Buite my visie...
Ek staan op die strand. ń Skip op die oewer, sprei sy wit seile vir die oggendbries en vaar uit op die blou oseaan. Dis ń pragtige skip, en ń sterk skip. Ek staan en kyk daarna, vir ń wyle, hy hang soos ń spikkel, of wit wolk presies daar waar die see en lug met mekaar meng. Dan sê iemand langs my, "Daarsy, hy is weg..." Weg waarheen? Weg uit my visie. Dis al. Hy het steeds die massiewe mas, romp en boeg as wat dit gehad het toe dit van langs my weggevaar het. En sy vermoëns is steeds net so uitmuntend: om sy vrag te dra na sy bepaalde hawe. Sy verdwene grootte is binne my, nie binne hom. En op daardie selfde oomblik, wanneer iemand aankondig. "Daarsy, hy is weg," is daar ander Oë wat hom sien aankom en ander Stemme wat gereed staan om in blydskap te juig, "Hier kom hy!" En dit is wat gebeur as mens sterf... (Henry van Dyke se "Out of my sight" vry vertaal) Vanoggend... 8:11 is my Pa hemel toe. Van AL die dinge wat 2020 ons mee kon verras w...