Driehonderd-en-sestig grade...
Dis ń totale ommekeer... en wat ek die voorreg gehad het om in die afgelope week ń getuie van te mag wees. Ons lees ook daarvan in die Woord... van regte-egte mense en regte-egte situasies, maar as ń wonderwerk in jou vriendekring gebeur en ń gebed van 15+ jaar verhoor word, dan voel jy soos die Psalmskrywer vol vreugde en kan jy met meegevoel juig:
"Forever"... vir altyd en altyd... ewigdurend. Dis ń konsep wat ons moeilik snap maar as daar een deel van ons lewens is waar dit ń werklikheid is, is tussen ń ouer en sy/haar kind. Vir ewig is jy my kind... vir ewig is ek jou Ma! En soos ń wyse vriendin prontuit sê: "dis maklik om te "broei", maar dis nie wat ouerskap is nie. Ouerskap is wat gebeur nádat die kind gebore is. Daardie nagte wanneer almal slaap wat net julle van weet, daardie ekstras wat gedoen word wat nie noodwendig ń "dankie" voor kry nie..." Daardie tyd op die aarde voordat vir ewig en altyd aanbreek-dís wat ouerskap is!
Wel, ek het die week getuie geword van ouerskap wat binne 5 dae gebeur het! My geliefde maats het vir 15 jaar gewag en 5 dae gehad om voor te berei vir hulle seuntjie, wat die Vader in Sy soewereiniteit vir hul Maandag laat kry het! Nadat ons die blye nuus gehoor het, het my kop begin draai toe ek, menslik-prakties begin dink het aan alles wat geleen gekoop en geskuif moet word om plek te maak vir die 14mnd oue lyfie! En dan begin jy dink aan dit wat nie "fisies" is nie, maar moet verander en in plek kom vir ń nuwe asem as deel van hul eenheid en dìs wanneer mens se keel toetrek van oorweldiging en jy weet dat dit net deur die Here se wysheid en seën ten goede sal meewerk... en daarmee saam besef mens hoeveel onnodige "goeters" mens as essensieël uitdink en wat wérklik essensieël is: die kamer hoef nié uitgeverf te wees of bypassende beddegoed te hê nie, want onvoorwaardelike liefde is die mooiste kleur verf en ń drukkie van ń mamma en/of pappa maak warmer as die duurste duvet stel. Natuurlik wil ons alles "net reg" hê maar wie let dit op behalwe ons? En is dit regtig belangrik of steel dit mens se fokus op die liefde, wat eintlik die belangrikste is?!
Mens word gedwing om weer voorraadopname te neem en te onthou watter voorreg is ouerskap en dit herhinner jou hoe trots en dankbaar jy moet wees. En ook die "klein dingetjies", soos ń doekesak saamdra en ń karstoeltjie inlaai en nagte opstaan en longe klop en jou "pose" probeer hou wanneer jy aflaai by die dagmoeder en dit voel of jou hart daar agterbly en álmal weet mens kan nie sonder ń hart leef nie??!!
En ek onthou hoe bang was ek toe my tweeling gebore is: wat as ek nie daardie "spesiale band" ervaar tussen Ma en haar kind nie? En dit ego in my vriendin se gedeelde twyfel, oppad om hul "geskenk van God" te gaan haal. En ek begryp daars geen fisiese band, wat maak dat ń naelstring, wat na ń sekere hoeveelheid maande geknip word, anders is as ń ontmoeting wat nie deur ń naelstring gebind was nie. Daardie band is geestelik... dis twee siele wat die Here verbind en dis wonderbaarlik en onbeskryflik... die naaste wat ons as mense aan agapé-liefde kom. Dit suiwer ons en louter ons, altyd nader aan Hom. En dis waarheen ons oppad is... saam ons kinders... oppad na die nuwe Jerusalem!
"You have turned my mourning into dancing for me; You have taken off my sackcloth and clothed me with joy, That my soul may sing praise to You and not be silent. O Lord my God, I will give thanks to You forever."
PSALMS 30:11-12 AMP

Opmerkings
Plaas 'n opmerking