Plasings

Wys tans plasings vanaf 2018

...dankie...

Prent
"Hoe sê mens dankie... Na soveel jare. Hoe sê mens dankie...  Al is dit laat Ek sal my ouers nooit ooit vergeet nie Vir wie ek lief is... vir goed onthou. Hoe vergeet mens die swaar en die seerkry? Deur te dink aan die goeie wat was! Daar is soveel wat leef in gedagtes, In hul fotos wat lê in die kas Kyk 'n slag rondom jou na die lewe Jy sal sien almal jaag net verby Gaan nou terug na 'n goue verlede Gaan vind weer jou vrede Jou anker...  Jou rede... En jy sal wel sien hoe die wiel vir jou draai." Nou ja... as ek 'n blog met 'n Jurie Els liedjie begin, wonder jy dalk of my blog ge-hack is, maar dis die refrein in my kop die afgelope paar dae: "...hoe sê mens dankie?!" Soos die jaar op 'n einde kom en die skool sluit en die praktyke toemaak en ek orals totsiens sê en dankie daarmee saam, besef ek net weer wat 'n eenvoudig-komplekse woord dit is. Soms sê mens mos dankie uit gewoonte, omdat jy goed opgevoed is en jou Ma dit i...

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Prent
Hierdie is 'n foto van 'n Koning Rooibekkie ("Pin-tailed Whydah", vir die wat in Ingels voëls kyk)... en soos mens duidelik op die foto kan sien is hy 'n bakleier. Hy duld nie ander voëls in dít wat hy voel sý gebied is nie (dalk is die foto van 'n mannetjie, wat 'n wyfie probeer verlei ek weet nou nie, want ek is nie so goed met die identifisering nie en die arme vroutjies in die voëlkoninkryk trek mos maar aan die kortste ent wat "looks" betref)... inelkgeval... die Koning Rooibekkie herhinner my aan 'n Jack Russell hondjie, wat dink hy is 'n Doberman en wat al wat hond is aanvat, selfs al is hul twee maal sy grootte. So sal die Koning Rooibekkie ook nie skroom om die duiwe weg te jaag, wat BAIE groter as hy is nie. En die duiwe skrik, hoor! Maar daar is ook ander voëls, wat hulle nie steur aan die lawaaierige voël, met sy lang stert nie, soos die Lysters... en hul eet lustig/rustig voort. Wat interessant is van die Koning Rooibekk...

Einde-van-die-jaar-openbarings...

Prent
Kyk, daar is mos net een tyd soos dié tyd van die jaar: einde-van-die-jaar... daar is net één so moeg: sielsmoeg, uitgeput, opgebruik, totaal oorweldig, moedeloos, onherstelbaar verby... dit klink vreeslik maar dis die realiteit wat ek in my praktyk en in my vriendekring ervaar: beserings wat onverklaarbaar is en onverklaarbaar hardnekkig blý, sonder om beter te word en sonder om te vererger... dis só dat jy kan leef, maar nie voluit kan leef en eers wanneer jy jou lyf EN siel gerus het, sal jy herken (en kan erken) dat dit jou lewenskwaliteit met 40% verminder het en nie net met 10% soos wat jy jouself die heeltyd verseker het nie. Aan die een kant word die tyd al hoe minder: om projekte af te handel, om Kersfees toe te tel, maar ook word dinge stadiget: soos dit afsluit en klaarmaak... soms tot volgende jaar en soms vir ewig. Dus kry jy méér tyd om te doen of te dink of te murmereer... as jy dit vat? So het ek hierdie jaar ń paar tawwe (erge anglisisme maar "moeilik...

...in ń ander liga...

Prent
...dis nou waarmee ek gedink het om die engelse gesegde: "in a different league" te vertaal. Want sien, deur my lewe was daar nog min wat ek gevoel het mense is "in ń ander liga" as ek. (Nie omdat ek wintie is nie, net omdat ek nog altyd gevoel het ek is aanpasbaar en sensitief, ingestel op mense)... Maar soos ek ouer word (en hopelik darem wyser ook) en  al meer mense leer ken (en dalk ook groei in my onderskeidingsvermoë), besef ek al meer hoeveel mense in ń ander liga as ek is! (Dan is daar ook natuurlik die mense wat my pad kruis wat in ń liga van hul eie is - "in a league of their own", maar dis ń blog op sy eie!) Soms is dit fisies: ń vrou wat (soms is sy baie jonger as ek, soms is sy amper net so oud, of ouer as ek), wat net absoluut uitsonderlik sterk en/of begaafd of albei is. Dis een van die dinge wat ek soveel van CrossFit geniet: om oopmond te staan en kyk waartoe die menslike (néé vroulike liggaam) in staat is met oefening en vermoëns en...

Winter-tyd...

Prent
Hierdie is defnitief ek... maar tans haat ek seisoene... wat meer gedetaileerd en gekompliseerd as roetine is. Want verhoudings kan nie as roetine geklassifiseer word nie, maar wel as seisoene. Want, alhoewel dit soms voel soos ń lang somer met gemaklike dae, breek daar skielik ń donderstorm uit, wat gepas is vir somer maar steeds jou laat binne toe hol en dwing om dinge effens-anders te doen. En so bekruip die herfs jou en as jy weer sien begin die blare verkleur en die kommunikasie raak al yler, soos die blare van die bome afval. Gesprekke vloei nie meer, maar raak koeler en dinge wat vroeër onnodig was om te sê moet nou verduidelik word en die wintersdag is net nie lank genoeg vir al die schlep en moeite... en dan raak dit stil... doodstil en yskoud... En een van julle probeer dalk hitte in dooie ledemate kry, maar al wat gebeur is ń asemwolkie... ń alleen, vinnig verdampte asem wat, ter nabedragting, onnodig en ontoerykend was. En wanneer die koue eers deurgesypel het begin dit...

Bietjie murmering oor jy-wees...

Prent
As jy in 2 weke ń wysheid met 3 verskillende vroue in 3 verskillende fases van hul lewens deel, dan is dit dalk tyd dat jyself moet stil word met die wysheid en daaroor dink en dit indrink... Om deurmekaar ("confused") te wees is sekerlik een van die onaangenaamste gevoelens/situasies waarin mens kan wees, want dit gaan gewoonlik gepaard met stres en dan ń minderwaardigheidsgevoel en om minderwaardig te voel sit ons gewoonlik terug in ons reptiel-brein... weet jy nie van ń reptiel-brein nie? Dis nou daardie primitiefste deel van ons denke, waar ons nie dink nie maar net doen... om te oorleef, soos ń krokodil val jy aan en veg tot die dood vir jou eie oorlewing. Dan is daar natuurlik ook jou soogdier-brein, wat effens van ń hoër orde is en jou deel van die "trop" maak, maar as daar gevaar is worry jy ook nie meer oor die trop nie en dan is dit weer: "ter wille van oorlewing"! Die brein waarin ons wíl wees, en maar min is of sommiges nog nie eers ontdek...