Infark Emosies


"...But if you see me walkin' by

And the tears are in my eyes

Look away, baby, look away
And if we meet on the streets someday
And I don't know what to say
Look away, baby, look away..."

Terwyl ek terugry huis toe van ń paar uitdagende bo-lip byt ure saam Ma, nadat ons fikse, gesonde Pa Donderdagaand twee hartaanvalle gehad het, kom die oppervlakkige liefdesliedjie van Chicago by my op...
En dís presies hoe my gedagtes tans werk, want die onsekerheid in mens se gedagtes meng met die geloof in jou siel en dan raak jy met rukke so VERSKRIKLIK hartseer oor Pa: wat aan 12 lyne gekoppel is en so rustig asem haal en wie se hart so sigbaar mooi klop deur die dun ICU laken. Ek het my hand op daardie hart gesit en hom voel klop en lewe in dit ingespreek en geloof en onafhanklikheid van masjiene, maar groot oë gekyk en gesien sy suurstofsaturasie is 99% en gehoor dat sy niere perfek werk, t.s.v. die lae bloeddruk wat hul met 3 verskillende medikasies probeer reguleer... en dan wil hulle hom eintlik van alles afhaal.. as jy babas in NICU gehad het, noem hul die angstigheid wat jy ervaar na jy so lank masjiene moes dophou ń groot woord... ek weet, ek was daar! En hier gaan ons alweer...
Dis 1 van sy programme, wat Pa graag kyk, en laat Ma huil wanneer sy die T.V. aansit en hy is nie daar om dit te kyk nie. Soos wat ek in trane wil uitbars wanneer daar voëls langs die pad kom land en ek weet dis rooivinke, omdat hy dit weet en ek dit so geleer het. Getooi in hul somerskleure, soos wat hy reeds in die winter op ń stemboodskap sal aankondig, sodra hy dit oplet.
Ek sien ń Oupa dans met sy kleindogter, Ma dink aan hoe baie hy van eet hou as ons kos bestel, omdat niemand lus het vir "maak", en dan huil ons... maar anders as Chicago wil ek vra DON'T look away... rather start to pray!" Vir my Pa, bid so hard en gelowig soos Sy Gees in jou jou lei en toelaat. Ek gaan steeds nie weet wat om te sê, maar ons gaan een in geloof wees, een in gebed en Hy sê in Sy Woord: 
"Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” MATTEUS 18:19‭-‬20 (AFR83)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Geld wat stom is...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die identiteit stryd...