Plasings

Wanneer die son sak oor die Sondag...

Prent
My een Afrikaanse juffrou het altyd gesê: "...as ek vir jare in die ruimte was, en ek kom terug aarde toe op 'n Sondag, sal ek weet dis Sondag..." En ek weet presies wat sy bedoel: verál hier teen 5uur, wanneer die son sak en die aarde tot ruste kom. Dis asof die Sondag begin afwen en die Maandag begin opwen. Aan die een kant voel jy die rustigheid van die Sondag in jou murg kom lê en nog so bietjie warmte gee, maar terselfdertyd voel jy hoe jou spiere begin opwarm en energie opbou vir die Maandag wat op die drumpel staan. Jy weet mos daardie gevoel... Ons het 'n "tradisie" geskep om na Sondag middagslapies op ons voordeur trappies te sit en koffie drink en dis daar waar ek gister die opwen-afwen 'n naam gee. Ek onthou ander Sondae soos die... Wanneer jy op skool is en 'n besige sportnaweek gehad het: hetsy atletiek, of netbal... en as jy gelukkig was kon jy dit afsluit met 'n lekker skoolsokkie die Saterdag aand. Sondag oggend kerk en Sondagskoo...

Die ego en die sentiment...

Prent
"Ek gaan my regruk, en uitstyg bo wat my onderkry. ń Nuwe lewe inrig, die oue is als verby. En wat jy met jouself maak, kan my die minste skeel... maar miskien is jy nog lief vir my, ek's o... so.. sentimenteel".  Dis die lirieke van ń Laurika Rauch liedjie, wat ek van Universiteit sêrrie-dae onthou, en toe ek die titel skryf, toe voel dit gepas om daarmee te begin. (Ek het dit nie ge-"google", of die CD se stofblad, of dit sal seker ń inskuif-blad genoem word, gaan raadpleeg nie. Ek het dit net getik, soos wat ek dit in my kop sing en leestekens gebruik, soos dit vir my sin maak en ek lus het). Wat is dit om sentimenteel te wees? Om spesiale betekenis en verknogdheid aan iets te koppel wat vir iemand anders onverstaanbaar en onverklaarbaar kan wees. Daardie trui... daardie stoel... daardie koppie... daardie kolletjie in die son. Soms kan ons ń spesiale gedagte of gebeure oproep en so onsself verklaar, maar soms is dit soos ń man se ego... wat ewe skielik soos ń...

Wanneer die wasgoedlyn sing...

Prent
Ek het die naweek wasgoed gewas, en die wind het lekker gewaai, sodat ek amper al my wasgoedpennetjies moes gebruik om die wasgoed op die lyn te hou. Toe ek in die huis sit, hoor ek hoe die wasgoedlyn sing van die wind wat dit draai (sommige mense sal meen die wasgoedlyn kort Q20... ek fokus eerder op die gesing). Dit het my laat terugdink... Toe ek laas moes wasgoed vassteek in 'n wind wat waai: dit was toe ek by my liewe vriendin, Griselda gekuier het oor Kersfees 2017 (of dalk was 2016?). Na 'n hele paar stoppe het ons uiteindelik by Kareedouw gestop, om Kersfees te vier en die "vuil klere" sak was vol en die tasse leeg. Ons het wasgoed gewas tussendeur geselsies maak en lag en deel. Hulle wasgoedlyn is agter die huis, een van daardie regte laaaaaaang plaas wasgoedlyne met pale in die middel en rye drade waarop jy 'n hele huis se beddegoed gelyk kan hang, as jy wil. Ek het daar besef dat ek nie eintlik nodig het om die wasgoed vas te steek by my huis nie, want ...

Dear Doctor...

Prent
...Physio... Chiro... Nurse... Health Care Professional, Please do not forget to TALK to your patients. They pay (a lot of) time and money to make use of your expertise. They know that you are extremely busy (and very clever), but don't assume that they don't want to know what you are seeing and/or doing or what you are working and planning in/with their treatment. Also don't use so many medical terms that they "rather not ask" next time. Watch them... Listen to them... and not only with your ears but with your heart! Because isn't that why you became what you are: because you have a heart for people and to help people get well and stay well? Yes time is money and yes situations are stresful but don't loose your empathy (your ability to put yourself in your patient's shoes). They are frustrated, they are confused, they are sceared, they might be in pain. Don't forget how that feels! When my little girl was born prematurely she was on a venti...

...vir altyd ń "tannie"...

Prent
"The righteous will flourish like the date palm [long-lived, upright and useful]; They will grow like a cedar in Lebanon [majestic and stable].  [Growing in grace] they will still thrive and bear fruit and prosper in old age; They will flourish and be vital and fresh [rich in trust and love and contentment];  [They are living memorials] to declare that the Lord is upright and faithful [to His promises]; He is my rock, and there is no unrighteousness in Him. PSALMS 92:12‭, ‬14‭-‬15 AMP Oud-word... dis NIE vir sissies nie... en dís ń waarheid wat ons elke dag in die gesig staar. Vir die van ons wat geseënd is met ons ouers wat ons by ons kan hê, soos hul ouer word en in my beroep spesifiek waar al meer pyne en skete (en "wear & tear" - soos die Medici dit noem) met die ouderdom kop uitsteek. Hierdie foto's het my aangegryp die eerste keer wat ek dit op die internet gesien het... ...want ek besef iewers is daar ń tyd wanneer ons nie meer die persoon in d...

Driehonderd-en-sestig grade...

Prent
Dis ń totale ommekeer... en wat ek die voorreg gehad het om in die afgelope week ń getuie van te mag wees. Ons lees ook daarvan in die Woord... van regte-egte mense en regte-egte situasies, maar as ń wonderwerk in jou vriendekring gebeur en ń gebed van 15+ jaar verhoor word, dan voel jy soos die Psalmskrywer vol vreugde en kan jy met meegevoel juig: "You have turned my mourning into dancing for me; You have taken off my sackcloth and clothed me with joy,  That my soul may sing praise to You and not be silent. O Lord my God, I will give thanks to You forever." PSALMS 30:11‭-‬12 AMP "Forever"... vir altyd en altyd... ewigdurend. Dis ń konsep wat ons moeilik snap maar as daar een deel van ons lewens is waar dit ń werklikheid is, is tussen ń ouer en sy/haar kind. Vir ewig is jy my kind... vir ewig is ek jou Ma! En soos ń wyse vriendin prontuit sê: "dis maklik om te "broei", maar dis nie wat ouerskap is nie. Ouerskap is wat gebeur nádat die kind geb...

...dankie...

Prent
"Hoe sê mens dankie... Na soveel jare. Hoe sê mens dankie...  Al is dit laat Ek sal my ouers nooit ooit vergeet nie Vir wie ek lief is... vir goed onthou. Hoe vergeet mens die swaar en die seerkry? Deur te dink aan die goeie wat was! Daar is soveel wat leef in gedagtes, In hul fotos wat lê in die kas Kyk 'n slag rondom jou na die lewe Jy sal sien almal jaag net verby Gaan nou terug na 'n goue verlede Gaan vind weer jou vrede Jou anker...  Jou rede... En jy sal wel sien hoe die wiel vir jou draai." Nou ja... as ek 'n blog met 'n Jurie Els liedjie begin, wonder jy dalk of my blog ge-hack is, maar dis die refrein in my kop die afgelope paar dae: "...hoe sê mens dankie?!" Soos die jaar op 'n einde kom en die skool sluit en die praktyke toemaak en ek orals totsiens sê en dankie daarmee saam, besef ek net weer wat 'n eenvoudig-komplekse woord dit is. Soms sê mens mos dankie uit gewoonte, omdat jy goed opgevoed is en jou Ma dit i...