Die binnevet van die boud...
...dis wat 'n maat van my op TUKS altyd die "voordeel van die twyfel" genoem het... "the benefit of the doubt". Dis wat ek in hierdie paar weke van 40-wees al geleer en besef het... as ons gelukkig wil wees in ons naby-verhoudings, as ons kan ophou sinies wees en alles wat almal sê, veral die naby ons wat ons opreg lief het en in ons belang stel, persoonlik opneem en hul net die binnevet-van-die-boud gee. Dán sal ons dae lekkerder wees, ons gevegte met onsself en ons geliefdes minder en ons vreugde sóveel meer!
Net voor my 40ste verjaarsdag het twee vriendinne, wat reeds "daar" is, afsonderlik my gebel om te sê wat 'n wonderlike mylpaal 40 is. Watse geestelike mylpaal dit is en hoe mens jouself dan uiteindelik kan aanvaar en begin om te ontspan oor die lewe... sy mense... en sy dinge. Dit het my sommer BAIE opgewonde gemaak, want dis vriendinne wat ondervinding het én geestelike inspraak in my lewe.
Met my verjaarsdag het ek 'n paar oulike Whatsapp's gekry, wat ek vir my gevát het, omdat dit op 'n manier ge-ego het wat hulle vir my gesê het...
Sommer vinnig het dit my gevoel die geestelike deurbrake is daar... veral tussen my belangrike naby-mense, met wie mens mos die hardste kan koppe stamp en dan die grootste duike los, wat dan ge-"panel beat" moet word deur jóúself, omdat die verhouding so kosbaar is. (Maar ook weet ek dat die deurbraak nóú kom, nie omdat ek skielik op die "magic" ouderdom van veertig is nie, maar omdat die 40 jaar, wat die Here my al voorberei daarvoor, uiteindelik aangebreek het!)
So kry iemand dierbaar en na aan my seer, einde laas week, omdat iemand dierbaar en na aan hul onsensitief was, of inkonsidererend?? Maar so deel ek die raad om die seerkry, wat jou mos kan mal maak in jou eie kop, te versag - deur hul die binnevet-van-die-boud te gee. En ek besef: dís die antwoord op soveel minder wroeg en soveel meer "JOY" - vir jouself én die rondom jou. Want... as hul dan belangrik genoeg is om inspraak in jou (of jou man of kinders se) lewe te hê, dan moet jy hul ook belangrik genoeg ag om te aanvaar dat die lelik-wees wat jy gehoor het en beleef het dalk glád nie dit is/was nie, maar wel 'n eerlike opinie, 'n liefdevolle waarskuwing of teregwysing of 'n deel van hart. En ás jy dan besluit dat, omdat jy hulle hoog ag en jy nooit dit (so) sal doen of sê (wat hulle nou gedoen of gesê het) om jou nou so intens seer te maak nie... dan het húl dit ook nie so bedoel, soos jy dit eers ervaar het nie... dan gee jy hul die binnevet-van-die-boud... sodat vergifnis vinnig kom en die misverstand nog vinniger uit die weg geruim kan word.
Want is dit nie tog wat die Woord én spreekwoord sê: "doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê..." en het ons almal nie tog al met die béste intensies die verkéérdste ding op die verkeerde tyd en/of manier gesê en dan hoop en bid ons die ander persoon verstaan ons of "neem dit nie verkeerd op" nie. Dís dan mos waarvoor ons hoop: dat hulle ons die binnevet-van-die-boud gee.
So kom ons probeer dit... gee mekaar wat Jesus van ons vra wanneer ons bid: "...en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;" (Matt. 6:12)
En dan kan ons ook die res ervaar: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe."(Matt.6:14) Want daar is ook 'n liefdevolle, maar ernstige gevolg: "Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” (Matt.6:15)
En dít, my liewe vriend, het ewigheids-gevolge en -impak. Weet jy hoe lank is vir ewig? Wil jy regtig die keuse maak om nié mense, wat ek steeds glo inherent goed is, veral die wat jy jouself mee omring uit vrye keuse, die binnevet-van-die-boud te gee nie?? Dan is my gebed nou eenvoudig en kinderlik:
"Here, help my om te vergewe... om elkeen wat vir my lief is altyd en in alles die binnevet-van-die-boud te gee, soos wat ek wil hê hulle vir my moet doen en U reeds lankal, in detail vir my gedoen het, toe U die goeie in my gesien het (dit wat U self was) en vir my, sondaar... aan die kruis gesterf het. Gee my die vryheid om na ander te kyk en ook U te sien in hulle en U te hoor deur hulle. Amen!"

Opmerkings
Plaas 'n opmerking