Nuwe-fase-vrese

More gaan Demar & Zelé skool toe... orait hulle gaan net Speelskool toe & net van 8-11vm & ook net Maandag tot Donderdag, maar dit is steeds ñ nuwe fase & die eerste keer wat ek hulle iewers anders los & moet "tatta" sê & dis al klaar moeilik as ek dit doen & hulle bly by die huis!!!!

So ek is voorberei... daar is lekker vrugte & jogurt om in hul oulike kosblikke, van tannie Helen te pak. Hulle rugsakkies is gepak met ñ warm-ding & ñ ekstra stel klere, wat ek gemerk het. Daar is doeke & wipes... pull-ups vir die grootman, wat nou mooi oppad is om te "potty train" & no.4 Huggies Gold vir die Prinses, wat skielik glad nie belangstel in haar oulike toilet en om daarop te piepie of te poefies nie... Hulle sippy-cups is gewas... moet ek dit ook merk??!! Waar & hoe moet ek dit merk?! Genugtig ek wil nie hê dit moet wegraak of Annarie moet sukkel nie, maar ook wil ek darem nie soos die spreekwoordelike "gekke & dwase" lyk nie!!! Ek is in ñ flatspin...

My skouerspiere is in ñ spasma & ek het ñ dowwe hoofpyn. Ek wonder wat is die mees traumatiese vd nuwe stadium se voorbereiding... fisies of emosioneel?! Is ander ma's ook so in ñ flatspin... en gaan dit beter word of aanhou of net groter word saam met hulle??!! Ek is bekommerd oor die tatta-sê vir Zelé... maar ook vir Demar. Hy kan soms so uit die bloute ma-vas wees?! Moet ek net tatta sê en gaan of moet ek bietjie rondhang??!! Moet ek huis toe kom & wag vir ñ oproep, dat ek hulle weer moet gaan haal of moet ek iewers ñ lekker koppie koffie gaan drink? Of moet ek werk toe gaan & myself báie besig hou?! O genugtig... hoe maak mens??!!!!!

Nou-ja... laat ek dan mar slaap, want om uitgerus te wees maak gewoonlik als makliker. En voor ek aan die slaap raak bid ek vir die soveelste maal... vir wysheid & insig & teerheid met my kinders (God se kinders), vir Annarie & haar regterhand, Tilla. Ek bid vir beskerming: fisies, geestelik & emosioneel op Demar & Zelé se lyfies & harte... ek bid vir maats wat opbou, liefhet & aanvaar dwarsdeur hul lewens & dat hulle sulke maats sal wees.... en ek bid vir myself: vir VREDE!!!!!

En soos die Profeet in Numeri spreek ek oor hulle uit: "Die Here sal vir Demar & Zelé seën & beskerm... die Here sal tot Demar & Zelé se redding verskyn & hulle genadig wees... die Here sal Demar & Zelé se gebede verhoor en aan hulle Sy vrede gee! Amen!"

Goodnight...




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

...soos 'n Koning Rooibekkie...

Die binnevet van die boud...

Ledigheid is die duiwel se oorkussing...