Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2015

Die vrou se straf...

Prent
Hierdie is drie van die Ooms by Macadamia Frail Care, wat 2x/wk saam met my (sittende, mobilisasie) oefeninge doen. Die Oom links is die jongste - hy is nou 82 jaar oud en is ñ Doktor in Sosiologie. Hy kom op sy eie daar aangeloop en dink elke dag is Sondag... Agter sit oom Willie. Hy was ñ Geoloog op sy tyd: "...in die veld, besig met die klippe", sê hy vir my. Hy is 88jr oud. Hy loop met twee krukke, maar ook maar stadig en vêr vooroor, so die verpleegsters sleep-dra hom maar uit ongeduld... En heel voor sit ds. Haugh. Hy is 92jr oud... en "die eerste ds. wat die N.G. kerk oorsee gestuur het"... hy is effens hardhorend maar andersins sien ek geen "probleme" nie. Hy hardloop met sy loopraam na die oefening toe. Altyd netjies & ek glo daar sit nog ñ goeie preek of drie in hom! Ek het hierdie foto geneem omdat dit vir my ñ nuwe "verskynsel" is: die ou Ooms wat saam oefen. Ek oefen al 11 jaar in die Ouetehuis & het ook vir ...

'n Kind se grootste vyand...

Prent
... is grootmense se irritasie. Ek bedoel om geirriteerd te wees en in die teenwoordigheid van jou kind (ñ kind) is ñ resep vir ñ (onregverdige) ontploffing! En ongelukkig, in vandag se wêreld, is ons konstant in ñ mindere of meerdere mate... geïrriteerd! Mense irriteer ons... die saam wie ons moet werk... die met wie ons moet werk, die wat voor ons ry oppad werk toe of oppad terug van die werk af, huis toe... Die een by die winkel wat nie vinnig genoeg werk... nie duidelik genoeg praat of nie weet wat ek wil hê, wanneer ek alreeds geïrriteerd daarna gesoek is. Die ou op die radio, sy stem of wat hy sê... die negatiewe nuus... mense wat ons bel en goed wil verkoop, wat ek reeds het of nie geld voor het nie! Dinge irriteer ons: my selfoon wat se internet sein kom en gaan... of my rekenaar wat skielik nie werk soos dit moet nie, en altyd mos wanneer jy op jou haastigste is, jou kar... jou televisie... jou yskas... wasmasjien... kamera... ligte wat blaas, kouse wat soek is of ñ maatba...

Goeie Vrydag... Goeie leerskool!

Prent
Goeie Vrydag se oggend het ons almal na die Laerskool se pawiljoen toe gegaan vir ñ gekombineerde kerkdiens. Dit is iets wat ek al baie lank baie trots op is & ek glo God glimlag ook daaroor. Want hoeveel dorpe... of gemeenskape, of wat ookal mense in bly, kan sê dat AL die Christelike kerke ñ diens saam kan hou? Nie net Afrikaans en/of Engels nie maar die jaar was daar ook ñ Zoeloe (?) gemeente(s) betrokke. En dis van die APK's tot die Charismate. Wat ñ voorreg en iets om te aanskou (soms met ñ glimlag wat jy moeilik aan sluk!) So het daar ñ swart gesin skuins-voor ons op die pawiljoen kom sit. (Ek noem die kleur omdat dit die storie beter vertel, nie omdat dit ñ issue is nie...) Pragtig aangetrek: nie té deftig mar respekvol, as jy weet wat ek bedoel? En daar was ñ koor van om-en-by 6 swart mans & vrouens, wat pragtig voor gesing het, soos die mense hulle plekke ingeneem het en dìs waar my openbaring begin het... Die wit mense het gaan sit & dalk hier-en-daa...