ Geoloog op sy tyd: "...in die veld, besig met die klippe", sê hy vir my. Hy is 88jr oud. Hy loop met twee krukke, maar ook maar stadig en vêr vooroor, so die verpleegsters sleep-dra hom maar uit ongeduld... En heel voor sit ds. Haugh. Hy is 92jr oud... en "die eerste ds. wat die N.G. kerk oorsee gestuur het"... hy is effens hardhorend maar andersins sien ek geen "probleme" nie. Hy hardloop met sy loopraam na die oefening toe. Altyd netjies & ek glo daar sit nog ñ goeie preek of drie in hom! Ek het hierdie foto geneem omdat dit vir my ñ nuwe "verskynsel" is: die ou Ooms wat saam oefen. Ek oefen al 11 jaar in die Ouetehuis & het ook vir ...