Geld wat stom is...
... maak reg wat krom is, lui die spreekwoord mos. En dis nogal ñ slim spreekwoord daardie wat in heelwat omstandighede gebruik kan word. (Een van een van die Gymlede se luukse karre... Roux kan nie die prys nuut opspoor nie, maar daar is een tweedehands met 1900km op die klok... vir R4,2miljoen rand) Maar dat dit stom is, is so... en daarom voel ek verplig om die stommegeid met ñ paar "gevleulde woorde" te vul. VISA het dit nie ver mis met hul prys wat hulle op sekere dinge in hul advertensie sit & dan is die situasie "priceless" nie en ons stem heelhartig daarmee saam, dis hoekom ons dit so maklik ons eie gemaak het met na-geaapte Facebook statusse ens. Want dit is so... daar ìs dinge wat geld nie kan koop nie, maar dan is daar ook die dinge wat gekoop word, wat die geldelike waarde nie ñ akkurate indikasie gee van hoeveel dit eintlik werd is nie. Laat ek verduidelik... Geld, volgens my... het twéé waardes: ñ numeriese waarde (R20 is R20)... maar d...