My preek vir myself...
Romans 6:12-14 (NKJV)
"Therefore do not let sin reign in your mortal body, that you should obey it in its lusts. And do not present your members as instruments of unrighteousness to sin, but present yourselves to God as being alive from the dead, and your members as instruments of righteousness to God. For sin shall not have dominion over you, for you are not under law but under grace."
Hierdie teksverse lees ek in my Bybelstudie stukkie vir vandag en ek dink dit sluit so goed aan by die blog, wat ek vandag heeldag mee rondry in my kop... en mense sal dalk lag wanneer jy uitvind wat ek aan dink wanneer ek die vers lees, so hier kom dit... tegnologie... ek dink aan tegnologie! Dit wat ons lewens makliker én moeiliker maak... dit wat ons lewens vinniger én stadiger maak en dit wat ons in aanraking sit met mense ver van ons maar ver weghou van die mense naby ons. Facebook en e-mail en veral die wonder (en euwel) van Whatsapp...
Kyk ek is lief vir ñ Whatsapp... dit was eers sms, maar voel soos honderd jaar terug wat ons betaal het om net 140 (?) karaktertjies te kon tik. Deesdae kan ons mos boeke skryf en dit "copy" en "paste" as ñ Whatsapp, so gepraat daarvan... wat het ons gemaak voor ons kon "copy" & "paste" op ons fone?!!
Maar die probleem met al die maniere van kommunikeer is DAT DIE EMOSIE VERLORE GAAN. Daar is wel emoticons/emoji's maar ag wat is ñ ou prentjie nou... en min mense kyk regtig daarna of verstaan selfs die prentjie dieselfde as jy. Eintlik is ek verkeerd as ek sê die emosie gaan verlore, ek bedoel eintlik die emosie word 9 uit die 10 kere verkeerde verstaan. Of die emosie is minder intens as wat die Whatsapper bedoel het, of die emosie is meer intens as wat die Whatsapper bedoel het - en hierdie is waar jy nou regtig op eiers begin te loop, want as jy nou 'n emosie as "minder intens" interpreteer, dan kan jy dalk die fout maak om 'n grappie daaroor te maak en dan is jy in die moeilikheid, want sommige mense het die "guts" om op Whatsapp te baklei, en sommiges baklei vuil... woorde (en tekentjies), wat jy nooit uit hul monde sal hoor kom te voorskyn en word getik. Ander het nie die "guts" (of is dalk net die wyses) om nie op Whatsapp te baklei nie. Dan ignoreer hulle jou. Dis als goed en wel as jy die kans neem om af te koel, maar sommige mense kan glad nie "stilstuipe" hanteer nie, of dit nou in die regte lewe of op Whatsapp is, so dan blaas dit die vuurtjie net nog meer aan. Dan is daar ook natuurlik die feit dat jy iemand heeltemal op Whatsapp kan blok, as jy klaar gebaklei is, of nie lus het vir die baklei nie, en dan moet hulle jou bel of verder via sms of e-mail of Facebook baklei (lg. kan jy natuurlik ook blok en/of "unfriend").
Nou kyk, God het van Dawid gese: "I have found David the son of Jesse, a man after my Own heart, who will do all My will..." (Acts 13:22) Nou ons almal weet Dawid het maar sy foute en sondes (dink maar net aan die egbreek met Batseba en dan die moord op haar man, toe sy uitvind sy is swanger) gehad, soos ons almal... maar waarom sal God dan hierdie uitsonderlike getuigskrif van Dawid in Sy woord gee? Wel die rede is natuurlik in die woorde self: selfs al het Dawid gesondig, het Dawid ook goed geweet om sy sonde te herken en te bely en dan het hy weer God se wil gedoen en dan "ALL My will..." Ek het iewers gelees dat Dawid so goeie predikant was, omdat hy so baie vir homself in die veld moes preek, terwyl hy die skape opgepas het... stoksielalleen - net hy en God! Dis natuurlik ook waar hy die diepste, besonderse verhouding met God gekry en aan gebou het. Is dit nie na hierdie tye in die veld, saam met God, wat Dawid verwys wanneer hy reg is om (saam met God) vir Goliat te oorwin nie! Nou kyk, ek vergelyk myself verseker nie met Dawid nie, maar hierdie blog preek ek nou vir myself... want as ek daardie teksvers lees, laat die woord "members" my aan my vingers dink, wat ek moet styf vashou wanneer ek wil begin emosioneel raak en Whatsapp's stuur - en ek is maar 'n vrou en 'n emosionele ekstrovert daarby, so ek raak maklik emosioneel... Ek lees hom so...
"Do not let sin reign in your mortal body"... jou lyf is 'n wonderlike instrument, maar sonde kan dit beheer, en deur ietsie so klein soos jou vingers, wat die verkeerde woorde tik en stuur, kan jy sonde in jou lewe innooi en jou lewe vir jouself en jou geliefdes BAIE moeilik maak (en "lust" kan natuurlik seksueel wees, maar ook om myself te regverdig of my "punt te stel", en so word jou vingers ("members") instrumente van ongeregtigheid, wat gebruik word vir sonde) in plaas van om God en Sy mense te eer en op te rig! Maar hier kom die goeie nuus: "...present yourselves to God as being alive from the dead, and your members as instruments of righteousness to God. FOR SIN SHALL NOT HAVE DOMINION OVER YOU!" (Hoor julle vir Joyce Meyer dit gil of daardie AGS pastoor wat jou so bang maak...) Jy hoef NIKS te doen, behalwe om voor God te gaan staan ("present yourself")! Dis absoluut al! Hy maak jou lewend uit die dood deur Sy kruisdood... Hy verander jou vingers in instrumente, wat regverdig is voor God en die sonde sal jou NIE domineer NIE!!! "For you are not under law but under grace"... Sy genade is werklik genoeg vir ons, om alles wat die nuwe eeu op ons pad mag bring, om ons te laat sondig, die hoof te bied!!
Ek preek nog so bietjie verder... ek het al die fout gemaak om 'n Whatsapp met 'n brief te vergelyk, want mens kan nou jouself so mooi sit en verwoord en die ding oor-en-oor-en-oor lees voor jy die "send" knoppie druk. Maar dit is 'n fout! Dit IS NIE 'n brief nie! En die oor-en-oor-en-oor lees gebeur ook aan die "ander kant," waarheen die Whatsapp gestuur is en 9 uit die 10 keer word die verkeerde emosie aan die ander kant ontlok... ervaar or vererger. So, te danke aan my (praktiese) vriendin, René... deel ek graag met jul my 5-punt plan om nie weer in die Whatsapp slaggat te trap nie...
1. Moenie jou gevoel, veral negatief, op Whatsapp uitdruk nie!
2. Moenie emosioneel reageer op 'n Whatsapp nie (delete die ding as dit jou emosioneel maak)!
3. Jy hoef nie jul persoonlike sake met enige iemand te deel nie, jy hoef nie!
4. Dink voor jy iets tik as jy seergemaak voel.
5. Jy is 'n awesome vrou... Ma en vriendin! Glo dit!!
Daar het jy dit nou, en dan kom ons terug by dit wat my Pa vir my geleer het, voor hulle nog Whatsapp uitgedink het: "As jy nie iets goeds kan sê nie, dan bly jy stil!!"
Klaar gepreek... maak nou skoon daai geselsies op Whatsapp wat jy nog oor murmereer (dankie vir die herontdekking van die wonderlike woord, Marita!)... Kom gee dit vir die Here wat vir jou alles in perspektief (ewigheidsperspektief ) wil laat sien en bel eerder, of nog beter... gaan kuier!

Opmerkings
Plaas 'n opmerking