Plasings

My vlaggie-metafoor

Prent
(vir Johan & Mari)... Ek glo vas, uit ondervinding, dat die Here vir ons defnitiewe beloftes gee waarop ons geduldig moet wag. Die oortuiging dat Hy belowe het is ñ vaste wete (versekering), soos Hebreërs se samevatting oor geloof: "Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad SAL GEBEUR. Dit is die BEWYS dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak. Omdat ons glo, verstaan ons dat God, deur NET ’n woord te spreek, die ganse heelal geskep het. Dit wat ons nou kan sien, het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie." HEBREËRS 11:1‭, ‬3 NLV 'n Geestelike mentor het altyd gesê: "jy wéét dat jy wéét dat jy wéét"... dis mos hoe ons voel oor ñ belofte van God, maar al is ons oortuig daarvan beteken dit nie dat dit maklik is om geduldig te wees en Sy tyd te eer nie... en Hy wéét dit, beter as enige iemand anders en daarom gee Hy vir ons vlaggies... Nou weet ek nie wat sal jy as vl...

Is jy...?

Prent
"Marne, is jy gelukkig?" Iemand belangrik vra my in 'n onbelangrike oomblik hierdie gelaaide vraag. En omdat dit soveel fasette het en dit op so ongewone tyd gevra word, ruk my hart tot stilstand (en ook my kop) en maak ek 'n grap daarvan... of hét ek, want soos ons deur ons lewens hoor (& te danke aan vele "monkeypuzzles" op TUKS): jou eerste antwoord is gewoonlik reg! Maar deur die dag ego daardie vraag by my en ek besef dis 'n vraag wat ek myself al meer gereeld begin vra het in die laaste ruk. En natuurlik moet mens dan vir jouself 'n definisie van "geluk"/"gelukkig" kry. Wat is die prentjie in jou kop, waarby jou dag... gesin... bankbalans... vriende... jyself moet kom om as "gelukkig" geag te word? Lente (van oom Karoolus) sing: "... is jy dalk bly oor die strikkies op jou kop? Of is jy bly oor jou splinternuwe pop? Wees liewer bly dat jou naam in die hemel geskrywe staan & dat jy aan Jesus beho...

Afsonderlik-ineengestrengel

Prent
Laurika Rauch sing die allermooiste lied: DIE MENSE WAT EK LIEF HET KOM GROEI OP MY SOOS MOS DAAR LAAT EK HUL NA HARTELUS GEDY EN LOOP EK DEUR DIE WÊRELD - BESKUT TEEN DIE KOUE - DIE SNOESIGHEID SELF: EK MET MY MOSKOMBERSIE EN AS DAAR 'N OORLOG KOM WORD DIE MENSE WAT EK LIEF HET 'N EKSTRA LIEFDESLAAG OM MY SO MARSJEER EK DEUR DIE WÊRELD GEPANTSER TEEN DIE VUUR DIE ONAANTASBAARHEID SELF: EK MET MY MENSKOMBERSIE MAAR AS IEMAND WAT OP MY GEGROEI HET WEG MOET GAAN DAN SIT DAAR 'N SEERPLEK DAN SLUIP EK DEUR DIE WÊRELD DIE KWESBAARHEID SELF: EK MET MY SEERPLEK WAT NET NIE WIL GENEES NIE... Hierdie lied praat so met my hart, omdat ek ook ñ moskombers-mens is. Vanaand sit en dink ek aan die stukkies mense wat al lank deel is van my moskombersie, maar veral aan die wat die laaste ruk deel daarvan geword het... Dis so heerlik om kategorie-vriende te hê, wat niks met mekaar te doen het en elkeen ñ eie tipe intensiteit nodig het en bydra tot my lewe. Nog...

My pad vir 2017...

Prent
Hierdie is die pad waarop ek my die oggend van 2 Januarie 2017, te voet, bevind het... Tamboti tentkamp in die Kruger Nasionale Park (of sommer net "Wildtuin"), is waar ek bevoorreg genoeg was om die eerste twee aande van 2017 te slaap. En soos mens maar terugdink en onthou en bietjie nostalgies raak so met die begin van ñ nuwe jaar, het ek op my terugtog van die badkamer die pad as simbool van my 2017 pad gesien. Want daardie stukkie is ook ál wat ons van 2017 sover kan sien. Daar is paaie en mense en situasies wat deel is van jou pad soos daardie paadjie van links... daar is modderpoele, wat heerlik is wanneer jy uit ñ ewigheidsperspektief daarna kyk: beloftes van groenigheid en versadiging, maar net soms loop ons mos en ander dinge dink of kyk en dan trap jy in daardie einste modderpoel en dan het jy geen ewigheidsvisie, net viesgeid en geirriteerdgeid. Want soms kyk ons na modderpoele as beloftes van nuwe lewe en soms is dit net... wel... ñ modderspul en gemors in o...

Jack of all trades...

Prent
Master of none... sê die spreekwoord in engels. Ek weet nie of daar ñ soortgelyke een in Afrikaans is nie, maar dis ek: "Jack of all trades, Master of none". Ek kan ñ klomp goeters, redelik doen maar is baie goed met niks nie. Op skool was ek ñ "middelafstand" atleet. As ek nou probeer dink kan ek nie regtig weet hoekom ek die 800m, 1500m & 3000m op (hoër)skool gedoen het nie. Dalk was dit na my "speed wobble" (soos my Pa dit noem) in gr.2 se aflos, dat ek besluit het ek gaan liewers vir langer aan, maar hardloop stadiger - baie kleiner kans vir "speed wobbles". So het ek toe by Juf. Crouse begin "middelafstande" oefen: 1200m in die atletiek seisoen & 3km in die langafstand seisoen (laerskool afstande). Goeie maats gemaak en goeie tye om te onthou: vol adrenalien, sweet en baie Cokes & medaljes (want almal wat klaar maak kry een...) So was ek maar gewoonlik onder die "eerste vyf", darem nie heel laaste nie en heelw...

Ons storie van hoop...

Prent
Ons storie is ñ storie van hoop... van die Bybelse: geloof, hoop & liefde... tot die aardse: "ons hoop vir die beste" & soos alle dinge, wat God ons op voorberei, kom dit ñ lang pad... van enkeling wees en smag na ñ maat, tot jong getroudes wees en smag na die wonder van ouers word. Die gesmag het gepaard gegaan met ñ lang gewag, baie bid... en huil.. en toetse en uiteindelik die besluit op IVF ("in vitro fertilisation") en die merkwaardige voorreg om, in detail, deel te wees van wanneer wetenskap ophou en God aanhou.  So het ons die nuus gekry dat ons ñ tweeling gaan hê en die ekstra bederf, dat dit ñ seuntjie en ñ dogtertjie is...  en na ñ heerlike, gesonde swangerskap... die ontnugtering van ñ "nood"-keiser a.g.v. pre-eklampsie... en dan die roete van prem-babas hê, wat elke meerling ouer weet is ñ moontlikheid, maar niemand jou op kan voorberei nie. Na 40 dae in NICU is ons huis toe en die roetine (elke 3ure voed) was tegelykertyd vert...

My preek vir myself...

Prent
Romans 6:12‭-‬14 (NKJV) "Therefore do not let sin reign in your mortal body, that you should obey it in its lusts. And do not present your members as instruments of unrighteousness to sin, but present yourselves to God as being alive from the dead, and your members as instruments of righteousness to God. For sin shall not have dominion over you, for you are not under law but under grace." Hierdie teksverse lees ek in my Bybelstudie stukkie vir vandag en ek dink dit sluit so goed aan by die blog, wat ek vandag heeldag mee rondry in my kop... en mense sal dalk lag wanneer jy uitvind wat ek aan dink wanneer ek die vers lees, so hier kom dit... tegnologie... ek dink aan tegnologie!  Dit wat ons lewens makliker én moeiliker maak... dit wat ons lewens vinniger én stadiger maak en dit wat ons in aanraking sit met mense ver van ons maar ver weghou van die mense naby ons. Facebook en e-mail en veral die wonder (en euwel) van Whatsapp... Kyk ek is lief vir ñ Whatsapp... dit was ee...