Plasings

Wys tans plasings vanaf 2016

Jack of all trades...

Prent
Master of none... sê die spreekwoord in engels. Ek weet nie of daar ñ soortgelyke een in Afrikaans is nie, maar dis ek: "Jack of all trades, Master of none". Ek kan ñ klomp goeters, redelik doen maar is baie goed met niks nie. Op skool was ek ñ "middelafstand" atleet. As ek nou probeer dink kan ek nie regtig weet hoekom ek die 800m, 1500m & 3000m op (hoër)skool gedoen het nie. Dalk was dit na my "speed wobble" (soos my Pa dit noem) in gr.2 se aflos, dat ek besluit het ek gaan liewers vir langer aan, maar hardloop stadiger - baie kleiner kans vir "speed wobbles". So het ek toe by Juf. Crouse begin "middelafstande" oefen: 1200m in die atletiek seisoen & 3km in die langafstand seisoen (laerskool afstande). Goeie maats gemaak en goeie tye om te onthou: vol adrenalien, sweet en baie Cokes & medaljes (want almal wat klaar maak kry een...) So was ek maar gewoonlik onder die "eerste vyf", darem nie heel laaste nie en heelw...

Ons storie van hoop...

Prent
Ons storie is ñ storie van hoop... van die Bybelse: geloof, hoop & liefde... tot die aardse: "ons hoop vir die beste" & soos alle dinge, wat God ons op voorberei, kom dit ñ lang pad... van enkeling wees en smag na ñ maat, tot jong getroudes wees en smag na die wonder van ouers word. Die gesmag het gepaard gegaan met ñ lang gewag, baie bid... en huil.. en toetse en uiteindelik die besluit op IVF ("in vitro fertilisation") en die merkwaardige voorreg om, in detail, deel te wees van wanneer wetenskap ophou en God aanhou.  So het ons die nuus gekry dat ons ñ tweeling gaan hê en die ekstra bederf, dat dit ñ seuntjie en ñ dogtertjie is...  en na ñ heerlike, gesonde swangerskap... die ontnugtering van ñ "nood"-keiser a.g.v. pre-eklampsie... en dan die roete van prem-babas hê, wat elke meerling ouer weet is ñ moontlikheid, maar niemand jou op kan voorberei nie. Na 40 dae in NICU is ons huis toe en die roetine (elke 3ure voed) was tegelykertyd vert...

My preek vir myself...

Prent
Romans 6:12‭-‬14 (NKJV) "Therefore do not let sin reign in your mortal body, that you should obey it in its lusts. And do not present your members as instruments of unrighteousness to sin, but present yourselves to God as being alive from the dead, and your members as instruments of righteousness to God. For sin shall not have dominion over you, for you are not under law but under grace." Hierdie teksverse lees ek in my Bybelstudie stukkie vir vandag en ek dink dit sluit so goed aan by die blog, wat ek vandag heeldag mee rondry in my kop... en mense sal dalk lag wanneer jy uitvind wat ek aan dink wanneer ek die vers lees, so hier kom dit... tegnologie... ek dink aan tegnologie!  Dit wat ons lewens makliker én moeiliker maak... dit wat ons lewens vinniger én stadiger maak en dit wat ons in aanraking sit met mense ver van ons maar ver weghou van die mense naby ons. Facebook en e-mail en veral die wonder (en euwel) van Whatsapp... Kyk ek is lief vir ñ Whatsapp... dit was ee...

Die binnevet van die boud...

Prent
...dis wat 'n maat van my op TUKS altyd die "voordeel van die twyfel" genoem het... "the benefit of the doubt". Dis wat ek in hierdie paar weke van 40-wees al geleer en besef het... as ons gelukkig wil wees in ons naby-verhoudings, as ons kan ophou sinies wees en alles wat almal sê, veral die naby ons wat ons opreg lief het en in ons belang stel, persoonlik opneem en hul net die binnevet-van-die-boud gee. Dán sal ons dae lekkerder wees, ons gevegte met onsself en ons geliefdes minder en ons vreugde sóveel meer! Net voor my 40ste verjaarsdag het twee vriendinne, wat reeds "daar" is, afsonderlik my gebel om te sê wat 'n wonderlike mylpaal 40 is. Watse geestelike mylpaal dit is en hoe mens jouself dan uiteindelik kan aanvaar en begin om te ontspan oor die lewe... sy mense... en sy dinge. Dit het my sommer BAIE opgewonde gemaak, want dis vriendinne wat ondervinding het én geestelike inspraak in my lewe. Met my verjaarsdag het ek 'n paar oulike ...

As ñ blog té lank ñ "draft" bly...

Dan het jy lánkal vergeet wat jy wou geskryf het, so dan "publish" jy dit net... sonder verdere geskryf of proeflees... dis wat ek met die een gedoen het... Luk.18.16-17 (Nuwe Lewende Vertaling) "Jesus het egter die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense wat deel het aan die koninkryk van God. Ek verseker julle, wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie aanvaar nie, sal nooit daar ingaan nie.” Ons almal ken die teks. En daar word seker nie so gereeld daaroor gepreek nie, behalwe seker aangehaal op ñ doop (of inseëning). Dis ook sekerlik nou nie een van die teksverse waaroor Teoloë ure sit & peins & verskillende betekenisse aan heg nie, maar ek het in die laaste tyd nogal baie daaroor gedink... "geloof soos ñ kind", is dit dalk in ñ ander vertaling of op ñ ander deel in die Woord. My een vriendin kuier ander dag by my & sê: "...daardie deel i...

Ons trok...

Prent
hou nie daarvan om op vakansie te gaan nie. Dit gee nie om om heen & weer in die Laeveld rond te ry of selfs te gaan 4x4 nie... maar dit hou nie van vakansie nie... korreksie!!! Ons trok hou nie daarvan om térug te kom van vakansie af nie... sodra ons gedraai het en oppad terug is, al doen ons dit teen dieselfde spoed, tempo en trant... dan wéét die trok dit en verander al die vakansievreugde- en energie in vakansie frustrasie en senuweeagtige-energie! Die eerste vakansie, waar die trok die spreekwoordelike spanner in sy eie wiel gegooi het, was in 2007... met ons Richtersveld vakansie. Dit was Desember... dit was warm en ons het te heerlik gekamp in De Hoop. "Living it rough": met koue storte - wel, dit was onuithoudbaar warm steeds teen 9uur die aand, omdat die Jo-Jo kan tot amper smeltpunt gebak het heeldag in die son... son wat my Crocs-sandale, wat onder die tent afdak gestaan het, gekrimp het (volgens Croc se website moet dit nie aan temperature bo 60°C onderwer...