Ons trok...
hou nie daarvan om op vakansie te gaan nie. Dit gee nie om om heen & weer in die Laeveld rond te ry of selfs te gaan 4x4 nie... maar dit hou nie van vakansie nie... korreksie!!! Ons trok hou nie daarvan om térug te kom van vakansie af nie... sodra ons gedraai het en oppad terug is, al doen ons dit teen dieselfde spoed, tempo en trant... dan wéét die trok dit en verander al die vakansievreugde- en energie in vakansie frustrasie en senuweeagtige-energie!
Die eerste vakansie, waar die trok die spreekwoordelike spanner in sy eie wiel gegooi het, was in 2007... met ons Richtersveld vakansie. Dit was Desember... dit was warm en ons het te heerlik gekamp in De Hoop. "Living it rough": met koue storte - wel, dit was onuithoudbaar warm steeds teen 9uur die aand, omdat die Jo-Jo kan tot amper smeltpunt gebak het heeldag in die son... son wat my Crocs-sandale, wat onder die tent afdak gestaan het, gekrimp het (volgens Croc se website moet dit nie aan temperature bo 60°C onderwerp word nie...), als gaarmaak op gas of vuur en visvang en stof eet - die Richtersveld stof is so fyn soos babapoeier & selfs as jy jou mond toe hou... as die wind waai dan eet jy stof. Nou kyk, ons het die 3.7km Akkedispas ñ paar keer gery, dis net so kort, maar vat jou 'n goeie halfuur a.g.v. al die kronkels & klippe en dié middag het ons 62°C op die trok se termometer gemeet, terwyl ons daar uit"idle", so ons was nie verbaas toe dit so paar eienaardige rukke gee toe ons by De Hoop stop nie... maar ook nie bekommerd nie. Die volgende oggend sou ons Sendelingsdrif toe, waar ons die eerste dag van 2008 sou begin, in ons tentjie.
Die oggend was ons vroeg op & aan die pak, voor die son ons doodbrand en ons was goed gepak en op skedule toe die trok start... wel hy moes, maar hy wou nie. So kom kyk buurman of hy kan handjie bysit en ek loop af met die Oranjerivier langs, om hulp te vra terwyl Dewald en Buurman en nog 'n 4x4 entoesias kyk of hul die fout kan vind & regmaak... so word daar toe gevind dat die trok nie diesel by die regte plekke uitkry en hy word op 'n dieseldrip gesit: in die vorm van 'n 5 liter waterhouer wat op die bonnet vasgehou word met 'n pyp na die regte plek toe... terwyl daar gery word! (nota aan self: "ducttape" plak nie aan diesel nie). So hang Dewald "Ace Ventura"-styl...
halfpad by die venster uit & hou die diesel vas en ek moet bestuur: "no pressure " oor berge & dale en nie 'n druppel laat mors... Die Helpers word bedank & hier gaan ons: Sendelingsdrif toe via Akkedispas.
Nou kyk... die rekenmeester het darem somme gemaak en weet goed wat is ons gemiddelde diesel-verbruik sover, so ons het genoeg diesel om dit al die pad te maak Sendelingsdrif toe... maar soos ons ry, síén ons hoe die diesel val!!! En ons is nog nie eers by Akkedispas nie of die diesel is óp!!! Dit voel soos 'n ou Western fliek in die hitte & stof met die hoop dat daar gou iemand kom... intussen probeer Dewald kyk of hy nie nog diesel op 'n manier uit die tenk kan kry, want daar ís nog, dit kom net nie waar dit moet gaan nie. Na 'n ruk... hier kom 'n ou met sy Landie Defender. Dis swaar gelaai en binne sit vol met hyself, sy broer & sy vrou. Hy kom die middag (dis nou vróég oggend) terug op die pad en as niemand ons nog kon help sal hy ons sleep (!!!!! óòr Akkedispas!!!) Hy gee vir ons ñ klomp bottels water (soos op die Western) & daar trek hy...
Maar 5 min. later is hy terug... hy het besluit hy kan ons netsowel nóú tou... en ons aanvaar die hulp dankbaar. Nou kyk die trok weeg amper 2 ton & soos ek reeds gesê het: die Landie is swaar gelaai, so ons moet so bietjie met momentum werk en aan die beweeg bly... dit beteken BAIE stof en Akkedispas wat teen dubbel die spoed uitgehop word. By Sendelingsdrif gekom besluit ons Samaritaan dat hy ons nie net daar kan los... hy gaan help soek vir die fout...
Dewald wou die trok al in die Oranjerivier verdrink so hy het gelukkig besluit ons verdien 'n huisie op Sendelingsdrif & ons boek in... net om 'n plekkie te hê om die trok te stop en alles uit te pak en verder die fout te soek, want sien ons Samaritaan vermoed die fout lê ín die dieseltenk en dié kan net bereik word deur die boot... en dan moet álles natuurlik ùit die boot wees! En wraggies dáár kry hulle toe ook die fout... 'n pypie het afgebreek en dié moet vas ge-"brace" word... dis nou amper soos swys maar omdat dit ñ koper pypie is word dit ge-"brace"/brys/breis??!! Nou kyk ons het een ding wat vír ons tel en dit is dat daar 'n werkende myn op Sendelingsdrif is, so daar behoort baie ge-"brace" te word, maar ons het twee dinge wat téén ons tel en dit is dat dit nuwe jaar is en ons almal weet hoe die kleurling gemeenskap ou jaar en nuwe jaar hou... maar Dewald en Samaritaan ry en gaan soek by die Workshop en daar is 'n ou wat kan oopsluit en die pypie "brace". Die man se oë is darem nie te rooi en sy hand nie te bewerig nie en die ou stukkie pyp is kinderspeletjies teen die goed wat hy gewoonlik "brace" en 1-2-3 is die pypie gebrace, die petroltenk terug en dáár start en ry die trok weer!!! Toe ons terugkom by die huis het Dewald toe uitgevind dis 'n redelike "algemene" probleem by daardie Pajero's...
Die volgende vakansie was see toe... Scottburgh toe, Mei 2013. Die trok het hom mooi gedra al die pad, maar toe ons die kronkels en draaie by Badplaas tref, toe kom hy agter die vakansie is nou amper verby en dit begin warm te word... en ék het ñ Renault 5 gehad as student en mý Pa het my geleer jy ry nie 'n kar wat warm word nie... maar hoe oortuig jy ñ man wat by die huis wil kom, veral met twee 2jariges in hul karstoeltjies, wat baie moeg gesit is teen die tyd... die trok is gery... die enjin het seergekry en die moes teen 'n aardige bedrag herstel word..
Die derde vakansie was 'n Wildtuin vakansie... die begin van 2015 het ons 4 nagte in Balule gekamp, te lekker en góeie herhinneringe, want dis waar Dewald my gevra het om te trou. En nou kamp ons lekker met ons 3-jariges.
Oppad terug begin die trok toe om beroertes te kry: dan werk die aircon nie, dan werk die radio en vensters nie, en die radio nie en met rukke niks!! Na 'n bene-rek breuk by Skukuza wil die trok toe glad nie weer werk nie... en so moet ons onsself probeer koel hou terwyl skoonpa uit Witrivier ry en kom help fout vind en tou of jump-start...
Ons 4de vakansie was hierdie jaar se Desember vakansie... ons het die Kaap roadtrip, wat ons in Des. 2006 gedoen het, herhaal en tè heerlik by familie en vriende oorgebly, meesal op plase - wat 'n voorreg!
Toe ons in Durbanville wegtrek hoor ek 'n nuwe geluid, maar sê niks... Later merk Dewald op dat hy ook die geluid hoor en hoop dis "tappets" wat ons hoor deur 'n gat in die exhaust, naby die enjin... dit klink vir my na 'n goeie verduideliking, wat maklik herstel kan word wanneer ons terug by die huis kom. Maar op die mees verlate pad (grondpad), oppad Cradock toe, word die trok weer skielik warm... en ek neem voorraadopname van hoeveel (te min!!!) water ons in die kar het... Dewald gebruik maar die afdraendes en die temperatuur meter neem mooi af en bly af... ons kuier (& ry) verder: 2 nagte op 'n plaas buite Cradock en 1 aand in ñ grot buite Zastron. Toe vat ons die pad terug Laeveld toe via Oujaars in Pretoria... ons vier heerlik Oujaarsaand saam skoonsus en haar vriende en begin 2016 redelik vroeg, op die pad... terug Witrivier toe. Maar nog voor die eerste tolhek maak die trok 'n aardige geluid: die "revs" (toeremeter?!) en temperatuur gaan op en Dewald trek af en bel sy Pa... ek bid ons draai terug en maak reeds planne maar skoonpa sê:..."kyk maar hoe ver julle kom..." en ons kyk...
26 km voor Witrivier gebeur dit toe: die allervreeslikste geraas en goed wat onder die kar uitspat... die olie loop soos bloed op 'n oorlogsveld en die trok gee sy laaste asem... nou kyk, so terwyl ons gery het, het ek 'n paar nuwejaars voornemens ge-neem en één van hulle was om nie weer my voete in daardie trok te sit oppad op 'n vakansie nie...
En alhoewel ek kwaad was vir die trok, weet ek dat dit ons geloofskar was, want vir daardie trok is gebid en daardie trok het vir ons geleer van bid en vertrou en hy het goed gedoen... baie goed! 405600km gery en vir ons wonderlike dinge gewys... en bo alles kan ek in elke detail God se hand... guns en voorsiening sien. En nou bid ons vir 'n nuwe trok... en dat God weer in detail sal voorsien en sorg...

Opmerkings
Plaas 'n opmerking