As ñ blog té lank ñ "draft" bly...
Dan het jy lánkal vergeet wat jy wou geskryf het, so dan "publish" jy dit net... sonder verdere geskryf of proeflees... dis wat ek met die een gedoen het...
Luk.18.16-17 (Nuwe Lewende Vertaling)
"Jesus het egter die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense wat deel het aan die koninkryk van God. Ek verseker julle, wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie aanvaar nie, sal nooit daar ingaan nie.”
Ons almal ken die teks. En daar word seker nie so gereeld daaroor gepreek nie, behalwe seker aangehaal op ñ doop (of inseëning). Dis ook sekerlik nou nie een van die teksverse waaroor Teoloë ure sit & peins & verskillende betekenisse aan heg nie, maar ek het in die laaste tyd nogal baie daaroor gedink... "geloof soos ñ kind", is dit dalk in ñ ander vertaling of op ñ ander deel in die Woord.
My een vriendin kuier ander dag by my & sê: "...daardie deel in die Bybel, wat praat van 'geloof soos ñ kind', is glad nie my seun nie... hy bevraagteken alles en kyk na dinge anders en wil dinge verklaar hê. Hy glo my nie sommer oor dinge in die Bybel nie & dit "challenge" my, maar maak dit ook moeilik vir my, want ek kan nie alles altyd antwoord nie..." toe dink ek weer: ons interpreteer daardie bybelstuk verkeerd?
Die NLV gebruik die woord "aanvaar"... die '83 vertaling sê:
"Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” en die Amplified Bible gebruik altwee plus nog...
"Truly I say to you, whoever does not accept and receive and welcome the kingdom of God like a little child [does] shall not in any way enter it [at all]."
Dit lyk nou meer soos ñ kind:
Accept... receive... welcome... Besig! Herhalend! Opgewek! Ek dink nie Jesus het net oor ñ kind se geloof gepraat nie, maar oor ñ kind se manier & uitkyk... en dit het my laat besef hoeveel ek al by my kinders geleer het...
Ek het geleer dat mense en hul opinies nie so baie saak moet maak nie...
toe Demar se Ouma liggies met hom spot, omdat hy steeds doek dra om te no.2 het sy gesê: "die ander kinders gaan vir jou lag omdat jy in jou doek poef..." & sy antwoord was: "dan kan hulle maar"...
Ek is herhinner dat God se tyd nie my tyd is & dat ek nie moet haastig wees...
oor dieselfde onderwerp, belowe Ouma van Pta dat hy daar kan gaan kuier as hy in die toilet al sy besigheid doen. Hy glimlag & sê: "as ek groter is, gaan ek..."
Ek het geleer dat dit nie ñ swakheid is om stil te bly & plek te maak nie...
Toe ons by ñ vriendin gaan kuier, wat getrek het & wie se kinders nog nie myne ken nie, het haar seuntjie ñ groot bedreiging in Demar gesien. Hy het sy kamer deur gaan toe maak & sy speelgoed weggepak, sodat Demar & Zelé nie daarmee kon speel nie. Intussen het ons op die trampolien gaan spring. Demar het in die rondte gehardloop & skielik, toe staan die maatjie voor hom, met ñ baie kwaai uitdrukking op sy gesig... Demar is jonger, maar groter as hy maar hy het gestop... af gekyk... en geritereer. Hy het nie weg gehardloop of begin huil of hom uit die pad gestamp, soos wat ek gedagte-op-gedagte gehad het nie. Hy het "submit"... en my so, vuurrooi van skaamte vir my eie gedagtes gemaak.
Ek het geleer om op te let na mense & fyn detail, sodat ek in detail my seëninge kan tel & ander te kan komplimenteer. Zelé sê altyd hoe mooi ek lyk, na ek aangetrek het... sy let op wanneer ek oorbelle aan het & wanneer Lenie ñ kopdoek aan het, wat sy nog nie gesien het nie... sy sien wanneer Dewald hare gesny het en sê in die oulikste stemmetjie hoe mooi sy "haale" lyk!
Ek het geleer hoe afhanklik ons van mekaar is en hoe mooi dit kan wees om dit te kan erken & hulp te vra... Zelé vra altyd so mooi, sonder skaamte of pretensies: "mamma, help my asseblief" & dan draai sy haar koppie so skeef.
En ek leer nog élke dag...

Opmerkings
Plaas 'n opmerking