Ledigheid is die duiwel se oorkussing...
...dis wat die afrikaanse spreekwoord sê, maar ek het oor die afgelope paar weke besef wat eintlik die probleem is met selfone, en spesifiek ons tieners en hul selfone (...maar as die skoen jou pas...) Die probleem is: daar is altyd iets om te doen! Wanneer jy jou oë oopmaak in die oggend is daar 'n foon met speletjies, apps, nuus en sosiale media waarmee jy onmiddellik kan besig raak. Wanneer jy badkamer toe gaan kan die selfoon saam gaan, wanneer jy gaan koffie maak... watookal jy doen, die selfoon sál jou besig hou! Wanneer ek en my vriendinne gesels oor "die goeie ou dae" stem ons almal saam dat dit goed is vir 'n kind om verveeld te wees. Verveeld-wees dwing jou om kreatief te wees, dit dwing jou om om jou rond te kyk, om dinge op te let en om te kommunikeer, as daar mense om jou is. Dit laat jou asem skep en rustig raak. Jy kan kuier, jy kan omgee want daar is geen haas: niks wat jou jaag of aandag soek. Jy kan jou tyd vat om rondom jou te kyk en te hoor en te ...