Winter-tyd...
Hierdie is defnitief ek... maar tans haat ek seisoene... wat meer gedetaileerd en gekompliseerd as roetine is. Want verhoudings kan nie as roetine geklassifiseer word nie, maar wel as seisoene. Want, alhoewel dit soms voel soos ń lang somer met gemaklike dae, breek daar skielik ń donderstorm uit, wat gepas is vir somer maar steeds jou laat binne toe hol en dwing om dinge effens-anders te doen. En so bekruip die herfs jou en as jy weer sien begin die blare verkleur en die kommunikasie raak al yler, soos die blare van die bome afval. Gesprekke vloei nie meer, maar raak koeler en dinge wat vroeër onnodig was om te sê moet nou verduidelik word en die wintersdag is net nie lank genoeg vir al die schlep en moeite... en dan raak dit stil... doodstil en yskoud...
En een van julle probeer dalk hitte in dooie ledemate kry, maar al wat gebeur is ń asemwolkie... ń alleen, vinnig verdampte asem wat, ter nabedragting, onnodig en ontoerykend was. En wanneer die koue eers deurgesypel het begin dit pyn... elke beweging, elke stilsit bring ongemak en jy wonder: hoe lank voor die winter my volkome besit en verander.

Opmerkings
Plaas 'n opmerking