Plasings

'n Blog oor snot... (en ander lyf-dinge)

Dit klink vreeslik, né... maar soos hulle sê: wat die hart van vol is, loop die mond van oor... of sal ek eerder sê: die neus!! Dis omdat (allergiese) ekke alweer met Laeveld-siekte, oftewel Sinusitus sit... eintlik is die ergste nie die sinus nie, maar die Post-nasal drip! Nou kyk, dìt het ek al goed geleer: daar is nìks wat vir Post-nasal drip werk, behalwe anti-histamien, ñ langwerkende een, as jy nie soos ñ zombie deur jou dag wil gaan nie, kortisoon neussproei en seewater sproei-soveel as moontlik! Bykomende behandeling is natuurlik die mees-verdowendste oor-die-toonbank keelsproei wat jy in die hande kan kry (gebruik jou kontakte of omkoopgeld as jy het, as jy iets sterker kan kry wat vir langer "doodmaak"). Die sagste tissues wat jy kan koop en bedel by jou ma ñ kontinentale kussing of by jou pa twee bakstene om jou bed by die koppenent te lig, want dis die énigste "siekte" waar jy goorder voel na jy geslaap het!!! Want daars maar een ding wat post-nasal drip...

Onvoorwaardelike liefde

Onvoorwaardelike liefde... Is dit nie net die twee mooiste woorde bymekaar gesê nie! God se liefde vir my, Sy sondaar-swakkeling kind... want sien ek glo so: wanneer ons ons hart en lewens vir God gegee het, word ons sondes volkome vergewe. Vir ewig en altyd: wit gewas soos sneeu... maar ons het steeds swakhede, wat ons in sonde kan laat val en dompel, wat ons moet belei en in God se hand moet plaas. Waarvoor ons moet pasop want dìt ìs soos ñ brullende leeu, wat duidelik is op ñ afstand, as die vyand... maar hoe nader jy daaraan kom, hoe meer word jy soos die arme prooi ge-hipnotiseer en staan jy soms doodstil, totdat dit te laat is... Ek is ñ kwaai ma, ek weet dit en is op ñ manier trots daarop & op ñ manier skaam daaroor. Want kwaai beteken nie noodwendig gedissiplineerd nie en ook nie noodwendig geliefd nie... Ek wil graag hê my kinders moet luister wanneer ek praat... my opdragte uitvoer... dadelik!!! Want as hulle dit nie leer nie sal hulle dalk seerkry, of nog erger... hull...

'n Squat is nié ñ lunge nie...

'n Squat is nie ñ Lunge nie... Ek gym nou al vir 5weke, 3x per week en met elke sessie doen ek funksionele squats. Menende: ek doen "slamball" (met klem ondertoe)... of "wallball" teen die muur (met klem boontoe) of die "battleropes" in squat posisie. So teen dié tyd moet ek nie meer styf word van ñ squat nie, en ek doen ook nie. Maar ander dag besluit ek om bietjie te lunge. Dis mos maar ñ squat op een been... dieselfde beweging, dieselfde spiere wat werk... maar die volgende oggend toe wéét ek: ñ squat is nie ñ lunge nie! So is baie dinge in die lewe ook. Jy dink jy kan dit vergelyk of dat dit "dieselfde" is maar dan kom jy agter: ñ squat is nie ñ lunge nie! Die eerste ding wat ek aan dink is om ñ tweeling te hê. Om ñ tweeling te hê is nié soos om twee babas gelyk te hê nie. Dis ñ modaliteit op sy eie. Dis ook nie soos om twee babas kort na mekaar te hê nie... en selfs al is jy ñ veteraan met 4+ kinders moet jy asb nie ñ tweeling vergelyk...

Die mense in die gym...

Vanoggend het ek weer vroeg opgestaan om te gaan gym... en terwyl ek roei, vir opwarming, bekyk ek die mense so... mense is darem unieke en interessante goed! Een ou kom altyd in sy sweetpakbroek met ñ helderkleurige t-hemp en ñ beanie-mus op. Hy het so dun, funky-geskeerde baard & seker, a.g.v. die beanie, kan ek glad nie skat hoe oud hy is nie... maar hy is nogal fris, ek meen triceps groot & goed gedefinieer en hy loop so half wydsbeen-gedetermineerd van die een masjien na die ander. En 5:30 is hy al besig om sy eerste aanvulling vir die dag te drink! Dan is daar so korterige, kleinerige outjie... hy gym meestal met ñ pet, wat vir my sin maak, want dan hoef jy nie oor jou hare te worry. Vandag het hy ñ pienk rugbybroek aangehad waarop "Varsitycup" staan, met heelwat borge op geprint, o.a. Castle Lager. Maar ai, die borge het net vir die voorry broeke gemaak en hy is seker skrummie of losskakel, want daai broek lyk amper soos ñ rompie. Dis natuurlik ideaal om in t...

* Kinder-helde

Prent
Rom.4:16-21 (Nuwe Lewende Vertaling) "Die GELOOF is dus die sleutel! God se belofte word as ’n genadeGESKENK gegee en ons as Sy nageslag sal dit baie beslis ontvang – nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar almal wat deel in Abraham se GELOOF. Want Abraham is die vader van ons almal wat glo. Dit is wat die Skrif bedoel het met die woorde: “Ek het jou die stamvader van baie volke gemaak.” By die God in Wie Abraham geglo het, was dié belofte reeds as’t ware ’n werklikheid – Hy is immers ’n God wat dooies lewendig maak en deur Sy roepstem dinge wat nog nie bestaan nie, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is. Teen alle hoop in het Abraham met vaste HOOP geglo dat hy nog die stamvader van baie volke sou word op grond van God se belofte: “Jou nageslag sal so baie wees soos die sterre aan die hemel.” En Abraham se geloof het nie verswak nie, al het hy baie goed besef dat sy eie liggaamlike vermoëns alreeds gedaan was – hy was al omtrent 100 jaar oud – en dat sy vrou Sara nie m...

Van kinders...

Vandag het ñ vreemde ding gebeur... jy weet daardie dae wat jy terugverlang toe jy nog enkelloper was..  of pas getroud... of besigheidsvrou... of jy onthou sommer net dinge wat jy toe gedoen het of kon doen en nou nie meer kan. Wel, vandag het ek saam ñ vriendin gekuier & Demar & Zelé was by Speelskool & haar tweeling nie... en toe help ek die een om (heel onverantwoordelik op vele maniere) die laaste konfyt uit die bakkie te eet met ñ (darem stomp) mes... en toe dink ek: iemand wat vir ons sit en kyk sal dalk dink ek is haar enkelloper-vriendin wat met die kinders help??!! Hoe vreemd! En eintlik het ek ook ñ tweeling!!! :) Ek moet bely, ek was nog nooit goed met kinders nie... of sal ek sê "slim" met kinders. Ek meen, om een of ander rede het hulle van my gehou-ek hoop dis omdat my gesig oop & eerlik was... maar ek was nog altyd lomp om te weet wat moet ek nou praat of saamdoen. Ñ "ongemaklike stilte" tussen my en ñ drie... vier...vyfjarige... ...

Seisoene

Seisoene... Vier seisoene... daar is liedjies oor geskryf... sketse oor gemaak... skilderye geverf. Ons almal het ons gunsteling... soortvan, want selfs in ñ seisoen is daar tye wat vir ons net té erg raak, of dinge wat ons deurmekaar maak: Kaapse winterweer wanneer dit Somer in die Laeveld moet wees, of die hitte wat nét nie breek nie, wanneer die humiditeit al 3dae ñ donderstorm belowe? En soms voel dit of Herfs en Lente glad nie hier was nie... die een dag is dit nog somer en die volgende is dit winter?? En dan is daar die feit dat seisoene nie by kalenders hou of omgee vir geleenthede nie.. ek meen: wanneer was dit al ooit ñ lente-dag op 1 September of kon die Matriekafskeid meisies hul moulose taberds aantrek, sonder om te bibber? Dalk is dít hoekom ons lewens ook so goed vergelyk met seisoene: die voorspelbare maar ook die onverwagse... onverklaarbare en vreemde van ons drie-ledige mens-wees. Die feit dat ons: gees, siel en liggaam is en dat hulle op verskillende tye van ons da...