Plasings

Wys tans plasings vanaf 2023

Die deurskynende-verdwyn-mens...

Prent
"Vanoggend het ek wakker geword met 'n vreemde gevoel, En ek was nie eintlik seker waarom nie. Maar dit het gevoel of ek verdwyn, So toe hardloop ek spieël toe om te gaan kyk. Toe sê ek: "...hier is ek, hier is ek, hier is ek! Maar hoekom voel ek soos 'n deurskynende mens?" Toe strompel ek terug na my kamer toe En staar na die son wat opkom. Toe hoor ek myself by die venster uitskree: "...hier is ek, hier is ek, hier is ek! Maar hoekom voel ek soos 'n deurskynende mens?" Die ligte het begin aangaan, en mense het begin skree: "Sal die mal ou asb. weer gaan slaap?!" En daar was ek: aan die lag by my venster, skielik het ek baie beter gevoel, want iemand het gehoor wat ek gesê het... Wel, dis nie iets groots, geen openbaring nie. Geen antwoord oor ons lewens hier. Maar ek weet, en kan een ding verseker sê: soms het ons almal nodig om te sê, "...hier is ek, hier is ek, hier is ek!" Wanneer die lewe ons laat voel asof ons deurskynend ...

Wat ons van ysbakkies geleer het...

Prent
(Vir Ruhan, op sy 43ste verjaarsdag) Toe ons jonk was het jy nie ys gekoop nie, jy het ook nie 'n ysmasjien besit nie. As jy ys wou hê moes jy dit uit 'n ysbakkie uit jou vrieskas uit kry. Mens het soms sulke "stainless steel" ysbakke gekry (was dit "stainless steel"? Dit was so 'n dowwe metaal, wat blêdy koud geword het), met "deviders" in... soms het dit so hefboompie gehad, wat jy kon afdruk om die ys makliker uit te kry, baie middeleeus. Of dis hoe ek dit onthou... Maar meeste van ons het sommer net gewone plastiek-ysbakkies gehad, wat jy so moes draai en kap om die ys uit te kry , en soms kap jy dit sommer stukkend! *Ysbakkies het ons geleer planne maak (en versigtig wees met koue goed.) En die grootste uitdaging was nie om die ys uit te kry nie, o nee! Die grootste uitdaging was om die ysbakkie vól te maak, en dan vol in die vrieskas te kry. Want die pad van die kraan na die vrieskas was baie lank en vol hindernisse, wat maak dat jy moet ...

Dertig jaar Matriekreünie

Prent
Dertig jaar!  Soms voel dit of dit in 'n oogwink verby gevlieg het. Ek onthou nog die anti-klimaks van die laaste keer by Hoërskool Carletonville (Callies) se hekke uitstap, na my laaste matriek vraestel. Sonder enige fanfare of ballonne... was dit nou dit?  Driehonderd en sestig maande!  Van leer en studeer van liefde soek, dit vind en in detail ervaar, verloor en weer vind. Van besig wees en vakansie hou van ongelukke en seer en vreugdes en lééf! Eenduisend vyf honderd en sestig weke! Dit klink so lank soos 'n dubbel wiskunde periode by Mnr. Broodryk kon voel, of daardie drie Rek.klasse, na mekaar, by Juf. van Eeden óp 'n Vrydag nà tweede pouse! Tien duisend nege honderd en vyftig dae!  Dis hoe lank ons nou al uit Matriek is! Dit voel soos die treë wat ons in Langstraat afgehardloop het, vir tannie Brecthie, wanneer ons moet fiks word vir atletiekseisoen. Of die letter-vir-letter spoedtoets tik, by juffrou Wheeler.  Negentien-drie-en-negentig...1993... Die jaa...

Niemandsland...

 "Good goes up, bad goes down"... dis die rympie wat jy leer wanneer jy 'n operasie kry en krukke jou beste maatjies word. Ek het dit wel as Biokinetikus geken, maar nooit gedink dit sal 'n persoonlike refrein raak nie.  'n Groot operasie is soos 'n baba wat gebore word, in terme van dae en weke aftel, soms voor, maar veral ná die operasie. Mens se lewe word op "pause" gesit en dis al hoe mens kan uitsien na wanneer die lewe weer "terugkeer na normaal".  Een week na die heupvervanging...  Twee weke na die heupvervanging...  Drie weke na die heupvervanging...  Die bakens op jou pad is Fisioterapie sessies- en/of oefeninge en die verandering daarvan. En as jy ék is doen jy dit getrou, tot op die rep., set en beweging, want jy weet #movementismedicine en jy kan voel hoeveel dit help en jy "losser", gemakliker en sterker word. Na 4 weke mag mens die een kruk los en begin bestuur as jy nie "onder die invloed van pynmedikasie is ni...

Les 2 van 2023

Prent
Eintlik is hierdie nie soseer 'n les, as 'n (ontstellende-hartseer) bevestiging, wat ek weer vandag in Ilanga Mall gekry het: mense voel 'n veer vir rolstoel gebruikers. Eerstens is albei die rolstoel parkeerareas naby die ingang gebruik, ek sien nie enige rolstoel plakkers op die voertuie nie, maar ons het ook nie een op ons s'n nie, so ek gee hul die voordeel van die twyfel. Gelukkig is ons almal  daar met Dewald se "trok", so die rolstoel hoef nie eers opgevou te word nie, dit word net in-en uitgelaai deur die Pa, vir wie nie die rolstoel of die insittende (tans) te swaar is nie. Nét in die Mall besef mêdem sy wil toilet toe gaan, en as die besef kom is dit altyd nogal dringend, soos seker met meeste rolstoelgebruikers die geval. Hier gaan ons: op met die hysbak en by die toilette gekom is daar geen indikasie waar die rolstoel toilet is nie... ek besluit toe maar op die "Family toilet". Die deur is toe, maar nie gesluit nie, en met die Mall-geraas...

Les 1 van 2023

Prent
Laas jaar (gisteraand) vra skoonma of ons Nuwejaarsvoornemens het... as ek het, noem ek dit nie so nie, dus sê ek "nee"... Skoonsus sê mens moet jou voorneem om nuwe goed te leer in die nuwe jaar. Ek sê ek weet ek gaan nuwe goed leer, maar ek weet nie nou wat nie, sy moet my aan die einde van die jaar weer vra. So, hier is die eerste ding wat ek op die eerste dag van 2023 geleer het - terwyl ek skottelgoed was...  Nou ja, skottelgoed was is níe my gunsteling tydverdryf in die wêreld nie en ek is dankbaar vir my skottelgoedwasser, vakansietye veral, maar sommige goed kan mens nie in 'n skottelgoedwasser pak nie. So pak ek dit maar in mooi hopies in die opwas -dankie tog dit het ń deur, wat kan toe maak. Maar vanoggend, op die heilige Sondag en daarby die eerste dag van die nuwe jaar, moes ek skottelgoed was.  Daar was twee toe bakke, wat iemand met ń swakker "konstitusie" (soos Oubaas sou sê) seker sou laat vomeer het. Die een het so vleissousie in gehad: daardi...